Nuwe reekse in Julie op Showmax

Talle reekse is in Julie eerste en slegs op Showmax te sien, soos Younger S5, Siren S1, The Fosters S5 en selfs ʼn versameling van die Fast and the Furious-flieks.

 

Nuwe reekse

Gunpowder
Wat is die ware verhaal agter Guy Fawkes-dag? Hierdie aangrypende reeks in drie dele het ʼn sterbelaaide rolverdeling.
Kyk nou op Showmax.

Cougar Town S1 – S6
Jules is geskei, het haar eie onderneming en ʼn sarkastiese tienerseun. Geniet die volledige reeks oor liefde, die lewe en baie wyn.
Kyk nou op Showmax.

Suits S7
Donna het haar oog op ʼn pos as ʼn senior vennoot, en sy gebruik Louis se emosionele ineenstorting as die geleentheid om haar skuif te maak. Dinge by die firma gaan binnekort verander.
Kyk nou op Showmax.

Younger S5
Liza is gereed om aan te beweeg, nou dat haar reis na Ierland verby is. ʼn Vergadering ruk egter handuit in dié nuwe seisoen, eerste op Showmax te sien. Kyk nou.

Foto: Endemol

Siren S1
ʼn Nuwe meisie in die dorp herinner mense aan plaaslike legendes oor meerminne. Maar daar is regtig iets wat in die see aangaan in dié nuwe reeks, eerste op Showmax te sien.
Kyk nou.

Nuwe flieks

The Fast & The Furious
Kyk hierdie epiese aksiereeks waar Brian, ʼn polisiebeampte, homself voordoen as ʼn renjaer en deel word van Dom se straatwedrengroep.
Kyk nou op Showmax.

Chasing Mavericks
ʼn Branderplankry-wonderkind wil ʼn legendariese golf oorwin en hy vra ʼn plaaslike branderplankry-kampioen om hom te help.
Kyk nou op Showmax.

Despicable Me
Gru is ʼn skurk, met ʼn hele weermag vol minions. Drie weeskinders daag by sy voordeur op en vertraag sy planne om die wêreld oor te neem.
Na verwagting vanaf 12 Julie op Showmax te sien.

Killer Joe
ʼn Korrupte polisiebeampte is ʼn huurmoordenaar en ʼn dwelmhandelaar betaal hom om van sy ma ontslae te raak. Dan begin dinge handuit ruk. Matthew McConaughey is in dié donker riller te sien.
Kyk nou op Showmax.

Nuwe kinderprogramme

Paw Patrol S2
Ryder en sy klein hondjie is terug, met Marshall – wat nog as ʼn brandweerman opgelei word, en Chase – wat graag ʼn polisiehond wil wees. As jy in die moeilikheid beland, kan jy net tjank vir hulp!
Kyk nou op Showmax.

Find Me In Paris S1
Lena die ballerina is op die randjie van roem in die jaar 1905 – totdat haar kêrel vir haar ʼn ou halssnoer gee wat haar na die 21ste eeu bring.
Kyk op Showmax.

Life Hacks For Kids On The Road S1
Gillian en Angeline maak allerhande oulike goed wat jy ook by die huis kan aanpak, terwyl hulle interessante plekke besoek waar jy boonop iets kan leer.
Kyk nou op Showmax.

Postman Pat S8
Van yslike pampoene tot die Winterspele en vlieënde haaie – Postman Pat het sy hande vol met allerhande nuwe avonture!
Na verwagting vanaf 26 Julie op Showmax te sien.

Nuwe sportreekse en dokumentêre

Children of the Light
Aartsbiskop Desmond Tutu baklei teen apartheid ondanks intimidasie en lewensgevaarlike omstandighede. Dié dokumentêr vertel sy merkwaardige storie deur onderhoude en argiefmateriaal.
Kyk nou op Showmax.

Foto: Gravitas

Tour de France
SuperSport en kykNET bring vir jou al die aksie en hoogtepunte van die Tour de France.
Kyk nou op Showmax.

Tribute to a Cycling Great: Barry Stander
Bergfietsryers was geskok deur Barry Stander se onverwagte afsterwe. Sy lewe word gedenk in dié dokumentêr.
Kyk nou op Showmax.

Cultivating Excellence: The Story of the Blitzbokke
Die Blitzbokke het allerhande suksesse beleef in Sewesrugby. Leer meer oor hoe die span saamgestel word en die geheime bestanddele vir dié wenresep.
Kyk nou op Showmax.

The Open Champions Highlights
Een van gholf se mees gesaghebbende toernooie. Sit terug en kyk al die hoogtepunte danksy SuperSport.
Na verwagting vanaf 12 Julie op Showmax te sien.

Nightmare on Everest
ʼn Yslike aardbewing het Nepal in 2015 getref en duisende lewens geëis. ʼn Hele paar helde het egter na vore getree. Volg dié ongelooflike reis na die hartjie van die ramp.
Na verwagting vanaf 16 Julie op Showmax te sien.

Nuwe Suid-Afrikaanse reekse

The River
Twee verskillende families kom bymekaar en word verdeel nadat ʼn diamant in Cullinan, ʼn klipgooi van Pretoria af, gevind word.
Kyk nou op Showmax.

Lockdown S1 & S2
Dié drama speel af in ʼn Suid-Afrikaanse tronk vir vroue. Mag en oorlewing is al wat saakmaak.
Kyk nou op Showmax.

Bitten: Sarah Graham Cooks Cape Town S1
Sarah se prettige benadering tot kosmaak het tot ʼn webjoernaal, resepteboek en televisiereeks gelei. Sy nooi almal in haar kombuis in.
Kyk nou op Showmax.

Ocean Adventurer S1
ʼn Avontuurgelaaide reeks wat Suid-Afrika se diverse mariene ekostelsels en natuur ondersoek.
Kyk nou op Showmax.

Barry Hilton Live Show
Komediant Barry Hilton, Suid-Afrika se gunsteling- “cousin”, oor enigiets van beurtkrag tot selfies.
Na verwagting vanaf 16 Julie op Showmax te sien.

Marc Lottering Stand – Up Comedy Show
Hy is een van Suid-Afrika se beste komediante en is al 20 jaar lank in die bedryf.
Na verwagting vanaf 16 Julie op Showmax te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.