Nuwe reekse op Showmax beskikbaar

Showmax bied in Oktober talle nuwe opwindende programme en flieks vir kykers in Suid-Afrika.

Al dié gunstelinge is op Showmax beskikbaar – maak seker jy teken in sodat jy ook saam oor dié programme en hul karakters se doen en late om die koffiekan by die werk kan gesels! Daar is selfs ʼn 14 dae gratis proeflopie beskikbaar.

Reekse

Game of Thrones S7
Die drake sirkel, die White Walkers is by die Muur en die verskillende families maak hulself gereed terwyl die stryd om die Iron Throne in die rigting van ʼn dramatiese einde afstuur.
Verwagte datum van vrystelling: 2 Oktober

Pure Genius S1
Wat gebeur as ʼn tegno-miljardêr en ʼn briljante dokter besluit om die wêreld se mees gevorderde hospitaal oop te maak? ʼn Mediese drama soos nog nooit vantevore nie.
Verwagte datum van vrystelling: 9 Oktober

Hawaii Five-O S4 – S5
Van bevrydingsterroriste tot professionele huurmoordenaars, misdaad duur voort op Hawaii. Maar die Five-O-span is gereed om terug te baklei en die boosdoeners aan te keer.
Verwagte datum van vrystelling: 9 Oktober

Stargate Universe S1 – S2
ʼn Span wetenskaplikes en soldate wat nie na Aarde kan terugkeer nie, moet op ʼn buiteruimtelike skip reis. Maar dit berei hulle nie voor vir die vreemde wêrelde wat hulle teëkom nie.
Verwagte datum van vrystelling: 26 Oktober

 

Flieks

Sydney White
ʼn Eerstejaarstudent wat by haar ma se studentevereniging wil aansluit, beplan om die diktatoriale heerskappy van Rachel Witchburn, president van die studenteraad, omver te werp. Dié romantiese komedie is gebaseer op die storie van Sneeuwitjie.
Verwagte datum van vrystelling: 2 Oktober

Seven Psychopaths
ʼn Draaiboekskrywer het ʼn goeie titel, maar nie ʼn storie nie. Sy twee vriende ontvoer dan ʼn ryk bendelid se hond… Moenie dié gewilde aksiekomedie misloop nie!
Verwagte datum van vrystelling: 5 Oktober

October Sky
ʼn Steenkoolmyner se seun het sy oë op die sterre in dié ongelooflike ware verhaal. Hy wil vuurpyle bou, maar niemand behalwe ʼn enkele onderwyser ondersteun sy droom nie.
Verwagte datum van vrystelling: 9 Oktober

Phantom Of The Opera
Kyk dié klassieke verhaal van ʼn verminkte musikale genie wat beplan om ʼn sangeres te verlei en haar weg te lok van haar aantreklike weldoener.
Verwagte datum van vrystelling: 9 Oktober

The Tale Of Despereaux
Geniet hierdie uitstekende animasieprent vir die gesin oor Despereaux, ʼn klein muisie wat ʼn prinses wil red en vreugde in die koninkryk wil herstel.
Verwagte datum van vrystelling: 12 Oktober

Gracie
Die talentvolle Gracie is die enigste meisie in haar sokkermal-gesin. ʼn Tragedie lei egter daartoe dat sy by die seuns se span moet aansluit. Dié roerende storie is ʼn ware verhaal.
Verwagte datum van vrystelling: 16 Oktober

Transporter 3
Jason Statham keer terug as Frank Martin is sy moeilikste sending nog: hy moet ʼn hardkoppige sosiale vlinder beskerm en die twee deel boonop ʼn plofbare armband.
Verwagte datum van vrystelling: 19 Oktober

The Invention Of Lying
In ʼn wêreld waar niemand lieg nie, ontdek ʼn man hoe om die waarheid te verdraai. Hy begin lieg om homself te red, maar dit lei tot ʼn reeks rampe.
Verwagte datum van vrystelling: 26 Oktober

Suid-Afrikaanse bydraes

Waterfront
Drie sussies keer na Kaapstad en hul seiljagbou-familiebesigheid terug in dié nuwe dramareeks vol skandale, intriges en romanse. Nuwe episodes kom direk van kykNET.
Verwagte datum van vrystelling: 12 Oktober

Springbok Stories S1
ʼn Kykie agter die skerms met die Springbokke in dié reeks wat ons rugbyhelde op en van die veld volg.
Verwagte datum van vrystelling: 2 Oktober

Megaboere S1 – S2
Om te boer is nie maklik nie. Dit verg bloed, sweet, trane en nog baie meer om die beste oes te kry. Hierdie grondverskuiwende reeks kyk na Suid-Afrika se suksesvolste boere en die geheime wat hulle deel.
Verwagte datum van vrystelling: 9 Oktober

Villa Rosa S11
Die Villa Rosa-gastehuis lyk soos ʼn vreedsame plek, maar agter geslote deure is daar romanse, wedywering en komplotte.
Verwagte datum van vrystelling: 16 Oktober

Edik Van Nantes S1 – S2
Volg Nataniël na Frankryk waar hy die kos, kultuur en mense uittoets in sy handelsmerk gemaklike maar elegante styl. Goeie kos, goeie geselskap!
Verwagte datum van vrystelling: 23 Oktober

 


Vir die kinders

Disney’s Sofia The First S3
Sofia raak al hoe meer daaraan gewoond om ʼn prinses te wees en sy help nuwelinge by Royal Prep om vriende te maak en pret te hê. ʼn Paar van hulle is egter jaloers op Sofia se goedhartigheid…
Verwagte datum van vrystelling: 19 Oktober

Disney’s Liv And Maddie S1
Liv en Maddie is ʼn identiese tweeling, maar hulle verskil in byna elke opsig! Wanneer hulle ʼn kamer moet deel, vind hulle uit hulle is sterker as hulle saamspan.
Verwagte datum van vrystelling: 19 Oktober

Marvel Ultimate Spider-Man S1-2
Met sy ongelooflike krag kan Spider-Man teen superboewe baklei, maar hy moet ook nog skool toe gaan en saam met sy vriende kuier. Dis bietjie moeilik as jy probeer om die wêreld te red.
Verwagte datum van vrystelling: 26 Oktober

Nie-fiksie titels

The Truth About S1 EP65-72
Die sportwêreld is vol mites en komplotte. Maar wat is feit en wat is fiksie? Inverleigh ondersoek ʼn paar stories wat ʼn nuwe perspektief bied op jou gunstelingsportsoorte.
Verwagte datum van vrystelling: 5 Oktober

Steve Jobs: The Man in the Machine
Wat het een van die grootste invloedryke persone van die 21ste eeu gemotiveer? Hierdie ongesensureerde dokumentêr neem die loep onder die paradoksale wêreld van Steve Jobs, asook sy kinderjare en private lewe.
Verwagte datum van vrystelling: 12 Oktober

I Am Bolt
Hy is die vinnigste persoon op die aarde. Dit is egter net die oortjies van die seekoei van Usain Bolt wie se karakter, beginsels en liefde die wêreld baie meer verander het as sy prestasie op die atletiekbaan.
Verwagte datum van vrystelling: 19 Oktober

Al dié gunstelinge is op Showmax beskikbaar – maak seker jy teken in sodat jy ook saam oor dié programme en hul karakters se doen en late om die koffiekan by die werk kan gesels! Daar is selfs ʼn 14 dae gratis proeflopie beskikbaar.

Showmax is nou gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.