Op ‘n dwaalspoor onder die sterre in Dwaalster

Die rolverdeling van Dwaalster (Foto verskaf deur Showmax)

Deur Craig Falck vir TVPlus

Die kykNET-dramareeks Dwaalster (wys tans op DStv en jy kan die episodes weekliks op Showmax volg, direk ná die DStv-uitsending) is die soort reeks wat jy met tee of koffie en beskuit kan geniet terwyl jy agteroorsit en lekker lag, maar ook die karakters op ’n dieper vlak verstaan.

Terwyl elkeen sy of haar geite het, is hulle ernstig oor wie hulle is en hoe hulle hul lewens leef – jy sal soms aspekte van jouself in ’n verskeidenheid karakters raaksien. Dis ook lekker want dis local.

Of dit nou die afgetrede onderwyser Frans Loots (Albert Maritz) in sy Blou Bul-hoed-met-horings is wat rugby kyk saam met sy streng-dog-regverdige opponent burgemeester Ivy (June van Merch) of die dowe kelnerin Gina (Tarryn Wyngaard) wat op rolskaatse rondzirts, daar is iets vir almal.  “Gina is die coolste en funkyste,” sê Tarryn, wat nie in die regte lewe doof is nie. “Ek hou van rollerblades, maar rolskaats was nuut en ek moes gewoond raak daaraan. Ek het tyd spandeer saam met die Rollergirls in Kaapstad. Dis soveel pret, selfs op ons besige stel.”

Maar dis nie al pret op die Dwaalster-stel nie…

’n Betowerende plek

Dwaalster is in Bonnievale, net 180 km van Kaapstad, verfilm. Terwyl dit nie werklik die Karoo-landskap is waarin die storie afspeel nie, was die omgewing die perfekte plaasvervanger.

“Dis gebaseer op ’n Iangpadvakansie deur Ladismith wat ek byna 15 jaar gelede onderneem het,” verduidelik die skepper en hoofskrywer van die reeks, Nicola Hanekom. “Hierdie was my eerste poging om ’n volwaardige drama te maak en ek dink dit het baie mooi uitgekom. Die betowerende stories wat ek op die langpad gehoor het, was die inspirasie vir die dorp Maanhaarsdrif, om dit karakter te gee en om stories te vertel van mense waarvan jy soms sal hoor, maar nie dikwels die geleentheid het om te ontmoet nie. Hulle is in hulle eie klein wêreldjie, en daar kom net nou en dan iemand van die Groot Stad kuier.”

Die sonderlinge dorpie Maanhaarsdrif het ook sy oorsprong in die regte lewe. Een van die reeks se temas is sterrekyk (kyk maar na die titel), en daar is ’n massiewe sterrewag genaamd MeerKAT SKA in die Karoo, ’n radio-teleskoop wat deur sterrekundiges van reg oor die wêreld gebruik word om die ruimte te ondersoek.

Die karakters is gek oor die sterre en hulle ondernemings word aan die lewe gehou deur toeriste wat deur die dorp kom op pad na die teleskoop aan die buitewyke.

“Ons neem elemente uit die regte wêreld, selfs ons karakters is gebaseer op mense wat ons ken, soms ’n kombinasie van ’n paar mense … maar ons vat hierdie dinge wat ons ken en skep ’n ryk wêreld vol drama, pret, en interaksies tussen karakters en hul onderskeie agtergrondstories, en dis hoe hierdie wonderlike legkaart inmekaarsteek.”

Mense, mense

Akteurs sê altyd ’n reeks is net so goed soos die skryfwerk daaraan, maar Dwaalster se rolverdeling is een vir die boeke. June van Merch was al in alles van die sitkom Fishy Feshuns in die vroeë 2000’s tot die aangrypende drama Sara Se Geheim (kyk dit ook op Showmax).

June van Merch as burgemeester Alberts (Foto verskaf)

Ondersoekende joernalis Annabel word vertolk deur Tinarie Van Wyk Loots, wat bekend is vir sterk, onafhanklike karakters – sy is ook te sien in die regsfirma-drama Fynskrif as die geen-fiemies prokureur Kara Kruger.

Tinarie Van Wyk Loots as Annabel (Foto verskaf)

En vir ’n tikkie teëspoed en komedie is daar Erica Wessels as die een-oog boetebessie Ragel-Lee – Erica het al als gedoen wat Afrikaanse televisiereekse betref, maar sy blink uit in kragtige rolle; sy vertolk die rol van agent Hoop Beneke in die Afrikaanse misdaadriller Vloeksteen, wat ook op Showmax te sien is.

Erika Wessels as Ragel-Lee (Foto verskaf)

“Ons het soveel pret gehad tydens die verfilming van Dwaalster,” sê Albert. “Die skryfwerk is wonderlik en die spelers is fantasties. Ek is veral mal daaroor om teenoor June te speel – ons ken mekaar al van ons universiteitsdae af. Ons sit lekker en gesels tussen opnames. Dis lekker dat ons vriende is wanneer die kameras nie rol nie, maar sodra hulle weer begin skiet het ons karakters hierdie wedywering. Dis alles in goeie gees, maar wanneer die rugbywedstryd afskop, is dit oorlog!”

Tarryn moet driedubbele diens doen as Gina, maar sy geniet dit. “Ek rolskaats nie net nie, ek moet ook die skinkbord met rekwisiete op vashou – en ek moet my ‘woorde’ in gebaretaal ken. Dis drie-in-een en nie maklik nie. Ek kan ook nie my gesig laat verklap dat ek sukkel nie – Gina is vrolik en sy is die dorp se morele kompas. Almal weet wanneer sy emosioneel op ’n goeie plek is, loop dinge op die dorp sommer ook reg.”

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ʼn DStv Compact- of Compact Plus-kliënt?

Goeie nuus! Jy kan 60 dae lank gratis Showmax kyk as jy dié diens voor 7 April op jou rekening byvoeg. Klik hier om meer te lees.

Daarna betaal jy slegs R49 per maand – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.