Opwindende flieks en reekse in Mei op Showmax

Van lekkerlag saam met komediante tot naelskou van spanning saam met Quentin Tarantino – daar is iets vir almal dié Meimaand op Showmax te sien.

Nuwe reekse

The Crossing
Eerste op Showmax. 500 vlugtelinge wat op die kuslyn van ʼn klein dorpie uitspoel is nie die vreemde deel nie, wat wel vreemd is, is dat hulle van die toekoms probeer vlug. Die eerste vyf episodes is nou op Showmax te sien en die res van die seisoen is van Junie op Showmax te sien. Kyk nou op Showmax.

Strike Back S4
Afdeling 20 is elite terroriste-jagters en op die spoor van ʼn gevaarlike besetene, die omstrede al-Zuhari. Hy bly egter voortvlugtig en wil wraak neem op die groep. ʼn Spanningsvolle riller van die begin tot die einde. Kyk nou op Showmax.

The Comeback S1-2
ʼn Voormalig suksesvolle aktrise Valerie (Lisa Kudrow) wil haar plek in die kollig terugkry en sal alles doen om weer ʼn ster te wees. Kyk nou op Showmax.

In Treatment S1
Gabriel Byrne is Paul, ʼn briljante sielkundige wat sy pasiënte help. Maar die sessies dwing hom ook om realisties na sy eie lewe te kyk in dié aangrypende dramareeks. Kyk nou op Showmax.

Getting On S1-2
Hulle word dalk te min betaal, gewoonlik geïgnoreer en is oorwerk, maar dié span dokters en verpleegsters by Mt. Palms versorg hul bejaarde pasiënte, maak nie saak wat dit verg nie. Kyk nou op Showmax.

Nuwe flieks

The Brothers Grimm
Wilhelm en Jacob (Matt Damon en Heath Ledger) reis van dorp na dorp en bedrieg inwoners met allerhande leuens. Dan word hulle aangestel om vermiste meisies op te spoor en hulle ontdek ʼn werklike feëverhaal-vloek wat ware waagmoed en durf gaan verg. Kyk nou op Showmax.

Earth To Echo
Twee seuns ontdek eienaardige boodskappe. Wanneer hulle die oorsprong probeer bepaal is dit ʼn oulike buiteruimtelike robot wat hul hulp nodig het. Kyk dié prettige gesinsfliek nou op Showmax.

Meet The Parents
Greg ontmoet sy meisie se ouers, maar hy gaan meer as net geluk aan sy kant nodig hê met Jack, haar vreemde en intense eks-CIA-pa. (Met Ben Stiller en Robert de Niro) Kyk dié grappige gesinskomedie nou op Showmax.

Letters To Juliet
Tydens Sophie (Amanda Seyfried) se besoek aan Italië kom sy op ʼn ou liefdesbrief af. Sy stem in om die skrywer te help om haar verlore liefde op te spoor. Dis ʼn lieflike avontuur wat almal gaan verander. Kyk nou op Showmax.

What To Expect When You’re Expecting
Swangerskap is moeilik, veral as jy ʼn bekende is, of met jou pa se nuwe tweeling moet meeding … (Met Cameron Diaz en Jennifer Lopez) Kyk dié grappige komedie vanaf 10 Mei op Showmax.

Bridesmaids
Annie se lewe is ʼn groot gemors, maar haar aandag sal dalk afgetrek wees as sy haar vriendin se troue help beplan. (Met Kirsten Wiig en Maya Rudolph) Kyk dié grappige komedie vanaf 10 Mei op Showmax.

The Men Who Stare At Goats
Dit was een van die vreemdste eksperimente nóg van die Amerikaanse weermag: bestaan psigiese kragte? Een verslaggewer probeer ondersoek instel, maar die waarheid is vreemder as fiksie. (Met George Clooney en Ewan McGregor) Kyk die fliek vanaf 17 Mei op Showmax.

Pulp Fiction
Dié fliek word deur aanhangers as een van Quentin Tarantino se meesterstukke beskou wat flieks vir altyd verander het. Nie vir sensitiewe kykers nie! (Met John Travolta en Uma Thurman) Kyk die fliek vanaf 17 Mei op Showmax.

Kill Bill: Vol 1
Wanneer die Bruid uit ʼn koma wakker word, is sy dadelik op die spoor van die mense wat haar vir dood agtergelaat het. Nie vir sensitiewe kykers nie! (Met Uma Thurman en Lucy Liu) Kyk die fliek vanaf 17 Mei op Showmax.

Kill Bill: Vol 2
Die Bruid het Bill se onderdane uit die weg geruim, maar nou kom sy teen die gevaarlikste een te staan. Gelukkig is sy goed opgelei. Nie vir sensitiewe kykers nie! (Met Uma Thurman) Kyk die fliek vanaf 17 Mei op Showmax.

Shrek 2
Shrek gaan Fiona se ouers ontmoet! Hulle weet egter nie dat sy ʼn monster is nie en boonop verwag hulle ʼn aantreklike prins. Hulle was beslis nie gereed vir ʼn donkie wat kan praat nie! (Met Mike Myers en Cameron Diaz) Kyk die fliek vanaf 17 Mei op Showmax.

Eternal Sunshine Of The Spotless Mind
ʼn Surrealistiese meesterstuk met Jim Carrey en Kate Winslet oor ʼn egpaar wat besluit om herinneringe van mekaar uit te vee. Kyk die fliek vanaf 28 Mei op Showmax.

Nuwe dokumentêre reekse

Plastic Galaxy
Die flieks was maar net ʼn deel van die verhaal: Star Wars-speelgoed was en is nog steeds ʼn groot deel van die liefde vir dié franchise. Hier is die storie. Kyk die dokumentêr nou op Showmax.

Dying Laughing
Wat verg dit om ʼn loopbaan te maak daaruit om mense te laat lag? Chris Rock, Jerry Seinfeld, Amy Schumer, Kevin Hart, Bob Saget, Jamie Foxx, Sarah Silverman en talle ander lig die sluier. Kyk die dokumentêr vanaf 24 Mei op Showmax.

Nuwe kinderprogramme

Really Me S1-2
Maddy het ʼn kompetisie gewen om haar eie realiteitsreeks te hê! Maar dis nie so maklik soos sy gedink het nie. Dankie tog haar vriendin Julia is by haar! Kyk die reeks vanaf 24 Mei op Showmax.

Suid-Afrikaanse programme

(*Let daarop dat dié reekse net vir Suid-Afrikaanse intekenare beskikbaar is)

Seepglad S1
Die skrywer van ʼn sepie probeer sy lewe agter die kamera beheer. Kyk dié grappige Afrikaanse komedie vanaf 14 Mei op Showmax.

Wedding Bashers S1
ʼn Opwindende realiteitsreeks waar Suid-Afrikaanse paartjies die kans staan om ʼn groot prys te wen. Watter egpaar sal die perfekte dag kan skep? Kyk die reeks vanaf 17 Mei op Showmax.

My Kitchen Rules S1
Dinge word warm in die kombuis wanneer amateurkokke kykers en beoordelaars in hul huise innooi. Kyk die reeks vanaf 17 Mei op Showmax.

Hier Gaan Ons Alweer S11-16
Sluit by Petri de Wet en vriende aan terwyl hulle deur Suid-Afrika reis om die volgende groot vis te vang. Kyk die reeks vanaf 21 Mei op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland (tensy anders aangedui). Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.