Desember is gemaak vir allerhande lekkertes: of dit nou die lekkerste kos is wat jy verorber of reekse wat jy fuifkyk. Met televisiereekse wat jy nêrens anders kan sien nie, ’n skitterende verskeidenheid plaaslike flieks en dramas, prettige Hollywood-flieks en baie opwindende programme om die kinders mee besig te hou, maak Showmax van jou tuisblyvakansie ’n fees.
Internasionale reekse
Brooklyn Nine-Nine S5
Speurder Jake Peralta is ’n goeie polisieman, maar ook ’n totaal lawwe leeglêer. Gelukkig is hy en sy vreemde kollegas almal besonder goed in hulle werk. Moenie die geliefde moderne sitkom misloop nie – dit word immers reeds as klassiek bestempel!
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Grey’s Anatomy S1 – 13
Van Meredith Grey na McSteamy, hierdie is die mediese drama wat die standaard gestel het. Beleef saam hoe die personeel van die Seattle Grace Mercy West-hospitaal lewens red terwyl hulle hul eie lewens bymekaar probeer hou.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Marvel’s Runaways S2 | Eerste op Showmax
Hulle is uiteindelik ’n span, maar hierdie jong superhelde het Pride se aandag getrek, en nou moet hulle vlug voor die gereg. ’n Donker geheim vuur rebellie onder die booswigte aan, wat die Runaways kans gee om terug te baklei.
Beoogde vrystellingsdatum: Saterdag, 22 Desember
The White Princess
Dis 1485. Engeland is aan flarde en Elizabeth van York trou teësinnig met die nuwe koning om die vrede te bewaar. Maar sy is nie van plan om sommer net in te val by die koninklikes se magspeletjies nie. Die storie word lewendig in hierdie uitbundige en skaamtelose nuwe reeks.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Internasionale rolprente
The Holiday
Kate Winslet en Cameron Diaz speel die hoofrolle in hierdie oulike komedie oor twee vroue wat moeg is vir hul onderskeie lewens en oor Kersfees huise uitruil vir ’n verandering van omgewing. Hulle ontdek egter vinnig dat mens nie van jou probleme kan weghardloop nie.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Pitch Perfect
Beca stel meer belang in haar droom om ’n musiekvervaardiger te word as om die meeste te maak van haar tyd op universiteit. Maar dan sluit sy by ’n a capella-groep aan wat haar lewe sal verander. Verwag romanse, drama, humor – en reusetreffers!
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Tower Heist
Josh werk elke dag hard om die inwoners van ’n luukse hotel in New York te bedien. Maar wanneer een van hulle miljarde steel, insluitend Josh en sy kollegas se aftree-fonds, maak hy ’n vernuftige plan om al die geld terug te kry.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Now You See Me
The Four Horsemen is ’n gewilde kulkuns-produksie wat gehore reg oor die wêreld in vervoering laat. Maar het hulle hul toertjies gebruik om ’n massiewe rooftog te pleeg? Een speurder probeer uitvind, maar kan jy jou oë vertrou?
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Robin Hood
Richard the Lionheart is dood en sy afsterwe laat die koninkryk in chaos verval. As Prins John en sy makkers gryp wat hulle nie toekom nie, keer ’n man wat skynbaar in die kruistogte gesterf het, terug huis toe. Sy naam is Robin Hood en hy’s nie van plan om te gaan lê nie.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
The Croods
The Croods weet hoe om veilig te bly in die prehistoriese wêreld: kruip weg! Hulle tienerdogter Eep het ander planne wat die hele gesin in ’n onbekende wêreld vol avontuur en gevaar inboender.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 6 Desember
Bridge To Terabithia
Jesse se lewe verander vir altyd wanneer hy sy buurdogter, Leslie ontmoet. Sy’s ’n eensame buitestander net soos hy, en saam skep hulle die betowerde wêreld Terabithia, waar hulle kan ontvlug van die werklikheid.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Dokumentêre reekse
Blue Planet 2
Die asemrowende opvolg op die bekroonde program The Blue Planet, met Sir David Attenborough as verteller. Nuwe tegnologie en verfilmingstegnieke verklap selfs meer verbluffende onderwater-geheime.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Soundtracks: Songs that Defined History S1
Musiek speel ’n groot rol in vieringe en rewolusies, tragedie en triomf. Hierdie ongelooflike reeks keer terug na groot oomblikke en die liedjies wat gehelp het om die oomblikke te maak wat hulle is. Propvol wonderlike liedjies en onderhoude wat jou aan die hart sal raak.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Big Cats
Ontdek die geheime lewens van groot katte in hierdie pragtige natuur-dokumentêr wat rondom die aardbol reis om leeus, luiperds, cheetahs, pumas en ander van die wêreld se mees indrukwekkende katspesies te leer ken.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Top Gear S14-22
Sluit aan by Jeremy Clarkson, Richard Hammond en James May in hierdie geliefde program vir spoedvrate. Hierdie reeks stel gewone en buitengewone motors op die proef in buitensporige uitdagings, en daar is ’n rits bekende gaste.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Nuwe inhoud vir kinders
Top Chef Junior S2
Wie sal as die voorste kulinêre koninkie bekroon word in hierdie strawwe kompetisie? Sluit aan by 12 kinders wat uitblink in die kombuis, en wat almal bak en kook om die Top Chef Junior-titel en ’n yslike kontantprys van $50 000 los te slaan.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Tom and Jerry Show S1
Die wedywering tussen die wêreld se mees beroemde kat en muis word aangedraai in splinternuwe avonture. Tom probeer alles in sy vermoë om die slinkse klein Jerry te vang, of dit nou by die huis, in ’n heks se blyplek of in die ruimte is. Maar Jerry is ʼn baie slim muis…
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
The New Looney Tunes S2
Bugs Bunny, Daffy Duck en almal se gunstelingkarakters is weer besig om lekker nonsens aan te jaag in ’n splinternuwe program. Geniet die lawwe humor en mal karakters wat die Looney Tunes wêreldberoemd gemaak het.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Be Cool, Scooby-Doo! S1
Scooby-Doo en die bende is terug. Fred, Shaggy, Daphne en Velma laai die kos-versotte brak in die kar en vat die pad vir ’n somervakansie. Maar raaisels en gevaar wag om elke draai, waar hulle monsters en booswigte teëkom.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Peppa Pig Special: Christmas Party
Dis Kersfees in die Pig-huisgesin en almal word uitgenooi vir ’n groot partytjie. Wie sal opdaag en watter geskenke gaan hulle bring? En is daar ’n kans dat ons selfs vir Kersvader sal sien?
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Garfield In Paradise Special
Garfield, Jon en Odie gaan op ’n tropiese vakansie en huur ’n raaiselagtige motor. Die motor het ’n interessante geheim en wanneer ’n ompad hulle in die woud laat beland, is ons helde in vir ’n groot avontuur.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
A Garfield Christmas Special
Garfield moet Kersfees op die plaas oorleef saam met Jon se familie. En almal op die plaas wil aktief wees! Gelukkig is daar heelwat middagslapies en heerlike kos om hom te help deurdruk.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Suid-Afrikaanse toevoegings
Vir Altyd
Nina se perfekte dag is op die rotse wanneer haar bruidegom haar voor die altaar verlaat. Sy is platgeslaan, maar gaan in elk geval op die wittebrood, en nooi ’n vriend uit haar kinderdae saam. Dit word ’n reis wat niemand maklik sal vergeet nie – en ’n skitterende romantiese komedie!
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Liewe Kersfeesvader
Nonnie het ’n probleem: haar ma skei skielik van haar pa, en nou dink dié ewe skielik hy is Kersfeesvader. Maar sy het ’n plan om hom te help red – en haar gesonde verstand te behou in hierdie uitstekende komedie vir die hele familie.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Raaiselkind
’n Ma moet haar eie saak stel wanneer haar outistiese kind dood aangetref word. Soos ons die storie van die seun se geboorte af naspoor, sien ons ’n ander kant van die stryd om die enigste versorger van ’n kind te wees in hierdie roerende drama.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Vir Die Voëls
Irma is hardkoppig, onafhanklik en nie van plan om ’n man toe te laat om vir haar te vertel wat om te doen nie. So hoe het sy in ’n trourok voor die kansel beland? Vind uit in hierdie lagwekkende romantiese komedie oor hoe dit is om ’n vrye gees te wees wanneer als in die lewe jou wil vasbind.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 3 Desember
Hoofmeisie
Daar kan net een hoofmeisie wees, en by ’n spoggerige skool is dit tyd om mekaar die stryd aan te sê vir dié gesogte posisie. Vir Nadia sal dit ’n droom wees wat waar word, maar sy het sterk kompetisie van ander leerders … en hulle ouers!
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 6 Desember
Hollywood in My Huis
Jana is die skool se verloorder, en boonop verlief op ’n ou wat sy seker nooit gaan kry nie. Wanneer die matriekafskeid-tema aangekondig word en dis “Die Oscars”, sien Jana ’n geleentheid om ’n rooi-tapyt-oomblik te hê. Dit werk toe net ’n bietjie te goed, in hierdie lekkerkyk komedie.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 6 Desember
Mooirivier
Liefde sal jou vind, maar dit mag dalk nie wees wat jy verwag het nie. Verskeie mense is op soek na romanse, of vlug daarvoor weg in hierdie sensasionele plaaslike drama-komedie. Langs die pad leer hulle wat liefde werklik beteken.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 6 Desember
Die Windpomp
Die 17-jarige Henri is vasgekeer in ’n aftreeoord vir die vakansie en hy dink dit gaan aaklig wees … maar dan ontmoet hy vir Margot, die plaaslike jong balletjuffrou. Skielik is hy op ’n onverwagse romantiese avontuur in hierdie bekoorlike komedie.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 6 Desember
Edik Van Nantes S3
Daar’s nog pret, lagbuie en goeie kos wanneer Nataniël terugkeer na die Franse stad Nantes met sy asembenemende uitsigte. Hierdie trefferreeks is terug met nog meer styl en om ons almal snoesig te laat voel.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Edik Van Nantes Winter S1
Nataniël is enige tyd van die jaar gek oor die Franse stad Nantes, maar winter is verreweg sy gunsteling. Vir die eerste maal kan ons by hom aansluit wanneer hy gereed maak om dié seisoen daar te spandeer, en hy kook ’n paar verrassings langs die pad.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 10 Desember
Koekedoortjie S1
Hulle mag dalk nog net tussen 10 en 13 jaar oud wees, maar hierdie kinders kan kook! Kom kyk hoe 10 amper-tienertjies die kombuis aandurf en meesterstukke probeer bak in hierdie nuwe werklikheidsreeks. Kan hulle die beoordelaar beïndruk om die spreekwoordelike koek te vat?
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Die Republiek Van Zoid Afrika S4 & S5
Karen Zoid is altyd reg met ’n liedjie en lekkerlag, en nou is sy terug met ’n nuwe seisoen vol onvergeetlike gaste. Kom sit aan saam met Leon Schuster, Lira, Nicholis Louw en vele meer. ’n Mengsel van musiek en gesprek en ’n geselsprogram wat jy nie mag misloop nie.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 13 Desember
Oor Showmax
Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.
Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.
Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.
Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?
Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.