Opwindende programme in Desember – net op Showmax

Kykers kan solank die springmielies naderskuif – daar is talle nuwe reekse en opwindende flieks in Desember net op Showmax!

Tali’s Wedding Diary

Hierdie lagwekkende koggelfliek (mokumentêr) deur die skeppers van SuzelleDIY het Julia Anastasopoulos as Tali in die hoofrol, ʼn Sandton-prinses wat na Kaapstad verhuis – en nou gaan sy trou!
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Nuwe reekse

The Durrells S1 (BBC)
Louisa Durrell verhuis in 1935 saam met haar gesin van Engeland na ʼn Griekse eiland, maar die plaaslike inwoners is nog nie gereed vir dié vreemde en wonderlike lewenslustige groep nie!
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

The Missing S2
ʼn Vermiste meisie daag meer as ʼn dekade ná haar verdwyning weer op, en dit skep meer vrae as antwoorde in ʼn splinternuwe seisoen van dié spanningsvolle misdaadriller-reeks.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

The Bible
Dié minireeks is ʼn oorsig van Genesis tot Openbaring met al die drama, genade en wysheid wat daarin vervat is.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Grey’s Anatomy S1-12
Dr. Meredith Grey sluit aan by ʼn hospitaal in Seattle. Sy is daar om lewens te red, maar is sy gereed vir die veranderinge in haar eie lewe?
Beplande vrystellingsdatum: 11 Desember

Madam Secretary S3
ʼn Nuwe mallemeule van politiek terwyl Elizabeth en haar span poog om te voorkom dat Rusland Kroasië binneval, om ʼn ontvoerde kollega te red en om CIA-wapensmokkelaars aan te keer.
Beplande vrystellingsdatum: 18 Desember

Bosch S3
Die soeke na die waarheid oor sy ma se dood maak van speurder Harry Bosch ʼn onvoorspelbare en vreemde karakter. Die moord van ʼn hawelose oorlogsveteraan is egter die laaste druppel wat die emmer laat oorloop.
Beplande vrystellingsdatum: 18 Desember

Elementary S5
ʼn Ontploffing laat dié seisoen met ʼn knal begin. Sherlock en Watson moet ou en nuwe bedreigings oor die wêreld in die gesig staar, en misdadigers ontvoer Sherlock vir sy dienste…
Beplande vrystellingsdatum: 18 Desember

Keeping Up with the Kardashians S13
Kim word besteel tydens ʼn besoek aan Parys. Die Kardashians is al gewoond aan drama, maar kan hulle dié storm trotseer?
Beplande vrystellingsdatum: 18 Desember

Nuwe flieks

Recount (HBO)
Dié dramatiese storie oor die Amerikaanse verkiesing in 2000 het ʼn sterbelaaide rolverdeling. Vier mans moet die noodlot van ʼn land bepaal nadat ʼn dooiepunt ʼn land gyselaar hou.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Walkout (HBO)
Toestande in 1968 was só sleg in Amerikaanse skole dat die leerlinge besluit het om te dros. Kyk hoe hoop en eenheid teenspoed en verdrukking kan verdryf in hierdie ware verhaal.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Warm Springs (HBO)
Franklin Roosevelt het talle groot politieke oorloë deurleef. Hierdie fliek kyk na sy grootste stryd teen ʼn siekte wat gedreig het om sy wêreld te verwoes.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Capturing Mary (HBO)
ʼn Portier (Danny Lee Wynter) kom alles te wete oor die opwindende, en soms donker, geskiedenis van die huis waar hy werk, wanneer ʼn bejaarde besoeker (Maggie Smith) haar ervarings as ʼn sosiale vlinder in die 1900’s met hom deel.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Wit (HBO)
Emma Thompson is uitmuntend in haar rol as ʼn professor wat uitvind sy het baarmoederkanker. Beleef die hoogte- en laagtepunte saam met haar van dié angswekkende siekte.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

The Cherokee Kid (HBO)
Wraak is al waaraan die Cherokee Kid kan dink, maar hy moet eers van sy lafhartigheid afsien om ʼn dodelike cowboy te word – en hy is ʼn groot papbroek.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Bessie (HBO)
Queen Latifah is te sien as Bessie Smith, die legendariese blues-sangeres wat uit niet skielik die musiekwêreld op sy kop gekeer het in die 1920’s en 1930’s.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

7 Days In Hell (HBO)
Dié lagwekkende koggelfliek (mokumentêr) vertel die storie van twee tennissterre (Andy Samberg en Kit Harington) wat sewe dae lank aan een tenniswedstryd deelneem. Dis gebaseer op die 2010 Wimbledon-eindstryd tussen John Isner en Nicolas Mahut wat uiteindelik 11 ure en vyf minute lank (oor drie dae) gespeel het – die langste tenniswedstryd tot dusver.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Muhammed Ali’s Greatest Fight (HBO)
Toe Muhammad Ali geweier het om homself beskikbaar te maak om vir die Viëtnam-oorlog opgeroep te word, het hy die kryt betree met sy grootste opponent ooit: die Amerikaanse regering.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Mike Tyson: Undisputed Truth (HBO)
Hy is ʼn bokslegende, en is ook bekend vir sy manewales buite die bokskryt. Leer ken Mike Tyson in sy eenmanprogram.
Beplande vrystellingsdatum: 1 Desember

Baby Mama
Tina Fey is ʼn suksesvolle sakevrou wat graag kinders wil hê, maar sy is onvrugbaar. Sy gaan ʼn ooreenkoms aan met ʼn onstabiele vroue wat bereid is om haar surrogaat te wees in dié lagwekkende komedie.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Ella Enchanted
Ella (Anne Hathaway) se peetma het haar as kind betower om alles te doen wat iemand vir haar sê, maar dit word ʼn probleem en sy moet van dié vloek ontslae raak.
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

Couples Retreat
Hulle was op soek na ʼn goedkoop tropiese vakansie, maar toe ʼn groep vriende verpligte paartjieberading by ʼn oord moet bywoon, begin allerhande eienaardige dinge in dié romantiese komedie gebeur…
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Wanderlust
ʼn Lighartige komedie oor ʼn stadsjapie-egpaar (Paul Rudd en Jennifer Aniston) sluit aan by ʼn vrygeestige gemeenskap in ʼn poging om hulself te vind en van stres ontslae te raak… maar selfs hippies het probleme.
Beplande vrystellingsdatum: 18 Desember

Kinderprogramme

Barbie: Thumbelina
Barbie vertel die wonderlike storie van Thumbelina, ʼn feetjie wat haar vrees oorwin om maats te maak met ʼn mensemeisie en ʼn woud te red.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

LEGO Jurassic World: Indominus Escape
Die park se wetenskaplikes het ʼn nuwe dinosourus geskep met ʼn yslike aptyt vir warmbrakke. Dit word ʼn probleem wanneer die park nie meer dié lekkerny al hoe minder word…
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

Timmy’s Christmas Surprise
Timmy en sy vriende word vasgekeer in ʼn kleuterskool op Oukersaand. Hulle besluit om sommer hul eie Kersfees te hou.
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Nuwe dokumentêre

Manny
Manny Pacquiao, agt keer wêreldkampioen, is een van die bokswêreld se legendes. Maak kennis met die man en die genie agter die kampioen in dié dokumentêre fliek.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

The Truth About E81-88
Die sportwêreld is propvol mites en samesweringsteorieë. Maar wat daarvan is feit en wat is fiksie? Inverleigh stel ondersoek in oor ʼn reeks stories wat ʼn nuwe perspektief bied oor jou gunstelingsportsoorte.
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

The Hunt (BBC)
Dit is roofdier teenoor prooi in dié wonderlike nuwe natuurreeks, met vertellings deur Sir David Attenborough. Sien die stryd van naderby tussen die natuur se beste jagters en slimste prooi.
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

The Hunt – Making Of (BBC)
The Hunt het ongelooflike natuurtonele, maar hoe is dit verfilm? Kom kyk agter die kameras…
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

Attenborough & Giant Dinosaur (BBC)
Volg Sir David Attenborough na waar die beendere van die grootste dier ooit ontdek word. Dié dokumentêr plaas jou in die spore van ongelooflike dinosourusse.
Beplande vrystellingsdatum: 11 Desember

Fed Up
Hoe erg is die vetsug-epidemie en watter rol speel kosmaatskappye? Hierdie dokumentêr ondersoek die wêreldwye gesondheidsbedreiging van wetgewing en voedselpolitiek.
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

The Best of Top Gear (BBC)
Toe Top Gear in 2002 ʼn nuwe baadjie aangetrek het, het niemand kon raai watter treffer dit sou word nie. Beleef al die drama, malligheid en spoed van voor af.
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Top Gear S9-12 (BBC)
Van skedonkies tot hoe om jou eie limousine te bou – Jeremy, James en Richard is terug met hul manewales en jy word saamgenooi op die rit!
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Top Gear Specials (BBC)
Terwyl stadsjapies bekommerd is as hul sportnutsvoertuie te naby aan die sypaadjie kom, koop die Top Gear-span gebruikte motors en probeer om daarmee oor die Kalahari-woestyn te ry. Malligheid!
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Suid-Afrikaanse vrystellings

Binnelanders S12
Die Binneland-kliniek in Pretoria is die agtergrond vir dié plaaslike sepie wat die verhale vertel van die mediese personeel wat hul pasiënte se lewens red en alles in hul vermoë doen om die seer gesond te maak.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Trouvoete
Ella is slim, suksesvol en kreatief, maar sy is nie so suksesvol in haar verhoudings nie. Louis, ʼn dokter, het dieselfde probleem. Hulle word aanlyn vriende, maar kan dit tot iets meer lei?
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Jan S01 E08 – Weeklikse episodes
Sluit aan by die Michelin-ster sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen, in Nice en reis saam na ʼn Italiaanse dorpie waar hy die inspirasie kry vir sy grenslose kreatiwiteit.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Semi-Soet
ʼn Werkolis sakevrou moet voorgee dat familie vir haar eerste kom wanneer sy ʼn kontrak wil teken. Sy huur ʼn model om voor te gee dat hy haar verloofde is. Maar dit klink net soos ʼn goeie plan…
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Liefling Die Movie
Alles word gedoen vir dié musiekblyspel. Jan het sy oog op die lewenslustige Liefling, maar die noodlot, jaloerse ekse en talle liedjies sweer saam om hulle uitmekaar te hou.
Beplande vrystellingsdatum: 4 Desember

Tussen As en Hoop
ʼn Predikant is verslae ná die dood van sy gesin en hy word ʼn kluisenaar. ʼn Nuwe maatskaplike werker nader hom egter om te help voorkom dat dieselfde siekte, wat sy gesin verwoes het, ook ander tref.
Beplande vrystellingsdatum: 7 Desember

Die Republiek Van Zoid Afrika S2-3
Karen Zoid is terug met nog twee seisoene van uitstekende musiek en wonderlike gaste soos Evita Bezuidenhout, Thuli Madonsela, Leon Schuster, Jack Parow, Marc Lottering en Nik Rabinowitz.
Beplande vrystellingsdatum: 11 Desember

Ons Sprokiesbruilof S1
Betree die sprokieswêreld met dié gewilde realiteitsreeks wat paartjies help om die perfekte troue te reël! Die program word deur Sorina Erasmus aangebied en dit draai alles rondom daardie spesiale dag.
Beplande vrystellingsdatum: 11 Desember

Anderkant die Stilte
ʼn Groep, wat moeg is vir die streng reëls van hul ouetehuis, besluit om ʼn geheime verhoogdrama te reël onder die neuse van die personeel in dié sterbelaaide komedie-drama.
Beplande vrystellingsdatum: 14 Desember

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.