Nuwe Via-reekse nou op Showmax beskikbaar

Kom ons Braai – Nuwe seisoene

Suid-Afrika se gunstelingtydverdryf is nou ’n sosiale eksperiment. In Kom ons braai nooi drie paartjies wat mekaar nog nooit ontmoet het nie, die ander vir ’n braai – en die vonke begin elke week sommer vinnig spat! Familieresepte en uithangkos ontmoet tipiese braaigeregte en allerhande geselsies om die vuur en die tafel, met deelnemers wat mekaar lelik uithaal wanneer hulle met die kamera en kykers gesels oor die kompetisie se braaivaardighede. Soms sal jy jou ore en oë nie glo nie, soms sal die braaigoed jou rasend honger maak en soms sal jy maar net jou kop kan skud en lekker lag vir die dinge wat kompeterende braaiers aanvang en kwytraak. Sien sommer die land terwyl sy mense om die vuur kuier en konkel. Nuwe seisoene van Kom ons braai is eksklusief beskikbaar vir Showmax se internasionale intekenare.

Laat die Potte Prut – nuwe seisoene

Piet Marais en Frik Oosthuizen is die aanbieders van die potjiekosprogram Laat die potte prut, waarin drie spanne per episode teen mekaar meeding om die beoordelaars – en mekaar! – te beïndruk met hul potjiekos-vernuf. Jy sal stomgeslaan word deur die kreatiewe en unieke geregte wat mense in potte opdis: van besonderse geur-kombinasies tot nuwe weergawes van klassieke geregte, tot onverwagse nageregte en bykosse. Piet en Frik ken hulle storie, maar die man-op-straat se talente wanneer dit by potjies kom, staan dikwels nie terug vir dié twee professionele sjefs nie. Die aanbieders sien kosmaak op die vuur as die kookmetode van die toekoms – so berei jou voor met die splinternuwe seisoen van Laat die potte prut, eksklusief beskikbaar vir Showmax se internasionale intekenare. Die resepte is van só aard dat jy dit maklik self by die huis ook kan probeer, so raak geïnspireer om weer ietsie van jou vaderland in jou eie potjie te gooi.

Die Kliek – nuwe seisoene

Die Kliek is deesdae om en by die coolste plek om liefde te vind – as jy die soort persoon is wat dié tipe ding graag op TV doen terwyl ’n komediant met ’n skerp tong jou uithaal. Die mans word op hulle sosialemediaprofiele getakseer deur ’n groep vroue en moet hulself deur middel van fisiese uitdagings aan die vroue bewys. Uiteindelik kan die kêrel kies met watter meisie hy op ’n afspraak wil gaan. Geen plase, beesmis of koei-parades nie – dis regte romanse in die 21ste eeu. Komediant Schalk Bezuidenhout het harte gesteel as die reeks se eerste aanbieder, en in die jongste reeks neem stoute ou Jack Parow die leisels by hom oor. Om liefde te vind in die era van realiteitstelevisie en Tinder kan ’n komiese en bisarre ervaring wees – en op Die Kliek sien jy die beste hiervan. Nuwe seisoene eksklusief beskikbaar vir Showmax se internasionale intekenare.

Angelique & Jr – nuwe reeks

Om vir die eerste keer ma te wees, is ’n avontuur vol uitdagings, opwinding, nuwe ervarings en ontdekkings – maar dis beslis nie maklik nie. In Angelique & Jr, die realiteitsreeks oor ma-wees, verwelkom aktrise en TV-aanbieder Angelique Gerber ons in haar huis. Ons leer saam met haar meer oor ma-wees en allerhande eerste ervarings deur die oë van klein Jacques, haar seuntjie saam met haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter. Elke episode beeld eintlik ’n dag in die baba se lewe uit, en ons ontmoet almal wat ’n rol speel in die Gerber-Potgieter-huishouding en wat betrokke is in Angelique en klein Jacques se daaglikse lewe. Angelique neem ook dagboekvideo’s op wat aan klein Jacques gerig is, sodat hy eendag kan sien hoe belangrik hy vir haar is. Almal wat vir ’n kindjie sorg sal kan identifiseer met Angelique & Jr – eksklusief beskikbaar vir internasionale intekenare van Showmax.

Nisboere – nuwe reeks

’n Boerdery hoef nie groot te wees om ’n massiewe impak te hê nie. Via se jongste landbouprogram Nisboere fokus juis op boerderye wat klein stukkies grond op merkwaardige maniere aanwend. Boere wat met interessante dinge soos laventel, olywe, eksotiese sampioene en miniatuurperde woeker is hier in die kollig, en selfs kykers wat niks van boerdery weet nie sal die stories oor hoe en waarom die boerdery tot stand gekom het geniet, terwyl boere heelwat by die nisboere sal kan leer. Die mense is doodgewoon, maar die boerderye is uniek: ons praat hier van krokodille, proteas en tropiese visse, en die boerderye kan enige iets van ’n hektaar grond tot ’n kleindorpse motorhuis beslaan. Die aanbieders, Anrich Herbst, Chris de Clerq en Simonia Magardie deel ook nuttige wenke oor tuis-groentetuine. Showmax se internasionale intekenare kry eksklusiewe toegang tot Nisboere en al die vreemde en wonderlike boerderye wat dié program ondersoek.

Op pad met Dana – nuwe seisoene

Dana Snyman is ’n Suid-Afrikaanse ikoon: ’n bekroonde joernalis en skrywer met ’n unieke blik op die land en sy mense. In hierdie reisreeks vat Dana die pad om met Suid-Afrikaners van reg oor die spektrum te gesels en insig te kry in hoe mense leef en die wêreld beleef. Dana wend ’n opregte poging aan om die land te leer ken en te verstaan – om die hart van Mzansi te vind. Hy gesels met gewone mense en deel sy waarnemings oor roerende oomblikke wat hy langs die pad opmerk. Dana se liefde vir mense en sy deernis is aansteeklik, en die reeks ’n wonderlike manier om ’n ander kant te sien van ’n plek wat in soveel maniere bekend, en tog so onbekend kan wees.  Showmax se internasionale intekenare kry eksklusiewe toegang tot nuwe seisoene van Op pad met Dana. ’n Meer gevoelige reisgenoot sal jy moeilik vind.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.