Opwindende flieks en reekse in Februarie op Showmax

Showmax bied in Februarie ʼn rits nuwe flieks en reekse vir sy intekenaars. Kykers kan uitsien na reekse soos The Handmaid’s Tale en flieks soos Grease, Forrest Gump, Shall We Dance? en West Side Story.

Nuwe reekse

The Handmaid’s Tale S1
June het in ʼn stadium ʼn man, ʼn werk, ʼn lewe gehad. Nou is sy ʼn slaaf in ʼn land waar die enigste ding wat meer seldsaam is as swangerskap, ontsnapping is. Kyk nou op Showmax.

Emily Owens MD S1
Emily was maar ʼn “geek” op skool, so sy het gehoop ʼn loopbaan in chirurgie sal haar lewe verander. Maar dis dalk te veel gevra in dié oulike liefdesverhaal. Kyk nou op Showmax.

The Collection S1 (BBC)
Skandale, drama, bakleiery en romanse is alles beskikbaar in die gange van ʼn bekende modehuis waar twee broers probeer om iets uit niet te bou. Maar kan hulle seker maak hulle sal nie mekaar vernietig nie? Kyk nou op Showmax.

Thirteen S1 (BBC)
Ivy ontsnap uit ʼn huis 13 jaar nadat sy ontvoer is. Sy word vinnig met haar familie herenig, maar alles is nie pluis in dié geheimsinnige drama nie. Kyk nou op Showmax.

The Cleaner S1 – S2
ʼn Bekroonde reeks oor ʼn verslaafde wat ʼn belofte maak om sy lewe om te draai en ander verslaafdes te red – selfs al moet hy van uiterste taktieke gebruik maak om hulle te red. Kyk nou op Showmax.


Sleeper Cell S1 – S2
Wanneer jy in die geheim in die middel van ʼn terroristesel werk wat ʼn aanval op jou tuisland beplan, wie kan jy vertrou? Moet nie dié spanningsvolle reeks misloop nie. Kyk nou op Showmax.

Nuwe flieks

Twilight-versameling
Van Twilight tot Breaking Dawn – al vyf die Twilight-flieks is nou beskikbaar op Showmax! Kyk nou op Showmax.

Gone Baby Gone
Alles is nie pluis in dié briljante riller oor ʼn ontvoerde meisie en wat blyk die enigste persoon wat belangstel om haar te vind nie. Met Morgan Freeman, Casey Affleck en Ed Harris. Kyk nou op Showmax.

Chocolat
Vianne het ʼn spesiale gawe om sjokolade te maak wat enigiemand sal verlei – ʼn uitdaging vir die konserwatiewe dorpie waarheen sy verhuis. Met Juliette Binoche en Johnny Depp. Kyk nou op Showmax.

West Side Story
Twee geliefdes moet kies tussen mekaar of hul bendes, want hul groepe is op die randjie van ʼn groot oorlog in dié musiekblyspel. Die blyspel is geïnspireer deur William Shakespeare se Romeo and Juliet. Kyk nou op Showmax.

Grease
Hoërskool is nie maklik nie – veral nie as jou vakansie-geliefde opdaag nie … Maar met ʼn paar liedjies en vriende sal alles op ʼn hoogtepunt eindig. Met John Travolta en Olivia Newton-John. Kyk nou op Showmax.

Shall We Dance?
Ondanks ʼn vol lewe, hunker John na iets meer. Dan sien hy ʼn vrou dans en besluit om ook te begin dans. Maar sy nuwe plesier kan hom dalk sy gesin kos … Met Richard Gere, Susan Sarandon en Jennifer Lopez. Kyk nou op Showmax.

Forrest Gump
Forrest lyk dalk of hy ʼn benadeelde lewe lei, maar sy lewensverhaal – vol triomf en vriende, sal jou inspireer in dié Steven Spielberg-meesterstuk met Tom Hanks. Die fliek is vanaf 26 Februarie op Showmax te sien.

Cast Away
ʼn Man wat op ʼn afgeleë eiland gestrand raak, leer dat oorlewing net ʼn klein deel van die lewe is. Met Tom Hanks. Die fliek is vanaf 26 Februarie op Showmax te sien.

Kinderprogramme

Piggy Tales
Die stoute varkies van Angry Birds is besig om allerhande goed te bou. Maar varkies is nie die beste bouers nie en hulle beland in allerhande moeilikheid. Kyk nou op Showmax.

Timmy’s Seaside Rescue
Ag nooit! Teddy en Bumpy is gestrand en Timmy en Osbourne moet hulle in hul klein bootjie red. Beleef al die avonture van dié groepie. Kyk nou op Showmax.

Dokumentêre reekse

All Star Comedy Jam
Lag lekker saam met van die beste komediante. Kyk nou op Showmax.

We Are Many
Miljoene mense het in 2003 saamgekom om te betoog teen die oorlog in Irak. Dié dokumentêr vertel die verhaal van die grootste betoging nog ooit in mense geskiedenis, toe talle as een mens saamgestaan het. We Are Many is beskikbaar vanaf 15 Februarie. Kyk nou op Showmax.

Nuwe Suid-Afrikaanse reekse

Radio Raps TV Show S1 E4-8 (nuwe episode elke week)
Radio Raps, die Afrikaanse internetsensasie, se realiteitsreeks. Kyk nou op Showmax.

Elders: Die Camino S1 E4-8 (nuwe episode elke week)
Gebaseer op die boek deur die joernalis Erns Grundling. Volg sy reis op een van die mees ikoniese staptogte in die wêreld. Kyk nou op Showmax.

Pretville
Enigiets is moontlik in die 1950’s-dorpie, Pretville. Ontspan en sing lekker saam met dié opwindende musiekblyspel. Kyk nou op Showmax.

Die Ontwaking
ʼn Reeksmoordenaar loer vroue af en vermoor vir hul tatoes. Maar net een polisiebeampte, ʼn nuweling, kom al hoe nader aan die waarheid in dié spanningsvolle riller. Gebaseer op Chris Karsten se boek met dieselfde naam. Die fliek is vanaf 19 Februarie op Showmax te sien.

WAARSKUWING: Die lokprent is nie vir sensitiewe kykers of kinders bedoel nie. 

Jou Show S8-10
Die bekroonde komediant Emo Adams is die gasheer van dié gespreksprogram met wonderlike gaste en aangrypende optredes. Die reeks is vanaf 22 Februarie op Showmax te sien.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.