OppieStoep is terug om jou hardop te laat lag!

OppieStoep is die tuiste van storievertel in Afrikaans. Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen is die aanbieders van dié reeks, wat vir die beste storievertellers in Afrikaans ʼn platform skep om hulle talente met kykers te deel.

In die tradisie van Spies en Plessis en Maak ‘n Las, maar met ʼn nuwerwetse aanslag, skep OppieStoep die perfekte atmosfeer vir mense se stories om lewe te kry.

In die tweede seisoen kuier ʼn reeks bekende gaste en storievertellers saam met Pietman en Andries. Margit Meyer-Rödenbeck en Pedro Kruger maak gereelde verskynings saam, en Pieter Koen maak ook in meer as een episode ʼn draai. Thys die Bosveldklong kom spin sy stories saam met Steyn Smit en Isak Volgraaff, en Jannie de Bruyn bring vir Tommie die grootbek-pop saam, wat mos net so lief is om lang stukke te sny.

Van die ander storievertellers wat die stoepstoele warm gaan kom sit, is André Josias, John Benn, Don Theart, Retha Rix, Poem Mooney, Hennie le Roux, GP van Rheede van Oudtsoorn, Jak Jansen van Vuuren, Pieter Moller, Réne du Preez, Kassie van Zyl en Leon Beukes.

Aanhanger van die storiekuns van Kokkie de Kock, Wilhelm Bierman en Dries Wiese? Of vertel Thys Mentoor, Human du Toit of Alan Hughes jou soort stories?

Daar’s ʼn verteller vir elke streek en smaak – met stories van Potchefstroom tot Mosselbaai, die Klein Karoo en Namakwaland wat verteenwoordig word.

Die musikant Schalk Joubert maak ook musiek, en bring vir elke episode ʼn spesiale gas saam – van Danie Niehaus tot Melissa van der Spuy, Janine Neethling, Loki Rothman, Theo Crous en Hanepoot van Tonder, om maar ʼn paar te noem.

As jou ore al lankal lus is vir ʼn behoorlike storie moet jy beslis inteken op Showmax. Daar’s weekliks ʼn nuwe episode van OppieStoep en elke episode is tjok en blok vol vermaaklike, verrassende en soms ongelooflike stories, soos net Suid-Afrikaners hulle kan vertel.

Vanaf 8 Julie is OppieStoep Seisoen 2 vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 8 Julie aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.