Nuwe baadjie vir ‘Jukebox’

Jukebox (Foto: kyknet.dstv.com)

Jukebox (Foto: kyknet.dstv.com)

Kry jou dagboek gereed: die gewilde musiekprogram, Jukebox, skuif van 2 Julie af na kykNET NOU en word vervang met ʼn reeks Afrikaanse rolprente om te verseker Saterdagaande bly vol vermaak.

Dié musiekprogram word ook voortaan op Sondae om 14:00 op kykNET NOU herhaal.

Maryke Allers, kykNET se mediabestuurder, sê dié skuif is juis daarop gerig om meer kykvermaak te verskaf. “Jy hoef geen van jou gunstelingvideo’s of die lekker onderhoude met verskeie kunstenaars mis te loop nie – dis ʼn wen-wen-situasie. Aanhangers kan steeds kyk na Jukebox, of ʼn fliek kyk en die herhaling op Sondag sien.”

Die program kry boonop ook ʼn splinternuwe stel. “Ons is baie opgewonde oor die nuwe stel. Dit is soos om die Comrades te hardloop – jy weet al wat gaan gebeur, wat om te verwag, maar met ʼn nuwe stel tekkies is jy sommer weer opgewonde oor die wedloop. Net só wil ons ook vir kykers ʼn vars aanslag gee wanneer hulle weer Saterdagaande lekker saam met ons kuier,” het aanbieder Pieter Koen gesê.

Jukebox word van 2 Julie om 19:30 weekliks op kykNET NOU, DStv kanaal 146, uitgesaai, met ʼn herhaling op Sondae om 14:00.

Saterdagaand-rolprente word ook van 2 Julie om 19:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

L. Terblanche ·

Baie goeie skuif! Nie almal wil jukebox kyk nie. Hopelik word al die ou afrikaanse flieks nie oor en oor herhaal soos tans die geval is nie!

Piet Pompies ·

Goeie program en uitstekende aanbieder, die gesels met die gaste raak bietjie lank in die tand. Dit is maar indirek bemarking vir die kunstenaars en dit val buite die betekenis van Jukebox. Neem meer oproepe en speel meer musiek, verminder die besoek tye van gaste gedurende die program.

Josua Keys ·

Uitstekende program, maar ek dink Kyknet moet meer kunstenaars se musiek videos speel al het hulle nie groot name nie, gee die mense ook n geleentheid vir n toekoms in die musiek beryf daar is regtig heelwat goeie liedjies wat ek al op die internet gesien maar nog nooit op tv gesien het nie van die liedjies het regtig.

jd ·

Terwyl jul nou besig is om die program te verbeter, stop dan ook die klomp kinders wat so in bel en deur hul ouers voorgese word wat om te se, dis irriterend!!

Theresa B ·

Ja nee regtig – is die oor en oor herhalings van dieselfde goed nie frustrerend nie. Weet wragtig nie waarvoor betaal ons nie want daar is meer herhalings as iets anders.

JVDV ·

Ja asseblief, stop die kinders wat dan foon verskrik of lewendige program verskrik raak en geen woord uiter of dan al hakkelend deur ‘n ouer voorgesê word. Super irriterend en ja ook hartlik sat vir Saterdagaande se oor en oor dieselfde Afrikaanse fliek elke 3de maand!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.