‘Op die spel’: Kan bekendes ‘Franschhoek’ spel?

‘n Skermskoot uit die video

Die derde seisoen van kykNET se spel-en-taalspeletjieprogram, Op die spel, het vroeër in Januarie weer begin en taalfoendi’s en -puriste kan nou weer op Woensdagaande voor die televisie inskuif en ook hul taal- en spelvaardighede op die proef stel.

Die JacarandaFM-aanbieder Rian van Heerden is weer die aanbieder van die reeks met Gerhard van Huyssteen wat as die beoordelaar optree.

In dié seisoen moet leerders van hoër- en laerskole hul slag met taal en grammatika wys. ʼn Spesiale studente-episode sal ook deel wees van die nuwe reeks waarin vier van die beste studentespellers gaan meeding om die titel as beste speller op ʼn Suid-Afrikaanse kampus.

Op die spel word Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Video: Bekendes wat in die gewilde kykNET-sepie Suidooster te sien is, se taal- en spelvaardighede word op die proef gestel om te bepaal of hulle die naam “Franschhoek” kan spel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nettie ·

Liewe genugtig! En ek het gedink die leerders op “Op Die Spel” spel maar vrotterig ….. Hierdie akteurs spel …. wel, heeltemal eenvoudig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.