Ooievaar op pad vir twee TV-persoonlikhede

JoAnne Strauss

Die foto wat Jo-Ann Strauss saam met haar inskrywing geplaas het. (Foto: Instagram/Jo-Ann Strauss)

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en televisiepersoonlikheid Jo-Ann Strauss het aangekondig dat sy vanjaar ʼn pienkvoet ryker word.

Strauss, wat bekend is as aanbieder vir die SABC 3-leefstylprogram Top Billing, het die nuus op Instagram bevestig saam met ʼn foto van haar vietse lyf in ʼn kleurryke romp. “Opgewonde om te sê ons brei ons gesin uit in 2018,” het sy geskryf.

“Daarom die stilswye op sosiale media die afgelope paar weke. Was af met verlammende oggendnaarheid 24 uur per dag. Hopelik word dit gou beter, maar ek is dankbaar vir die seëning om nog ʼn klein engeltjie te kry,” het sy bygevoeg.

Dit is Strauss en haar man, Michael Held, se derde kind.

Die gewilde Expresso-aanbieder, Katlego Maboe, het ook op Instagram bekendgemaak dat hy vir die eerste keer die pa van ʼn seuntjie gaan word.

“Ons is opgewonde om ʼn nuwe toevoeging tot ons familie aan te kondig,” het Maboe geskryf. “Dankie aan almal wat ons gelukgewens het en voortgaan om vir ons klein prinsie se veilige koms te bid.”

Volgens die inskrywing verwag Maboe se meisie, Monique Muller, die pienkvoet in Junie vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.