Opwindende flieks en reekse op Showmax in Januarie 2019

Aangesien Januarie altyd soos die langste maand van die jaar voel (hoe lank dan nóg tot betaaldag?), bring Showmax vir jou al die vermaak wat jy nodig het om 2019 met woema af te skop: reekse waarna almal nou al hoe lank uitsien en wat jy nêrens anders te siene sal kry nie, soos Showmax se eerste oorspronklike drama, en plaaslike juwele soos kykNET se splinternuwe Dwaalster.

Oorspronklike Showmax-reeks

The Girl From St Agnes | Oorspronklike Showmax-reeks

Die raaiselagtige dood van ’n skoolmeisie by ’n elite kosskool is die katalisator vir ’n desperate gejaag na die waarheid.  Dit lyk asof almal iets het om weg te steek in hierdie aangrypende Suid-Afrikaanse drama wat in die Midlands verfilm is.
Beoogde vrystellingsdatum: 31 Januarie 2019

Internasionale reekse

Victoria S2

Kort nadat sy geboorte skenk, keer Victoria terug na haar koninklike verantwoordelikhede, net om uit te vind dat mans dink hulle kan by haar oorneem – veral haar man prins Albert. Maar hulle is nie opgewasse teen een van die grootste koninklikes in die geskiedenis nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

The Good Doctor S1

Shaun is ’n briljante sjirurg, maar sy outisme maak dit moeilik om persoonlike bande te vorm. Hy verruil die kalmte van die platteland vir ’n besige stadshospitaal, en hierdie mediese drama kyk of sy briljante intellek ʼn teenvoeter sal wees vir sy sosiale onbekwaamheid.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Superstore S3

Cloud9 is terug nadat dit deur ’n tornado verwoes is. Dis tyd om die superwinkel se voorraad weer aan te vul, maar niemand het vir die personeel gesê dat die winkel binnekort weer oopmaak nie! Dan is daar ook daardie soen tussen Jonah en Amy … Moenie hierdie skreeusnaakse nuwe seisoen misloop nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

SWAT S1

Daniel “Hondo” Harrelson is die leier van ’n top-SWAT-span in dieselfde strate waar hy misdaad moes vryspring. Hy staan met een voet in elkeen van die twee wêrelde, maar wanneer dinge rof raak probeer sy span hulle bes om kriminele uit te haal.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Playing House S3
Maggie en Emma moet hulle grootste uitdaging nóg in die oë staar: nie die baba nie, nie werk nie, nie die baasspelerige bure nie, maar mediese nuus wat enige van ons se koppe sal laat draai. Gelukkig het die twee beste vriendinne nie hulle lawwe sin vir humor verloor nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Internasionale flieks

Me Before You

’n Jong bankier gee moed op nadat hy van die nek af ondertoe verlam gelaat word deur ’n ongeluk. Hy het egter nie sy nuwe versorger sien kom nie, ’n vrolike jong vrou wat probeer om die pot aan die kook te hou en wat nuwe lig na sy lewe bring in hierdie dierbare romantiese komedie.
Beoogde vrystellingsdatum: 31 Januarie 2019

Scott Pilgrim vs The World

Scott het die meisie van sy drome gevind. Ongelukkig moet hy haar eks-ouens in ’n geveg uitoorlê voordat hy met haar kan uitgaan. Hierdie hiper-kinetiese en besonder snaakse fliek is vol maltrap karakters en uitspattige aksie soos nog nooit vantevore nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 10 Januarie 2019

Shrek
Hy’s ’n mensvreter (ja, dis wat ʼn “ogre” in Afrikaans is) wat net uitgelos wil word, en die plaaslike regeerder stem in – maar slegs as Shrek ’n prinses gaan red. Asof dit nie reeds erg genoeg is nie, is sy handlanger ’n baie irriterende pratende donkie. ’n Klassieke moderne tekenprent.
Beoogde vrystellingsdatum: 3 Januarie 2019

The Kingdom
Jamie Foxx is die leier van ’n federale span wat in Saoedi-Arabië is om ’n terroriste-sel te vernietig. Wanneer die plaaslike owerhede maar min lus is om hulle samewerking te gee, neem hierdie bevoegde vegters die saak in eie hande. ’n Plofbare riller.
Beoogde vrystellingsdatum: 17 Januarie 2019

Nuwe dokumentêre

Fallen


Elke dag plaas polisiemanne hulleself tussen ons en die kriminele wat gemeenskappe lamlê. Dis gevaarlike werk en kan hulle dikwels hulle lewens kos. Hierdie dokumentêr kyk na die grootste opoffering.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Life & Death Row S1-2
Betree die hartverskeurende wêreld van lewe en dood in die regstelsel. Van profiele van mense wat die doodstraf opgelê is, tot die stryd tussen skuld en onskuld in die howe, hierdie reeks gaan na plekke waar min ander wil wees.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Hurricane
Orkane is van die mees destruktiewe natuurverskynsels op die planeet. Nou kan jy jou in die middel van een bevind wanneer dit langs die kus van Afrika vorm, en dan oor die Atlantiese oseaan tier om die Karibiese Eilande lam te lê.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Earth: One Amazing Day
Die lang-verwagte opvolg op die bekroonde BBC Earth-reeks volg die verloop van ’n dag op verskillende dele van die planeet. Kyk in HD hoe die natuur reageer op verskillende uitdagings en ervaar asembenewende ontmoetings met diere.
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Top Gear: Ambitious But Rubbish
Die Top Gear-aanbieders doen al vir jare dom dinge om hulle gehoor te vermaak. Maar nie al hierdie toertjies verloop volgens plan nie. Hierdie spesiale program gaan kyk agter die skerms na dinge wat nie goed uitgewerk het nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Kindervermaak

Garfield’s Pet Force


Hy sou eerder ’n middagslapie vat, maar Garfield en sy vriende word betrek om die bose Vetvix in ’n ander dimensie te beveg. As hulle dit nie doen nie sal sy die wêreld oorneem – en al die lasagne!
Beoogde vrystellingsdatum: 1 Januarie 2019

Clue S1
Losweg gebaseer op die beroemde bordspeletjie. Vier tieners word in ’n sameswering betrek. Hulle moet hulle onskuld probeer bewys, maar twyfelagtige Secret Keepers is op hulle spoor.
Beoogde vrystellingsdatum: 28 Januarie 2019

Suid-Afrikaanse programme

Dwaalster S1 | Direk ná uitsending op kykNET


Die jaar begin met ’n splinternuwe reeks. Welkom in die klein Karoodorpie van Maanhaarsdrif, ’n plek waar mense ’n bietjie vreemd maar eintlik baie aangenaam is. Dit lyk of niks hier ooit verander nie, maar onder die oppervlak is daar eintlik heelwat aan die gang…
Beoogde vrystellingsdatum: 7 Januarie 2019

Axis Mundi | Kortfilm
’n Verlamde televisie-aanbieder sal enige iets doen om haar program se dalende kykergetalle ’n hupstoot te gee. Sy nooi ’n wonderwerker om op haar program te verskyn, en daag hom uit om haar weer te help loop. Hierdie veelbekroonde kortfilm is ’n spanningsvolle drama wat jy nie wil mis nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 7 Januarie 2019

Jan Braai vir Erfenis S7
Jan Braai reis om die wêreld om Suid-Afrika se braaigeheime te versprei. Hy maak ’n draai in Amsterdam en Brussel, maar hy’s ook plaaslik op die pad: hy doen die Tour de Braai fietstoer van George af, ontmoet braailiefhebbers en vind die perfekte braaiplekke.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Die Koue Kos, Skat
Wanneer Clara uitvind dat haar man haar verneuk, begin sy haar wraakplan opkook. Maar êrens langs die pad ontmoet sy nuwe mense, vind sy ’n romanse en herontdek sy haar passie vir kos in hierdie liplekker komedie.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Hoener met die Rooi Skoene
Bonnie is net nog ’n ontvangsdame wat laat werk – totdat sy op haar baas se lyk afkom! Die polisie word ingeroep, maar hulle maak nie eintlik uit nie, so Bonnie besluit om ’n amateur-speurder te word en die moord self op te los.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Johnny is nie dood nie
In 2002 braai vier vriende braai saam die Sondag ná Johannes Kerkorrel se selfmoord. Hulle herleef hulle studentedae op Stellenbosch in die Voëlvry-toer tydperk in die laat 80’s, en wonder oor die raaiselagtige dood van hulle vriend Johnny, wat hulle steeds teister.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Kampterrein
Die Fouchés gaan elke jaar na dieselfde vakansieoord, en verwag nie dat enige iets ooit sal verander nie. Maar vanjaar is hulle gunsteling staanplek oorgeneem deur die Khumalos! Só begin ’n belaglike toutrekkery met skreeusnaakse gevolge.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Nul is nie niks nie
Drikus is ’n jong seun wat sy pa se dood probeer verwerk. Hy besluit om sy groot droom na te volg en ’n zombie-fliek te maak. Hy betrek sy vriende Hoender en Chris in hierdie hartroerende drama.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Die Rebellie van Lafras Verwey
Soms ken jy nie mense so goed as wat jy dink nie … Op die oog af is Lafras Verwey ’n vervelige klerk wat al dekades lank in die staatsdiens werk. Maar hy is eintlik ’n spioen wat pakkies vir ’n geheime organisasie hanteer.
Beoogde vrystellingsdatum: 14 Januarie 2019

Die Kliek S6-S8
Almal is op soek na liefde, maar kan hulle iemand vind met wie hulle kliek? Hierdie afspraakprogram, aangebied deur Jack Parow, is terug met nuwe seisoene van pret en praatjies, mooi mense en ’n geleentheid om Die Een te ontmoet.
Beoogde vrystellingsdatum: 17 Januarie 2019

Getroud Met Rugby Die Soapie S2
Die gewilde reeks wat ’n sepie geword het, is terug met meer gevegte op die rugbyveld en agter die skerms. Van nuwe babas tot nuwe boeke, almal probeer wen en sommige mense sal enige prys betaal om dit te laat gebeur.
Beoogde vrystellingsdatum: 21 Januarie 2019

Oppiestoep S1-3
Wie is nou nie mal oor ’n goeie storie nie? Sit saam met Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys wanneer hulle gasheer speel vir van Suid-Afrika se mees begaafde storievertellers en musikante. Elke episode is soos ’n kuier-aand wat jy nooit sal vergeet nie.
Beoogde vrystellingsdatum: 21 Januarie 2019

Wolf Wolf
’n Ontnugterde huisvrou is alleen op ’n kleinhoewe saam met ’n sjarmante verlamde man. Soos die aantrekkingskrag tussen hulle groei, daag ’n joernalis op wat op die spoor is van ’n reeksmoordenaar. En dan verdwyn die joernalis …
Beoogde vrystellingsdatum: 24 Januarie 2019

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.