Nuwe flieks en reekse in September op Showmax

Daar is iets vir almal in September op Showmax te sien: van flieks, reekse, kinderprogramme tot selfs sportprogramme en dokumentêre reekse. Kyk nou »

Nuwe reekse

LA To Vegas – eerste op Showmax
Wat in Vegas gebeur, bly in Vegas. Maar wat van alles wat op vlugte na en van Sin City gebeur? Ronnie is ʼn vlugkelner in dié prettige komedie.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

LA To Vegas (Foto: Fox)

Impastor S1 – S2
Buddy is ʼn niksnuts en probeer van sy dobbelskuld ontvlug. Wanneer ʼn pastoor per ongeluk sterf terwyl hy Buddy se selfmoordpoging probeer verhoed, besluit Buddy om ʼn nuwe identiteit oor te neem. Maar hy is ver van vroom af en dit het lagwekkende gebeure tot gevolg!
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Impastor

Casual S3
Dinge is ingewikkeld vir broer en suster Valerie en Alex, maar hul liefde en professionele lewens is nog steeds ʼn mislukking. Hulle het nou elkeen groot planne vir die toekoms, al bly hulle apart. Maar sal dit deug?
Vanaf 14 September op Showmax te sien.

Mosaic
Sit op die punt van jou stoel met dié beperkte reeks. ʼn Klein dorpie, waar ʼn bekende persoon bly, word geruk deur ʼn verdwyning. Maar daar steek dalk meer in die storie… Sharon Stone speel die hoofrol en Steven Soderbergh het die regie behartig.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Playing House S2
Vriendinne Maggie en Emma is terug in dié prettige komedie terwyl hulle mekaar help om Maggie se dogter, Charlotte, groot te maak, selfs al het hulle nie altyd die beste planne nie en al sukkel hulle om vriende te maak met die snobistiese bure.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Doctor Who S9 – S10
The Doctor is nou op Showmax! Geniet dié gewilde wetenskapfiksiereeks waar vreemd en eienaardig nie eers die wonder van Doctor Who se verskillende wêrelde, vol ryk karakters en moeilike keuses kan beskryf nie.
Seisoen 10 is eerste op Showmax te sien.
Vanaf 14 September op Showmax te sien.

Nuwe flieks

The Adjustment Bureau
David, ʼn politikus (Matt Damon), staan op die randjie om ʼn setel in die Amerikaanse Senaat in te neem. Dan ontmoet hy die vrou van sy drome, ʼn ballerina (Emily Blunt). Geheime agente probeer egter deurgaans om hulle uit mekaar te hou. Moenie dié wetenskapfiksieriller misloop nie.
Vanaf 27 September op Showmax te sien.

The Adjustment Bureau

The Prince And Me
Paige fokus op haar mediese loopbaan. Dinge word ingewikkeld wanneer sy uitvind haar kêrel gaan een dag die koning van Denemarke word.
Vanaf 6 September op Showmax te sien.

Inglourious Basterds
Die Nazi’s het Frankryk beset. ʼn Elite span soldate, onder leiding van Brad Pitt, beplan om wraak te neem in dié besonderse fliek van regisseur Quentin Tarantino.
Vanaf 13 September op Showmax te sien.

Inglourious Basterds

Southside With You
Voor hy die eerste swart president van Amerika geword het en met Michelle getrou het, het hulle ʼn eerste afspraak gehad wat hul albei se lot sou verander.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Southside With You (Foto: Times Media)

Battleship
Dié epiese avontuur is propvol aksie wanneer die Amerikaanse en Japannese vloot kragte moet saamsnoer wanneer hulle te staan kom voor ʼn monster uit die buitenste ruim wat hul skepe vasgevang hou.
Vanaf 6 September op Showmax te sien.

Molly Moon: The Incredible Hypnotist
Weeskind Molly Moon het ʼn ongelooflike gawe vir hipnose en ʼn spesiale boek wat haar help. Wanneer ʼn dief dit egter probeer steel, moet sy hom wys wie’s baas.
Vanaf 10 September op Showmax te sien.

Forgetting Sarah Marshall
Sarah verbreek haar verhouding met Peter. Met ʼn gebroke hart besluit hy om na Hawaii te reis, maar dan is sy en haar rockster kêrel ook daar!
Vanaf 20 September op Showmax te sien.

Forgetting Sarah Marshall

Dirty Dancing
Hy is die ervare dansinstrukteur. Sy is die onskuldige tiener wat bietjie rebels wil wees. Saam steek hulle die dansvloer aan die brand in dié nuwe weergawe van ʼn klassieke rolprent.
Vanaf 20 September op Showmax te sien.

Nuwe kinderprogramme

Teenage Mutant Ninja Turtles S3
Die Turtles kruip weg ná hulle Shredder en Kraang se aanval oorleef het. Splinter is weg en Leonardo is ernstig beseer. Sal hulle weer kragte kan saamsnoer? ʼn Paar nuwe vriende is gewillig om te help.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Ninja Turtles (Foto: Nickelodeon)

I Am Frankie S1
Frankie is nie jou gewone tiener nie. Sy is eintlik ʼn robot, en kruip weg van ʼn bose maatskappy. Sy moet soos ʼn mens optree as sy wil oorleef.
Vanaf 13 September op Showmax te sien.

The Thundermans S1
Kan ʼn gesin superhelde ʼn normale lewe lei? Dis die probleem vir die Thundermans waar elkeen ʼn superkrag het! Gelukkig help hulle ook om die wêreld te red.
Vanaf 20 September op Showmax te sien.

The Thundermans

Zafari S2
Die unieke diere van die Zafari-dieretuin is terug met talle nuwe avonture. Hulle moet alles van balans tot geduld leer.
Vanaf 24 September op Showmax te sien.

Peppa Pig Special: Golden Boots
Juffrou Duck is weg met spesiale goue stewels, so Peppa en haar vriende sal die wêreld deurkruis om dit te vind!
Vanaf 27 September op Showmax te sien.

Peppa Pig

Sport en dokumentêre

Sri Lanka vs. SA Test
Al die hoogtepunte van die toetsreeks tussen Suid-Afrika en Sri Lanka op Showmax te sien.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Cricket Milestones
Krieket word gekenmerk deur wonderlike prestasies en ongelooflike druk. Watter mylpale wil sportsterre graag behaal? As jy ʼn graag krieket kyk, moet jy nie dié dokumentêr misloop nie.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Comix: Beyond the Comic Book Pages
Wat maak strokiesprentboeke so gewild? Dié dokumentêr loer agter die skerms en woorde om ʼn splinternuwe kant van dié kunsvorm te onthul.
Vanaf 10 September op Showmax te sien.

Blurred Lines – eerste op Showmax
Kuns maak nie altyd sin nie, maar dié dokumentêr wys die kontemporêrekunswêreld kan dalk net jou idees verander oor waarom ons hou van dit wat in ons smaak val.
Vanaf 13 September op Showmax te sien.

Charl Adriaan Schwartzel Master of The Green
Charl Schwartzel is een van die bestes in ʼn land vol gholfsterre. Ontmoet die man agter die kampioenskappe en hoe hy sukses behaal het.
Vanaf 17 September op Showmax te sien.

Ernie Els: Doubling Up
Ernie Els word nie verniet die Big Easy genoem nie. Met sy lange lyf en gemaklike gholfhoue laat hy gholf sommer maklik lyk. Dit is die kenmerke van ʼn meester…
Vanaf 17 September op Showmax te sien.

Lane 0: The Lane of Dreams – eerste op Showmax
ʼn Span swemmers van ontwikkelende lande probeer kwalifiseer vir die Olimpiese Spele. Dié mooi fliek volg hulle avonture terwyl hulle teen alle verwagtinge in suksesvol wil wees.
Vanaf 20 September op Showmax te sien.

Judi Dench: My Passion for Trees – eerste op Showmax
Betree die wêreld van bome met Dame Judi Dench. Die fliek is oor ʼn jaar lank verfilm en wys hoe dié reuse van die plantwêreld oor die seisoene heen verander.
Vanaf 27 September op Showmax te sien.

Nuwe plaaslike flieks en reekse

Phil 101 S1
Hulle was eers die voorste kenners van die land, nou is hulle die enigste hoogtepunt van dié disfunksionele filosofiedepartement. Hulle redekawel graag in dié grappige komedie.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Kokkedoortjie S1
Kinders van alle ouderdomme leer hoe om te kook in dié briljante nuwe reeks. Mari-Louis Guy en sjef Nic van Wyk sorg vir heerlike versnaperings vir almal.
Vanaf 20 September op Showmax te sien.

Kokkedoortjie (Foto: Showmax)

Die Boekklub S2
Tom se onverwagse reis na die Karoo is steeds vol verrassings in dié aangrypende dramareeks.
Vanaf 17 September op Showmax te sien.

Die Pro
Tiaan is dol oor branderplankry totdat sy beste vriend in ʼn ongeluk sterf. Hy sê hy sal nooit weer branderplankry nie, maar wanneer sy sussie maats maak met die branderplankryers van Vlakberg, het hy dalk nie ʼn keuse nie.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Suurlemoen
ʼn Groep tieners veroorsaak duisende rand se skade. Die enigste oplossing? Hulle moet ʼn musiekkompetisie wen. Maar dit gaan nie maklik wees nie…
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Hotel S2
Keer terug na die vervalle hotel wat byna nie ʼn ster op Tripadvisor het nie in dié grappige mokumentêr. Sal die hotel die bestuurders se bakleiery en eise van sy gaste oorleef?
Vanaf 10 September op Showmax te sien.

Our Perfect Wedding S1-3
Wat verg die perfekte huwelikseremonie? ʼn Paartjie vind elke week uit met hul lys van goed wat hulle moet hê. Kom ons kyk of hulle dit maak!
Vanaf 17 September op Showmax te sien.

Abraham
Abraham is ʼn sukkelende kunstenaar op die Suid-Afrikaanse platteland in die 1980’s. Hy droom van sukses, maar alles is teen hom gekant in dié tragiese drama.
Vanaf 3 September op Showmax te sien.

Probeer Showmax nou »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.