Nuwe TV-reeks begin op kykNET

Die Boekklub. Foto: Facebook via Armand Aucamp

Die Boekklub. Foto: Facebook via Armand Aucamp

Die boekklub, ʼn nuwe televisiereeks met akteurs soos Jana Cilliers, Armand Aucamp en June van Merch, kan Dinsdagaand (12 Januarie) vir die eerste keer op kykNET gesien word.

Dié reeks vertel die storie van Tom Niemandt wat ʼn onverwagse oproep ontvang wat hom lei na die Karoo. Terwyl hy sin probeer maak van Merweville, die dorpie in die Karoo, ontmoet hy ’n groep mense wat sy lewe onherroeplik verander.

Hoewel hy onder die indruk was dat sy ouma Bettie reeds 20 jaar gelede dood is, leer hy vinnig dis nie waar nie. Hy was destyds nie lus vir die begrafnis nie. Hoofsaaklik omdat sy ouma in Merweville, met net een teerstraat, gewoon het. Hy kon nooit verstaan waarom mense daar wil woon nie – dit is dor en leeg.

Sy planne word omver gegooi wanneer hy sy ouma se gastehuis erf en deur haar testament vriendelik verplig word om vir ’n jaar op die dorp te woon. Boonop sit hy opgeskeep met Sofia, sy ouma se jarelange vriendin en nou ook Tom se vennoot in die gastehuis.

Dié twee vryf mekaar heeltemal verkeerd op. Dit word alles amper te veel vir Tom en hy wil ontsnap. Maar hy ontmoet haar boekklub en dit verander alles. Dít en Lillie Human.

Die reeks is verfilm in Merweville, tussen Laingsburg en Beaufort-Wes, asook in Stellenbosch.

Armand het ʼn inskrywing op Facebook gemaak en sy opgewondenheid oor dié program gedeel: “Vanaand begin Die boekklub! Dit is ʼn projek waaroor ek ongelooflik trots is, waarop ek so baie geleer het, so lekker gespeel het en waar ek ’n nuwe familie ontmoet het.”

Die gewilde akteur het ook onlangs sy amptelike webwerf op sosiale media gedeel.

Die boekklub is te sien op Dinsdae om 20:30 op kykNET kanaal 144. Besoek kykNET se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AJ van Dort ·

Die uitsaaityd is verkeerd in berig. Dit begin 20:30.

Landi Slatter ·

Dagsê AJ, ons vra om verskoning vir die verwarring. Ons het die berig gewysig. Die program begin om 20:30. Groetnis

juan ·

met groot vreugde my DSTV gekanselleer. Absoluut genoeg gehad van die liberale breinspoeling wat 24/7/365 op hierdie kanale gebeeldsend word. DSTV is seker die enkele grootste rede na die preke wat vd kansels af kom wat hierdie land se mense byna “breindood”gemaak het. Die vermoee om met n wakker intelektuele oog na die wereld te kyk en kritiese vrae te vrae is so ver verwyder vd gemiddelde Afrikaner dat dit grens aan selfmoord.
Lees & memoriseer jou Bybel en gebruik God se Woord om die liberalistiese stokke se houe af te weer.

Rieks ·

Wil net sê dat ek hierdie program gister aand GENIET het – iets van alles en skerp humor. My Maandag aande is geboek! Knap gedaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.