Nuwe sitkom ‘Die Kasteel’ – nou op Showmax

Die Kasteel is ʼn splinternuwe Afrikaanse kykNET-sitkom wat, soos dit ’n behoorlike sitkom betaam, voor ’n regte-egte gehoor opgeneem word.

Die storie gaan oor Eckhard en Tina-Marie de Wet, voorheen windgat inwoners van Waterkloof, wat al hulle geld in ’n Ponzi-skema verloor. Al wat hulle oor het, is hulle luukse huis en hulle besluit om dié in ’n boetiekhotel te omskep om die familie van totale ondergang te red.

Hul donskop dogter Michellay probeer hand bysit, en die tuinier Wilson en huishulp Cecilia moet natuurlik ook bontstaan wanneer die gaste begin aanklop – al het niemand eintlik die vaagste benul wat hulle doen nie.

Die Kasteel spog met ’n sterbelaaide rolverdeling: Hannes Muller, Dorette Potgieter, Cintaine Schutte, Solomon Cupido en Pulane Sekepe is die sentrale spelers, en elke week is daar ook ’n kleurvolle span gasspelers wat die lagspiere help tokkel.

Die Kasteel is vanaf 11 Januarie beskikbaar op Showmax met nuwe episodes elke Donderdag.
Hierdie reeks is tans beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland.

 

Oor Showmax
Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.