Nuwe flieks en reekse in Maart op Showmax te sien

Daar is verskeie opwindende reekse, flieks en kinderprogramme wat in Maart op Showmax te sien is.

Nuwe reekse

SMILF (Eerste op Showmax)
Om ʼn enkelma te wees is nie altyd maklik nie – veral nie wanneer mans op die vlug slaan sodra hulle jou kind sien nie. Maar Bridgette sal dit vir niks verruil in dié nuwe program nie, eerste op Showmax te sien.

Veep S4 – S6
Selina se onverwagse aanstelling as president klink wonderlik, maar sal sy en haar personeel selfs die eerste toespraak kan regkry? Nuwe lagwekkende seisoene nou beskikbaar op Showmax.

Foto: HBO

HBO’s The Wire S1 – S5
Betree die strate van Baltimore, waar berugte polisiebeamptes en geslepe dwelmhandelaars teen mekaar te staan kom in dié briljante misdaadriller waar reg en verkeerd nooit swart en wit is nie. Kyk die reeks nou op Showmax.

Imposters S1
Maddie is ʼn swendelaar met ʼn reeks slagoffers wat sy al geteiken het. Maar dan raak sy verlief op ʼn teiken, terwyl haar verlede by haar kom spook. Kyk die reeks nou op Showmax.

A Gifted Man S1
Michael is ʼn topchirurg en geniet al die luukshede van die lewe, totdat sy eksvrou sterf en skielik by hom begin spook om haar kliniek vir minderbevoorregte kinders oop te hou. Kyk die bemoedigende reeks nou op Showmax.

Playing House S1
Die lawwe Maggie en perfeksionis Emma is nog altyd die beste vriende, maar nou moet hulle skielik kragte saamsnoer wanneer Emma ontdek sy is swanger. Kyk dié lagwekkende komedie nou op Showmax.

The Messengers S1
Vyf vreemdelinge stort saam ineen wanneer ʼn vreemde voorwerp die planeet tref. Hulle voel anders wanneer hulle wakker word, maar sal dit genoeg wees om die euwel te keer wat sopas aangeland het? Kyk die reeks nou op Showmax.

The Astronauts Wives Club
Dit was nie maklik om getroud te wees met die eerste ruimtevaarders nie, maar hierdie dapper vroue het hul mans gehelp om geskiedenis te maak. Kyk die minireeks nou op Showmax.

Incorporated S1
Binnekort in die toekoms, wanneer ondernemings oor absolute mag beskik, moet een man alles waag en probeer om sy vrou te red. Kyk dié epiese riller, vervaardig deur Matt Damon en Ben Affleck, nou op Showmax.

Road to – Marbs S2
Veertien deelnemers is op pad na die Mediterreense See – maar daar is ʼn vangskoot, die paartjie wat die ongewildste is, word elke dag uitgestem. Wie sal die volle reis meemaak? Kyk die reeks nou op Showmax.

Nuwe flieks

Jack Reacher
Tom Cruise is ʼn eksweermag-ondersoekbeampte wat ondersoek instel oor ʼn massaskietery waar alles nie pluis is nie. Ongelukkig vir die oortreders, is Jack Reacher op hul spoor. Kyk die fliek nou op Showmax.

The Mexican
Geniet dié moderne klassieke komedie met Brad Pitt en Julia Roberts in die hoofrolle. Ontmoet die maltrap Jerry, ʼn smokkelaar vir die mob wat ʼn waardevolle vuurwapen moet opspoor – en dit wil voorkom of almal na dié wapen op soek is. Kyk die fliek nou op Showmax.

The Hunger Games
Die toekomstige wêreld is in ʼn vreesaanjaende toestand waar mense onder beheer gehou word deur ʼn sportspoort genaamd The Hunger Games. Niemand het egter ooit kon droom wat die mag van een meisie sal wees wat net haar sussie wil beskerm nie … Kyk die fliek nou op Showmax.

The Hunger Games: Catching Fire
Katniss het die Hunger Games gewen, en die oorheersers wil hê sy moet voor die hele ryk paradeer. Daar is egter ʼn rebellie wat in haar hart broei … Kyk die fliek nou op Showmax.

The Hunger Games: Mockingjay Part 1
Weerstand teen president Snow neem toe en hulle wil hê Katniss moet ook aansluit, maar sy moet eers haar eie vriende uit die greep van die regering red … Kyk die fliek nou op Showmax.

The Hunger Games: Mockingjay Part 2
Nou gaan dit nie meer net oor oorlewing nie. Katniss en haar rebelle staan op teen president Snow, wat alles in sy vermoë sal doen om enigiemand te vernietig wat teen hom te staan kom. Kyk die fliek nou op Showmax.

My Boss’s Daughter
Jy wil graag in jou baas se goeie boekies kom en besluit om sy huis vir die naweek op te pas. Nou moet jy hoop sy maltrap dogter gaan nie ʼn partytjie hou nie …
Kyk die fliek vanaf 19 Maart op Showmax.

The Pallbearer
Tom is só eensaam, hy sal voorgee om ʼn oorlede man te ken om ʼn vrou te beïndruk. Dinge ruk egter vinnig handuit in dié prettige komedie.
Kyk die fliek vanaf 26 Maart op Showmax.

Charlotte’s Web
Wilbure die varkie wil nie slagpale toe gaan nie, maar dit is ongelukkig sy lot. Hy en ʼn spinnekop, Charlotte, beraam saam ʼn plan in dié wonderlike familiefliek.
Kyk die fliek vanaf 29 Maart op Showmax.

Kinderprogramme

Smurfs S1 E73-92
Jou gunsteling blou vriende is terug! Volg al hul avonture nou op Showmax.

Total Drama Island S1
Almal wil graag die $100 000-boerpot wen in dié tekenprent wat die gek skeer met oorlewingsprogramme. Is jy gereed vir Kamp Wawanakwa, die uitdagendste realiteitsreeks ooit? Kyk die reeks nou op Showmax.

Revolting Rhymes
Uit die bladsye van die legendariese kinderboekskrywer Roald Dahl, word ʼn klassieke feëverhaal gebore in dié Oscar-genomineerde tekenprent.
Kyk Revolting Rhymes vanaf 15 Maart op Showmax.

Dokumentêre reekse

Becoming Warren Buffet (HBO)
As ʼn seun was hy dol oor getalle en vandag is hy een van die wêreld se rykste mense. Ontmoet Warren Buffet, belegger en filantroop – hoe hy dink en wat in sy wêreld gebeur. Kyk die reeks nou op Showmax.

1 – The Film
Dit was Formule 1 se dodelikste tydperk – en die era wat die sportsoort op ʼn ander vlak gebring het. Herleef die glorieryke dae van dié sportsoort se beste en dapperste bestuurders.
Kyk die reeks vanaf 22 Maart op Showmax.

Nuwe Suid-Afrikaanse reekse

Sewentig Maal Sewe
Op een of ander manier, toe almal moed opgegee het, kry ʼn man ondersteuning uit ʼn onwaarskynlike oord. Maar kan hy homself vergewe? Dié dramareeks handel oor liefde, verlies en vergifnis. Kyk die reeks nou op Showmax.

Rowwe Diamante
Dis nie maklik om ʼn tiener te wees nie, maar dié tiener vind uit ʼn bietjie help van vriende en God kan jou ver bring. Kyk die fliek nou op Showmax.

Suiderkruis
Wanneer haar kanker terugkeer, besluit Lana om nog op een reis te gaan saam met haar virende. Dit gaan hulle almal se lewens verander. Kyk die fliek nou op Showmax.

Jimmy in Pienk
ʼn Prettige komedie oor ʼn konserwatiewe boer wat by ʼn realiteitsreeks vir haarstiliste aansluit om sy plaas van bankrotskap te red.
Kyk die fliek vanaf 12 Maart op Showmax.

Nisboere S1
Ontmoet die boere wat met laventel, olywe en eksotiese sampioene boer, of miniatuurperde teel in dié landbougedrewe reeks. Kyk die reeks vanaf 19 Maart op Showmax.

Klavierkuier met Pedro S1
Brackenfell se bekendste “boytjie”, Pedro Kruger, kuier, gesels, speel klavier en sing saam met van sy gunsteling Suid-Afrikaanse sangers. Kyk die reeks vanaf 26 Maart op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.