Nuwe kletsprogram op kykNET-horison

Zelda le Grange, Tracey Lange, Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe. (Foto: Verskaf)

Zelda le Grange, Tracey Lange, Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe. (Foto: Verskaf)

Kykers kan een van die dae voor die kassie inskuif vir ’n heerlike kuierprogram saam met Tracey Lange van Bravo!-faam, Zelda la Grange, Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe.

Tussen Ons is die splinternuwe, weeklikse geselsprogram waarin dié vyf vroue die wêreld se probleme gaan oplos. Dit is ’n wegbreek-uur van saamkuier, saampraat en saamlag waartydens verskeie kwessies – waarby veral vroue aanklank sal vind – weekliks aangeraak gaan word.

Le Grange, wat bekend is as oudpresident Nelson Mandela se regterhand, sal saam met Lange, die Kuier-tydskrifredakteur, Kay Karriem, die besturende direkteur van Mikateko Media, Ingrid Jones, en die radio-omroeper Success Lekabe op die gesprekspaneel dien.

Die program word vervaardig deur kykNET en Homebrew Films (Jou Show, Bravo!, Kwêla) en sal voor ’n gehoor verfilm word by Atlantic Studios in Kaapstad. Hou die kykNET-platforms dop vir meer inligting om deel van die gehoor te wees.

Tussen Ons sal vanaf Julie 2018 elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET&kie DStv-kanaal 145 uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joe V ·

haha, sien ek dieselfde raak daai keer. Ja nee, ons in die pad van ontwikkeling jong! Hoop die regering breek alles nou vinnig genoeg dat ons om asiel kan aansoek doen in die beskawing waar mens mag bestaan as self!

Leeu ·

Lyk my KykNet is werklik hardop vir “nuwe” shows. Nee wat, ek hou verby.

Andre Traut ·

O gaats nee kyknet, julle gaan van bad to worse in onder 8 sekondes.

JoeV ·

Pragtige diverse groep aanbieders. Wens hulle alle sterkte toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.