Nuwe, moderne gesinskanaal oral en altyd beskikbaar

Met Suid-Afrika se eerste Afrikaanse digitale gospel TV-kanaal, RoepTV.com, word ’n vars en dinamiese fase in gesinsvermaak, geskoei op Christenwaardes, ingelei vir die moderne mens.

“Omdat digitale tegnologie enorm groei, het ons besluit dat RoepTV.com die tegnologie sal gebruik om hoogs professionele gesinsvermaak vir elke huishouding moontlik te maak,” sê Hardus Zevenster, hoof- uitvoerende beampte van die Bloudruk Groep.

RoepTV.com bied inhoud aan wat nog nooit in oorspronklike Afrikaans aangebied is nie: Christelike vermaak wat vergelyk met die hoogste tegniese en produksiestandaarde ter wêreld. Dit sluit in ’n groot verskeidenheid nuut-vervaardigde sitkoms en films, oorspronklike dokumentêre programme, aktualiteit, nuwe en vertaalde kinderprogramme, musiek en plaaslike en internasionale lering (“teaching”)-programme wat ’n impak op mense se lewens kan hê.

Bekendes wat op RoepTV.com te siene sal wees, is onder andere: Frank Rautenbach, Lindie Strydom, Albert Maritz, Michael Mol, Gretha Wiid, Regardt van den Bergh, Retief Burger, Riekert Botha, Nico Panagio, Benescke Janse van Rensburg, Angus Buchan, Rouchelle Liedemann en nog vele meer.

Nóg ’n voordeel van RoepTV.com is dat jy dit enige tyd op enige plek en op enige skerm kan kyk, selfs op jou slimtoestel, wat analoog omskep in digitale seine.

Die intekengeld om deel te word van RoepTV.com is R149 per maand, met die voordeel dat vyf toestelle dieselfde intekennommer kan gebruik. Dit beteken dat elke toestel effektief slegs R29.80 per maand betaal.

Waar mens dikwels op ander TV-programme die bewoording sien dat “die stasie nie verantwoordelikheid neem vir die inhoud nie”, doen RoepTV juis die teenoorgestelde. “Ons neem 100% verantwoordelikheid vir wat ons uitsaai,” sê Zevenster.  “Wanneer jou programme op die Waarheid gegrond is, kan en moet jy daarvoor pa staan. Terselfdertyd is hoogstaande programme met hoë vermaakwaarde ononderhandelbaar. Die tyd dat programme met Christelike waardes substandaard hoef te wees, is verby!”

Daar is oor die jare uit verskeie oorde gepleit dat Christen media radikaal hervorm moet word. RoepTV.com hoop om met dinamiese programme van gehalte ’n katalisator te wees in die herskepping tot relevante, interaktiewe en dinamiese bediening. “Die strewe is om ’n baken van hoop, geloof en betekenis te wees in ’n wêreld wat verwoes is deur chaos, wantroue en woede.”

Registreer nou op roeptv.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.