‘OppieStoep’: Kustoer skop af op Doringbaai

Die gewilde storievertellers Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys van OppieStoep skop hul Weskustoer vanaand (13 Desember) op Doringbaai by die Fryer’s Cove-wynlandgoed af.

Arno van Zyl van Springbok en Jan Ponk van Zyl, eienaar van Fryer’s Cove, gaan die stoepstoele saam met Vermeulen en Geldenhuys, wat ook musiek gaan maak, warm sit. Dié twee Van Zyl’s is nie familie van mekaar nie, maar het al albei op die OppieStoep-program verskyn.

  • Kom volg die regstreekse uitsending van OppieStoep net hier en onthou om dop te hou vir nog OppieStoep-episodes tot 19 Desember op Maroela Media:

https://www.facebook.com/oppiestoep/videos/2354355361453642/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.