Nuwe DStv-dekodeerder en kanale bekendgestel

Die nuwe Explora-dekodeerder (Foto: DStv)

Die nuwe Explora-dekodeerder (Foto: DStv)

DStv het Dinsdag by ʼn bekendstelling in Randburg in Johannesburg aangekondig dat verskeie kanale vanaf Oktober vanjaar in hoë-definisie gebeeldsaai gaan word en dat kykers kan uitsien na talle nuwe kanale.

Die aankondiging volg nadat die televisiediensverskaffer in Augustus vanjaar die nuwe IS36-satelliet bekendgestel het, wat bykomende kapasiteit en addisionele televisiedienste vir kykers bied.

Die kanale M-Net Movies All Stars, M-Net Family, VUZU, Mzansi Wethu, kykNET & Kie, BBC First, History, Crime & Investigation en Food Network sal vanaf November in hoë-definisie gebeeldsaai word.

Diegene met DStv Extra sal ook nou ekstra kanale, soos ITV Choice HD en Lifetime bykry, terwyl die DStv Family-pakket die M-Net Movies Stars HD-kanaal bykry en die DStv EasyView-pakket die kanale Jim Jam en Mzansi Music.

DStv het ook Dinsdag tydens die bekendstelling gesê die kanale CBS Action and Drama, AMC en True Movies, sal nie meer uitgesaai word nie.

Die televisiediensverskaffer het ook ʼn nuwe dekodeerder, die boetie van die huidige Explora, bekendgestel. Dié dekodeerder het ʼn meer vaartbelynde hardeskyf om kykers dieselfde kykgenot te bied op ʼn meer bekostigbare wyse.

Nyiko Shiburi, DStv se algemene bestuurder vir uitsaaitegnologie, sê dié dekodeerder sal in die toekoms verseker dat kykers minder data gebruik wanneer hulle die Explora aan die internet koppel.

Dié dekodeerder behou egter dieselfde funksies as die huidige Explora en het onder meer ook die Catch Up-funksie, kan 30 BoxOffice flieks verhuur, bied toegang tot ShowMax en vele meer.

Die nuwe Explora kan ook 80 ure van hoë-definisieprogramme opneem en word bekengestel met ʼn nuwe A7-afstandbeheer, waarvan die knoppies verlig word sodat jy dit in die donker kan sien. Die A7 kan maklik as ʼn universele afstandbeheer vir jou televisie geprogrammeer te word en het ʼn ShowMax-knoppie vir makliker toegang tot die diens.

Dié Explora gaan jou R1 499 uit die sak jaag. Die prys  is vasgestel tot einde 2017.

Vir meer inligting, lees die volledige persverklaring of besoek DStv se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Potts ·

Net nog sous by die vleis.
Wanneer gee hulle groter verskeidenheid vleis?

maria ·

So gehoop hul nuwe kanale skep nuwe programme en Days dalk deel maar Ai kook programme. Is daar nie oor as genoeg en dit en sokker en herhaling. So wat se voordele is daar rerig. Bitter min vernaam met al die moord en dubbel se flieks. Is oor as genoeg geweld en komedie … rerig het ons afrikanerdom nou na dom dom verander. Dit beslis nie snaaks of komies ook nie. Box office flieks … uiters patetiese opsies.

Pieter ·

Sou so graag dstv hier in Krakow pole wou sien want ons verstaan nie die taal nie so kyk nie tv nie showmax ook nie beskikbaar hier nie.

Janie Nel ·

Dis duidelik wie in beheer is by DStv. Net nog gemors vir R800 per maand. Soos dit tans is moet n mens darem soek en weer soek om iets te vind om te kyk, net om agter te kom jy het dit al tevore gesien.

Dalene ·

My ma het Alzheimers en tot sy kla oor die herhalings. Wys jou net.

Petrus Padda ·

Julle kla so. My televisie is in Desember gesteel. Ek het ‘n nuwe met my laaste spaargeld gekoop, wat in Maart gesteel is. Ek sou wat wou gee om ‘n fliek te kyk, al is dit ‘n ou een wat ek al gesien het. Of ‘n vermaaklike kookprogram soos Masterchef. Hou tog op kla met die wit brood onder die arm.

mel ·

Ons is jammer jou TV is gesteel, se dankie aan die regering, net soos jy nou kla oor diefstal, kla ons oor swak dienslewering, ons betaal vir diens wat ons nie ontvang nie. Net soos jy die staat betaal het vir diens wat jy nie ontvang het nie.

corne ·

Petrus – dis mos nou nie ons skuld jy betaal nie versekering nie

danie ·

Ok so ek kry twee kanale by, en hulle vat 4 weg, jeeeeay. Dis groot nuus,

Grap ·

Ek sal ‘n pakket verkies waar ek self die kanale kies en net betaal vir die kanale

Johnny ·

Ek wil ook kan “pay as you go” vir dit wat ek wil sien

Moeg ·

Neewat, vir daardie baie geld gaan toer ek eerder en ervaar die wereld self!

Scalla ·

Gee aan die kyker die keuse om self sy eie kanale te kies en bereken die prys per maand daarvolgens, daar sal baie meer intekenaars wees.

Pastoor ·

Deur n besluit geneem 5 mnde geleede het ek. DSTV laat afskakel. Geen probleme. Ek luister musiek my vrou doen kuns. Geen skole word in my sitkamer afgebrand nie. Ek sien nie die bokke nie verloor nie

Marthinus ·

Hoekom moet ek die vol paket vat om Supersport 1 te kan kyk vir my rugby.As n rugby fan moet n duur prys betaal om net rugby te kan kyk

Pieter ·

Ek stem saam met jou Marthinus, en die sokker fans hoef net DSTV compact te kry dan kan hulle na hul sport kyk. Hulle buit die rugby fans uit.

BOLANDER ·

Marthinus, ek het nie die volle pakket nie. Het net die MNET pakket met “MNET en Supersport”. Ek kyk my rugby en dit kos my R365 per maand.

Abusive ·

Hulle is oneties. Mag nuwe tegnologie hulle gou bankrot maak.

Miss V ·

Beste idee is ” pay as you go ” stelsel….. dan betaal jy per kanaal n vasgestelde bedrag en jy kyk wat jy wil , jy laai vooraf n bedrag (maandeliks) soos dit jou pas en as jy vannaand n kanaal wil kyk ,select jy dit op jou remote en die bedraggie word afgetrek! Dink in elk geval minder mense sal heeldag voor TV

GSP ·

Ek het my DSTV gekanseleer so jaar terug, moet se ek mis so bietjie die sport oor naweke verder mis ek niks.

Gedink ek kyk wat hier aangaan en dat hul dalk iets sal uitbring om my weer laat belangstel, maar mens verloor meer as wat jy wen.

SkarrelKind ·

Ek dink DSTV knyp wassertjies met al die “streaming” geleenthede wat meer bekostigbaar word. Hulle dae van maak soos hulle wil en kykers het geen keuse nie, is besig om uit te loop. Ek dink dis ‘n goeie ding. Hulle vlerkies gaan hopelik geknip word, nes met die hoë data kostes.
Kom ons kyk …. ?

EL ·

Die rede hoekom DSTV net maak soos hulle wil is oor hulle geen kompetisie het nie. Gee vir hulle kompetisie en dan sien ons wat gebeur. Ek sal eerste een wees wat my subskribsie kanselleer by DSTV.

Muysvogel ·

Net so, Dstv het monopolie en hulle maak net soos hulle wil. Rugby word doelbewus in die duurste pakket saamgestel omdat dit die meerderheid blankes se sport is. Ons moet almal net vir 3 maande ophou om te betaal en aandring om vir kanale te betaal wat ons verkies om te kyk en nie die vedomde klomp snert wat opgedis word nie

Irene ·

As ek rugby wil kyk gaan sit ek rustig on a mall en kyk geniet dit meer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.