Nuwe reeks wys ooreenkomste tussen mense, olifante

‘n Woestynolifant drink water. (Foto: National Geographic vir Disney/Robbie Labanowski)

Natalie Portman, die Oscar-bekroonde aktrise, is die verteller van die langverwagte National Geographic-reeks, Secrets of the elephants.

Die reeks première op Aardedag op National Geographic Wild op DStv asook op die Disney+-stromingsdiens.

James Cameron het die regie behartig. Cameron is met Oscar-toekennings bekroon vir die lokettreffers Titanic en Avatar.

Vir Secrets of the elephants het Cameron en sy rolprentspan die wêreld platgereis – van die savanne van Afrika tot die stedelike landskappe van Asië – om die strategiese denke, komplekse emosies en gesofistikeerde taal van olifante te ontdek.

Oerwoudolifante is kleiner as woestynolifante. (Foto: National Geographic vir Disney/Fleur Bone)

Dr. Paula Kahumbu, alombekende National Geographic-ontdekker en olifantkenner, is te sien in die reeks wat uit vier dele bestaan. Die reeks onthul nie net die buitengewone lewens van verskillende olifanttroppe nie, maar beklemtoon ook hoe soortgelyk hulle aan die mens is.

Die vier episodes, onderskeidelik getiteld, Desert, Savanna, Asia en Rainforest, neem die kyker op reis regoor die wêreld heen en bied insig tot dié fassinerende diere soos nog nooit tevore nie.

Secrets of the elephants is Saterdag 22 April op National Geographic Wild, DStv-kanaal 182, asook op StarSat, kanaal 221, beskikbaar. Die reeks sal ook op Disney+ beskikbaar wees.

Kyk hier na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Errol ·

Olifant is by ver my gunsteling wilde dier. Ek was baie bevooreg om baie tyd saam met hulle te spandeer in die Addo Olifant Park. Hulle is absoluut wonderlike.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.