Video: Nuwe jeugdrama eersdaags op die kassie

Jenna Dunster is te sien in Sterlopers wat 15 April op kykNET begin.

Jenna Dunster is te sien in Sterlopers wat 15 April op kykNET begin. Foto: Verskaf.

ʼn Video van ʼn besoek aan die stel van Sterlopers  asook ‘n lokprent volg onderaan die berig

Die Sterlopers-televisiereeks is eersdaags op kykNET te sien en gaan vir die gehoor ʼn kykie agter die skerms van die vermaaklikheidsbedryf gee.

Die reeks van 13 episodes is geskep deur Deon Opperman in samewerking met Philip Nolte en Tina Kruger en vertel die storie van jongmense in die vermaaklikheidsbedryf en die suksesse en teleurstellings wat hulle in die bedryf beleef.

Hoewel die reeks beskryf word as ʼn jeugdrama wat gemik is op jong volwassenes, sal ʼn ouer gehoor ook daarby aanklank vind.

Maroela Media het ‘n draai op die stel van Sterlopers gaan maak, ‘n nuwe Afrikaanse televisiereeks wat eersdaags begin.

Sterlopers begin op 15 April op kykNET.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.