Nuwe spioenasie-riller Condor is vol intrige

Condor

CIA-analis Joe Turner (Max Irons, wat jy dalk as King Edward IV van White Queen herken, en ja, hy is die seun van Jeremy Irons) moet in dié spanningsvolle riller vlug ná sy span vermoor word. Hy vind vinnig uit diegene wat hy gedink het is sy vyande, is dalk sy enigste vriende.

Dis ʼn TV-reeks gebaseer op ʼn fliek wat gebaseer is op ʼn boek

Die reeks is ʼn moderne weergawe van die 1970’s fliek Three Days of the Condor met Robert Redford in die hoofrol. Dié fliek is gebaseer op die spioenasieboeke Six Days of the Condor deur James Grady.

Verwag allerhande wendings terwyl Joe Turner probeer bepaal wat regtig in die CIA aangaan ná sy kollegas sterf en hy van die misdaad beskuldig word. Hy moet vinnig probeer bepaal wie agter ʼn angswekkende plan sit wat miljoene lewens bedreig.

“Mens weet nooit hoe diep die put is nie”

In ʼn onderhoud met Collider het Max Irons onthul hoe groot die sameswering is. “[Turner] begin om dit uit te lê, maar dit vat hom ʼn rukkie. Sy aanvanklike verantwoordelikheid is om net te oorleef en sy onmiddellike omgewing te evalueer. Dis die beste wat hy kan doen.

“Soos wat die program vorder, veral in die latere episodes, begin hy ʼn idee kry van wat aan die gang is, maar selfs dan is dit baie moeilik. As jy ʼn klip in ʼn put gooi, weet mens nooit hoe diep die put is nie. Dis nie regtig moontlik om ʼn konkrete antwoord te kry met sulke goed nie – om uit te vind wie waarmee besig is nie.

“In die begin is sy oorlewing sy enigste prioriteit.”

“Fraser is uitnemend”

Daar is ʼn paar groot name wat saam met Max Irons in Condor te sien is, insluitend Brendan Fraser as die boosdoener Nathan Fowler. Indiewire het Fraser se vertoning geloof as ʼn uitstekende “slegte ou”: “Fowler is die eerste karakter wat ons in die eerste episode ontmoet wanneer hy ʼn paar wildehonde in die middel van ʼn Navajo-reservaat begrawe en hy is aggressief om te kry wat hy soek. Met terugflitse in die tweede episode kry hy ʼn empatiese agtergrond (in ʼn toneel waar Fraser absoluut uitblink). Fowler is baie beslis ʼn slegte ou.”

Waar kan ek Condor sien?

Nuwe episodes is elke Maandag op M-Net (DStv-kanaal 101) om 21:00 te sien en die jongste episodes is op Showmax beskikbaar. Kyk die reeds van die begin af op Showmax. Kyk Condor nou »

Is jy op soek na nog stories oor geheimsinnige regeringsorganisasies? Kyk die flieks Shooter, Contraband, Snitch en The Adjustment Bureau op Showmax terwyl jy vir die volgende episode van Condor wag.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.