Ontmoet nóg ‘Survivor SA’ deelnemers

Nicole Capper (Foto: Verskaf)

Dit is reeds bekend dat vanjaar se Survivor SA deelnemers onder meer ’n voormalige Mej. Namibië, ʼn Mev. Kaapstad én ʼn Olimpiese atleet insluit, en nou is daar nog sewe van die 21 deelnemers wat sal meeding om die titel van die sewende “sole Survivor” in Samoa bekend.

Nicole Capper (34) is nóg ʼn skoonheidskoningin wat aan dié seisoen van Survivor SA deelneem. Capper is in 2017 as Mev. Suid-Afrika gekroon en is ʼn gekwalifiseerde apteker. Sy is tans die eienaar van ʼn aanlyntydskrif. Capper het uit haar gemaksone begin kom toe ʼn seldsame en ingrypende siekte drie jaar gelede by haar dogtertjie gediagnoseer is. Sy het Kilimandjaro uitgeklim en is ook betrokke by modelwerk en motiveringspraatjies.

Paul Smulders is ’n eiendomsagent van Johannesburg wat hom self beskryf as “’n 54-jarige met die lyf van ʼn 35-jarige”. Paul hou daarvan om mense te vermaak en om poetse te bak. Hoewel dié geskeide pa van twee hou van grappe maak, wil hy die spel hard speel en homself bewys teen die jonger deelnemers.

Cobus Hugo (Foto: Verskaf)

Cobus Hugo (28) is ’n vrolike gay argitek van Kaapstad. Hy hou daarvan om aan die ligter kant van die lewe te leef. Dié sosiale vlinder gebruik sy energie om marathon te hardloop of om hard te werk om te kry wat hy wil hê. Sy grootste vrees in Survivor SA is dat hy deel van ʼn vervelige stam sal wees.

Danté de Villiers (31) is Survivor SA se eie Aquaman. Hy is ’n koffiewinkel-eienaar in die Weskusdorpie Dwarskersbos. De Villiers, met sy lang hare, gespierde lyf en liefde vir die see, het al in Thailand en Israel gewoon. “Ek doen my eie ding, volgens my eie oortuiging. Daar is te veel volgelinge in hierdie wêreld,” het hy gesê.

Jacques Burger is ’n 27-jarige superaanhanger van Survivor, en hy het al na elke liewe episode van dié reeks gekyk – partykeer selfs meer as een maal. Burger woon in Pretoria en is ʼn nywerheidsingenieur. Burger wil gesien word as een van die beste spelers in die program se geskiedenis. “Dit lyk dalk of ek honger ly, maar ek kan goed vaar in uitdagings,” het Burger gesê.

Ting-Ting Wong (Foto: Verskaf)

Meryl Szolkeiwicz is ’n kreatiewe pilates-instrukteur met ʼn graad in musiekteater. Dié 31-jarige het groot hare en groter ambisie: Sy wil so goed vaar as wat sy kan, en sal nie dat enigeen haar onderkry nie. Szolkeiwicz is ʼn ma van drie en word beskryf as sterk, barmhartig en lojaal.

Ting-Ting Wong is ’n 25-jarige aweregse dokter van Durban, wat haarself beskryf as ʼn dokter van beroep maar ʼn digter en YouTuber van keuse. Wong het grootgeword in Taiwannese huis in Suid-Afrika en beskryf haarself as ʼn Asiatiese Afrikaan.

Survivor SA: Island of Secrets begin Donderdag 16 Mei om 19:00 op M-Net kanaal 101. Video’s oor elkeen van die deelnemers kan hier besigtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anja van der Merwe ·

Dagsê AP

Dankie vir jou kommentaar. Survivor SA begin Donderdag 16 Mei om 19:00 op M-Net Kanaal 101.

Lekker kyk!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Haan ·

As die Steve Hofmeyr debakel nie genoeg rede was om van die dekodeerder ontslae te raak nie dan is hierdie narre. Lekker kyk mense! Ek lees eerder n boek ;)

Bul ·

Wie van die deelnemers is ouens en wie is meisies ? Lyk my dis moeilik om te se met van hulle.

Johan ·

Bedryfsingenieur?
Eerste keer wat ek hoor van ʼn nywerheidsingenieur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.