‘Op my eish!’-drama: ‘Jy is nie nou in die hof’

Neels van Jaarsveld. (Foto: Verskaf)

Die gemoedere het hoog geloop in Donderdagaand se episode van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish! toe Neels van Jaarsveld onverwags een van die vroue huis toe gestuur het.

Die akteur, wat in dié program voor die kameras na ware liefde op soek is, het op sy eerste afspraak vir Janka, Abigail en Lizelle genooi om saam met haaie in Gansbaai te gaan swem.

Dit was egter sy tweede afspraak wat onverwags geëindig het nadat Van Jaarsveld vir Hettie, Dorianne en Liesa genooi het om die Rooiels-natuurreservaat saam met hom te gaan verken.

Hy het vir Hettie en Dorianne beter leer ken, maar toe dit Liesa se beurt is, het hy besluit om haar huis toe te stuur.

Volgens die akteur kon hy hom nie in ʼn verhouding met Liesa (27) sien nie, maar het bygevoeg dat hy haar as ʼn vriendin kan sien.

Janka (in die pienk) se hewige reaksie op Liesa se vertrek het ‘n argument laat ontstaan tussen haar en die ander vroue. (Foto: kykNET)

“Liesa was net nie vir my ʼn pasmaat nie. Soos dit aangaan, gaan dit baie erger raak [om van die vroue afskeid te neem],” het Van Jaarsveld (42) gesê.

Kort nadat Liesa haar tasse gepak het, moes Hettie en Dorianne die nuus met die ander vroue deel. Janka het dadelik emosioneel geraak en gevoel dis onregverdig dat sy huis toe gestuur is.

“Dit was ʼn baie groot skok en ek was nie tevrede daarmee nie,” het Janka gesê. ʼn Argument het ontstaan toe sy vir die groep vroue gesê het sy voel Liesa het dit nie “verdien” om huis toe gestuur te word nie.

Laurika het dié stelling bevraagteken. “Is daar dan een van ons ander wat jy dink dit meer verdien het om huis toe te gaan?”

Liesa. (Foto: Verskaf)

Tanya het op haar beurt vir Laurika gesê om nie vir Janka so aan te vat nie. “Jy is nie nou in die hof nie,” het sy vir Laurika gesê.

“Ek was close met al die meisies, maar spesifiek met Tanya en Janka. Die feit dat hulle vir my opgestaan het, is absoluut ongelooflik, want ek sou dieselfde vir hulle gedoen het. Oor die algemeen voel ek konflik is nooit nodig nie,” het Liesa gesê.

“Dit klink snaaks, maar die ander meisies het my regtig soveel van my potensiaal, talent en innerlike en uiterlike skoonheid laat raaksien. Ek moet seker net nie so hard op myself wees nie en myself sien soos ander mense my sien,” sê Liesa.

Skakel volgende Donderdagaand om 20:00 weer in op kykNET, DStv-kanaal 144, om Van Jaarsveld se soeke na liefde te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irma ·

Nee kyk dit nie want het na een episode gesien dit is ‘n pot strooi.

Jaco ·

Hi Pieter,
Ja ek kyk daarna en is bly ek is nie in Neels se skoene nie. Ek besef egter hierdie is net n storie en dat geforseerde liefde nie so kan werk nie.

SomeOne ·

neels is daar nie ‘n ander beter manier van vrou soek nie, skaan jou seun !

MakersMark ·

Wat ‘n spul snert kan ou eish nie vir homself ‘n vrou kry nie ? Of moet daar op TV hulp staatgemaak word ?

Francois Le Cochon ·

Hy soek nie ‘n vrou nie, hy het net die reeks gemaak vir ‘n inkomste. Ek voorspel dat die een waarmee hy gaan opeindig, net ‘n week of twee gaan hou net vir die “show”. Een keer ‘n akteur, altyd ‘n akteur!

Daleen ·

Soos met die nuus kan jy kies watse artikel jy wil lees en dieselfde geld vir tv programme elke persoon se keuse wat jy wil kyk. So as jy nie die program kyk nie hoekom die artikel daaroor lees??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.