Opwindende nuus vir ‘Friends’ aanhangers

Die akteurs van Friends. Foto: www.tv.com

Die akteurs van Friends. Foto: www.tv.com

Die akteurs in die gewilde televisiereeks van die 90’s, Friends, gaan herenig vir ʼn spesiale program van twee ure.

Die televisiereeks het in 2004 die laaste episode ná tien reekse uitgesaai.

Aanhangers van dié program verwag al lank ʼn hereniging, veral na dié reeks se gewildheid weer gestyg het toe dit ʼn paar jaar gelede beskikbaar gestel is op Netflix in die VSA.

Volgens ʼn berig deur die BBC, het al die akteurs wat in die televisiereeks gespeel het, Jennifer Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, Matthew Perry en David Schwimmer, reeds ingestem om deel te neem aan die spesiale program wat ʼn huldeblyk aan die regisseur, James Burrows, gaan wees.

Robert Greenblatt, voorsitter van NBC se vermaakafdeling, het egter gesê dit is nog nie heeltemal seker of al die akteurs in dieselfde vertrek kan wees nie. “Ek is nog nie seker of ons die logistiek daarvan kan laat werk nie. Baie van die akteurs werk aan verskeie projekte op verskillende plekke,” het hy gesê.

Die program gaan na verwagting ook verskeie optredes en komedie-sketse van ander televisieprogramme met die Friends-storielyn vermeng as huldeblyk aan al die programme waarby hy betrokke was. Dit sluit programme soos Cheers, Frasier en The Bob Newhart Show in.

Die program gaan glo op 21 Februarie op NBC uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

thea ·

ag nee, los dit in die verlede. dit sal nie dieselfde wees nie
n tyd vir alles. Friends se leeftyd is klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.