Nuwe komedie binnekort op kykNET

Frank Opperman is ook te sien in hierdie komedie (Foto: skermskoot uit die video)

Frank Opperman is ook te sien in hierdie komedie (Foto: skermskoot uit die video)

ʼn Splinternuwe Afrikaanse komedie is binnekort te sien op kykNET.

Die komedie, genaamd PHIL 101, begin op 10 April en draai om die filosofiedepartement van die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika (SUSA).

Philip Coetzee word onverwags as departementshoof aangestel en probeer dan kop bo water hou onderwyl hy sy kollegas bestuur – met net boekkennis om op staat te maak.

(Foto: Skermskoot uit die video)

(Foto: Skermskoot uit die video)

Hierdie proffie deel ʼn huis met sy broer Rolf, wat studeer vir ʼn lewe en drie kursusse in vier jaar agter die rug het.

Anneke Villet, die toesigvervaardiger, sê die komedie is vars en nuut vir kykNET. “PHIL 101 is ʼn heel nuwe soort komedie vir kykNET. Dit is hoogs gesofistikeerd met die tong lekker netjies in die kies. Die werklike trefkrag daarvan lê in die feit dat die karakters so eg en menslik is.”

“kykNET is ook baie trots daarop dat dié komedie vir Frank Opperman en Pierre van Pletzen ná dekades weer saam op die kassie bring,” sê Villet. Name soos Corné Koegelberg, Bibi Slippers en Elma Postma sal ook in hierdie reeks verskyn. Jakus Eloff het PHIL 101 geskryf en Johan Cronjé is die regisseur.

Soos kykNET in ʼn verklaring skryf: “Dié skreeusnaakse komedie beloof om kykers week ná week terug te lok vir nog ’n episode …”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

elmarie ·

Wat ‘n swak promo, hoop die reeks is beter. Kan seker nie iets beter verwag van Kyknet.

Kassie ·

Elmarie, ek het dan seker swak smaak, maar dit het beslis my lagspiere gekielie. Sien vreeslik uit na hierdie reeks. ‘n Komedie met hierdie temas is al lankal nodig in ons land. Welgedaan aan kykNet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.