Nuwe reekse in Junie op Showmax

Showmax beloof om jou dié winter warm te hou met splinternuwe TV-reekse.

The Crossing, episodes 7 – 11, eerste op Showmax

Die spanning neem toe tussen die toekomstige vlugtelinge en die plaaslike dorpie. Maar daar is selfs vreemder en grieselige dinge wat in die kamp gebeur, wat niemand vermoed het nie. Kyk nou op Showmax.
(Episodes 9 – 10 is op 12 Junie beskikbaar en episode 11 is op 19 Junie direk uit Amerika beskikbaar)

Castle

Geniet al agt seisoene van dié prettige misdaadreeks waar ʼn bekende skrywer by ʼn speurder en haar polisiestasie aansluit om vreemde misdade op te los. Kyk nou op Showmax.

The Fosters, seisoen 4

Callie stel verder ondersoek in oor ʼn polisiesaak waar ʼn tiener betrek word en onthul allerhande donker geheime. Intussen leer Mike dat vaderskap nie so eenvoudig is as wat hy gedink het nie. Kyk nou op Showmax.

You’ve Been T@gged, seisoen 1

Vier tieners, wat oënskynlik onverwant is, word aanlyn geteister deur ʼn anonieme persoon wat gewelddadige video’s vir hulle stuur. Kan hulle dit verhoed? Vanaf 18 Junie op Showmax te sien.

Nobodies, seisoen 1 – 2

Is jy nie bekend nie? Kry dan ʼn ster om in jou volgende draaiboek te verskyn. Dis egter makliker gesê as gedaan in dié grappige komedie, vervaardig deur Melissa McCarthy. Kyk nou op Showmax.

Ballers, seisoen 3

Spencer is gereed om ʼn pa te wees – dis as hy die tyd kan kry terwyl hy professionele Amerikaanse voetbal na Las Vegas bring. Kyk nou op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.