Nuwe ‘Boer soek ʼn vrou’: Minki beantwoord jou vrae

Minki van der Westhuizen (Foto: Facebook)

Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou is vanaf Oktober vanjaar weer op die kassie te sien.

Die tien finaliste vir die nuwe seisoen is vroeër vandeesmaand amptelik deur kykNET bekendgemaak. Dié boere, wat vanjaar weer ʼn vrou insluit, se ouderdom wissel tussen 23 en 60 jaar.

Die tiende seisoen van dié gewilde reeks hou talle verrassings in. “Die reeks gaan onder meer drie episodes bykry wat ’n terugblik gaan gee oor die vorige nege seisoene. Ons gaan byvoorbeeld kyk waar sommige van die deelnemers hulle bevind,” sê Wilmer Muller, kykNET-mediabestuurder.

Maroela Media het met Minki van der Westhuizen, wat weer as aanbieder te sien gaan wees, oor vanjaar se reeks gesels.

Wat onderskei dié seisoen van vorige seisoene?
Die boere is super opreg en ek glo regtig hulle het ingeskryf om liefde te vind.

Waarna kan kykers veral uitsien?
Die plase is pragtig, die boere baie oulik en het warm persoonlikhede. Die plase is ook lekker uiteenlopend en op verskillende plekke oor die hele land.

Wat is die belangrikste ding wat diegene wat inskryf, moet onthou? 
Dat jy net jouself moet wees!

Wat moet jong vroue/mans wat inskryf nié doen nie?
Foto’s stuur wat nie soos jy lyk nie. Less is more.

Vertel ons meer van die boere van die reeks.
Hulle is almal baie opreg en weet wat hulle in die lewe en in ’n vrou wil hê. Hulle is deel van die reeks omdat hulle liefde wil vind en almal het baie respek vir vroue.

Wat hoop jy vir die tiende seisoen van dié gewilde reeks?
Dat die meeste boere nog liefde sal vind. Ek bid daarvoor, en hoop dit met my hele hart.

Wat sê jy vir deelnemers wat nié liefde vind nie?
Daar is iemand daar buite vir jou. Moet nooit moed opgee wat die liefde betref nie, daar is ’n deksel vir elke pot. Onthou net: ʼn Mens moet bereid wees om aan te pas by mekaar.

Sou jy dit oorweeg om ʼn deelnemer te wees as jy nié ʼn getroude vrou was nie?
Ek dink dis ’n wonderlike platform om liefde te vind.

Wat is jou beskrywing van liefde?
Onselfsugtig.

Die tiende seisoen van Boer soek ʼn vrou in een sin.
“GroterBeterBoer!!!!!”

Maroela Media het vroeër berig boer Stephen (24) het hom aan dié reeks onttrek nadat hy liefde gevind het. Die 23-jarige Willie van Viljoenskroon in die Vrystaat is pas in Stephen plek as finalis aangewys. As jy dus vir Willie wil inskryf, moet dit voor middernag op 2 Junie gedoen word. Briewe aan die ander nege boere moet kykNET steeds teen middernag op 26 Mei bereik.

Meer inligting oor die boere en inskryfvorms is beskikbaar op kykNET se webwerf. Lees meer oor Boer soek ʼn vrou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

Ek stem Gideon!Sy bly ook nederig,loop nie met haar neus in die lug rond oor haar skoonheid nie.

Chris ·

Ek moet bieg. Ek was ook baie krities teenoor die program. Ek het al die Neiderlandse weergawe gekyk en ‘n mening oor die program gevorm. Die Neiderlandse dames “werk” waar ons dames lyk dit vir my net kuier. Maak nie saak nie. As gevolg van al die negatiwiteit en ander sielswroegende kyk stof op die TV is die program vir my na selfondersoek nogal heel aangenaam om te kyk. Al die aanbiedsters was sag op die oog. Elkeen het iets bygedra. Die huidige aanbiedsters dra weer iets anders tot die program by. Wat my net van die manne verbaas is daar word foto’s gewys waar hulle kuier en is hulle omring deur pragtige dames. My motto was, soek naby jouself bir jou liefde as wat jy vêr soek. Jou diamant lê dalk by jou voete maar jy kyk dalk te wyd. Ek dink ook ons jong boere is bietjie lekkerbekkig. Goeie raat, kyk hoe lyk die dame se ma, en jy weet hoe sy oor dertig jaar gaan lyk. Sterkte.

Chris ·

Die dametjie kan bly wees ek is nie op die program nie. Sy sal daar aankom, maar ek sal haar nie weer laat gaan het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.