Opperman se nuwe epiese dramareeks lyk belowend

Deon Opperman se nuwe epiese drama "Bloedbroers" word na verwagting in Oktober 2015 uitgesaai. Foto: Burger  Meyer

Die akteurs van Deon Opperman se nuwe televisiereeks “Bloedbroers”. V.l.n.r. Hykie Berg, Neels van Jaarsveld, Gustav Gerdener en Altus Theart. Foto: Burger Meyer

Deon Opperman se nuwe epiese drama, Bloedbroers, word tans verfilm en dit lyk baie belowend.

Soos sy vorige televisiereeks, Donkerland, is hierdie ʼn periodestuk en speel af tussen 1914 en 1948. Die storie volg die lewens van vier vriende na die 1914-rebellie. Kenmerkend aan Opperman se werk, bied Bloedbroers jou ʼn kykie na ʼn verskuiwende landskap deur die oë van alledaagse mense.

Jozua Malherbe wat ook in die regisseurstoel vir Donkerland was, behartig die regie van Bloedbroers terwyl die rolverdeling sterbelaai is met akteurs soos Rolanda Marais, Gustav Gerdener, Hykie Berg en Marlee van der Merwe.

Maroela Media het ʼn draai op die stel gaan maak waar hulle by Constitution Hill in Johannesburg verfilm het. Opperman vertel in die video onderaan die berig wat hom inspireer het om die storie te skryf en hoekom dit belangrik is dat dit vertel word.

Bloedbroers word na verwagting in Oktober 2015 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Moet die “LY” nie dalk “LEI” wees nie? By die eerste lees het ek gedink daar word dalk “verliese geLY” – dan sal LY sin maak. As daar bedoel word “neem die LEIding” dan is die opskrif verkeerd. Hierdie reaksie is goedbedoeld!

Sune van Heerden ·

Dagsê Henrietta

Daar het ‘n fout ingesluip toe die berig gepubliseer is. Die korrekte opskrif is: “Opperman se nuwe epiese dramareeks lyk belowend”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.