Opwindende reekse en nuwe flieks op Showmax

Gebruik nuwe tegnologie saam met die span van CSI Cyber om misdadigers vas te trek; beleef die emosie en aanpassing ná ʼn verhouding verbreek is saam met Jennifer Aniston en Vince Vaughn in The Breakup; en stap deur die strate van Frankryk saam met Suid-Afrika se enigste Michelinster-sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen in November – net op Showmax! Die reeks The Truth About antwoord ook al jou vrae soos, “Hoekom is suiker sleg vir jou?” “Hoeveel slaap het jy nodig?” en “Is vleis gesond?”

Nuwe reekse

Victoria
Koningin Victoria was een van die grootste monarge in die geskiedenis. Hierdie dramareeks wys dat nie almal wou hê dat sy suksesvol moes wees toe sy as jong meisie gekroon is nie.
Datum van vrystelling: 6 November

 

Superstore S2
Aandag alle Superstore-aanhangers! Daar is ʼn splinternuwe seisoen met lagwekkende gebeure in die werksplek wanneer die span van die Cloud 9-winkel terugkeer.
Datum van vrystelling: 9 November

Code Black S1
By LA County-hospitaal bid jy óf vir ʼn wonderwerk óf jy is besig om een uit te voer in hierdie spanningsvolle en aangrypende mediese drama.
Datum van vrystelling: 13 November

Secrets & Lies
Wanneer ʼn kleuter sterf is die soeklig op gesinsman Ben Crawford. Maar het hy dit gedoen of is hy die teiken van ʼn meedoënlose speurder?
Datum van vrystelling: 20 November

CSI Cyber S1 – S2
Die sterbelaaide span van CSI gebruik virtuele toerusting en bestaande polisiëringsmetodes om die misdadigers aan te keer. Van kuberkrakers tot aksiehelde – hierdie reeks het alles!
Datum van vrystelling: 27 November

Odd Mom Out S1
Jill Weber is reeds ʼn ma wat nie inpas nie. Dan trou sy en beland in ʼn ryk familie – en haar vreemde gedrag is selfs nog meer duidelik tussen al die snobs – dankie tog daarvoor!
Datum van vrystelling: 30 November

Nuwe flieks

Strangerland
Nicole Kidman en Hugo Weaving is die hoofrolspelers in hierdie drama oor ʼn dorp wat op soek is na twee vermiste tieners en ʼn verborge skandaal in hierdie plattelandse Australiese gemeenskap word onthul.
Datum van vrystelling: 30 Oktober

 

The Break-Up
Jennifer Aniston en Vince Vaughn speel in dié komedie oor ʼn paartjie wat se verhouding tot ʼn einde loop, maar nie een van hulle is bereid om hul blyplek prys te gee nie.
Datum van vrystelling: 2 November

The Dictator
Generaal Aladeen het hard gewerk om sy land teen demokrasie te beskerm. Hy reis na New York om ʼn sluipmoordaanval te vermy … maar is New York gereed vir sy malligheid?
Datum van vrystelling: 6 November

Flight
Vlieënier Whip Whitaker red talle mense tydens ʼn tragiese vliegtuigongeluk. Sy dwelm-afhanklikheid en alkoholverslawing dwing hom egter om groot veranderings in sy lewe aan te bring.
Datum van vrystelling: 9 November

Beethoven
Hy was net ʼn klein hondjie toe hy by die gesin opgedaag het, maar Beethoven groei net so vinnig soos sy gesin se liefde vir hom. Almal is dol oor hom, behalwe die Pa. Dié fliek is ʼn klassieke gesinskomedie.
Datum van vrystelling: 9 November

She’s All That
Zach, die ster van die hoërskool, besluit om wraak te neem teen sy eks, ʼn rasieleier. Hy knoop ʼn verhouding aan met een van die skool se briljantjies, Laney. Dié oulike romantiese komedie wys dat jy nie iemand op sy baadjie kan takseer nie.
Datum van vrystelling: 13 November

Les Miserables
Hugh Jackman, Anne Hathaway en Russell Crowe is die hoofrolspelers in dié bekende musiekblyspel waar die lewe en liefde poog om ʼn revolusie te oorleef.
Datum van vrystelling: 16 November

Parkland
Parkland-hospitaal in Dallas is die kernpunt ná John F Kennedy se sluipmoord. Die fliek neem jou op ʼn reis na die hart van die chaos na dié berugte moord.
Datum van vrystelling: 23 November

Bean
Niemand is gereed vir Mr Bean nie, veral nie Amerikaners wat dink hy is ʼn kunskenner nie. Lag lekker saam wanneer Engeland se rampspoedigste uitvoerkommoditeit na die VSA reis.
Datum van vrystelling: 23 November

Out Of Africa
Meryl Streep en Robert Redford is in dié klassieke romantiese drama te sien. ʼn Aristokraat raak verlief op ʼn jagter wat in ʼn anderse wêreld woon …
Datum van vrystelling: 27 November

Valiant
Hy is dalk net ʼn klein duifie, maar Valiant is gereed om teen die Nazi’s te baklei. Sy wens word waar wanneer hy aan ʼn gevaarlike reddingspoging moet deelneem in dié prettige tekenprent.
Datum van vrystelling: 30 November

Nuwe Suid-Afrikaanse reekse

JAN S1 – Nuwe episodes elke week
Hierdie eksklusiewe kosreeks ontdek die werk en wêreld van Suid-Afrika se eerste Michelinster-sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen. Vind uit wat hom en sy ongelooflike skeppings inspireer.
Datum van vrystelling: 30 Oktober

 

iNumber Number
ʼn Bekroonde misdaaddrama oor twee polisiebeamptes wat deur hul korrupte hoofde verkul word en dan Johannesburg se gevaarlike misdaadwêreld betree om die beloning te kry wat hulle meen hulle verdien.
Datum van vrystelling: 2 November

 

Waterfront S1 – nuwe episodes elke week
ʼn Eksklusiewe reeks van kykNET en Showmax: drie susters keer terug na Kaapstad en die gesinsonderneming om seiljagte te bou in dié nuwe dramareeks vol skandale, intrige en romanse.
Datum van vrystelling: 2 November

 

2017 Silwerskerm-versameling – 21 Afrikaanse kortflieks
Van fantasieverhale tot misdaad en grappige komedies – sit gereed om dié versameling Afrikaanse kortflieks te kyk.
Datum van vrystelling: 2 November

 

Boer Soek ʼn Vrou S10 – nuwe episodes weekliks
In die 10de seisoen van hierdie treffer realiteitsreeks keer Minki van der Westhuizen terug om tien boere te help om hul lewensmaats te vind. Nuwe episodes elke week!
Datum van vrystelling: 2 November

 

Getroud Met Rugby S1
Van rugbydrama tot ʼn rugbysepie – hierdie gewilde reeks onthul hoe die lewe lyk vir die familie en vroue van elite rugbyspelers. Verwag liefde, drama, drome en trane.
Datum van vrystelling: 2 November

Mignon Mossie Van Wyk
Mossie is ʼn tienermeisie met ʼn liefdevolle kêrel en ʼn toekoms wat voor haar lê. Die lewe is egter meer ingewikkeld as wat sy gedink het wanneer ʼn nuwe persoon haar wêreld betree.
Datum van vrystelling: 6 November

Sterlopers S2
Roem en rykdom wag vir diegene wat bereid is om daarna te streef. Maar die wêreld is vol rugstekery en verraad in hierdie drama.
Datum van vrystelling: 20 November

Toks En Tjops S3 – 4
Braai en rugby: twee dinge wat vir mekaar gemaak is. Gaste sluit weekliks aan by Toks en die span en hulle gesels om ʼn braaivuur oor die jongste rugbynuus.
Datum van vrystelling: 27 November

Vir die kinders

Disney My Friends Tigger & Pooh S2 S3
Pooh en sy vriende, insluitend Darby en Buster, pak nuwe avonture aan en los allerhande raaisels op.
Datum van vrystelling: 30 Oktober

 

Bob The Builder S19-20
Bob keer terug met sy vaardighede en red ʼn sandkasteelkompetisie, bou ʼn yslike brug en het talle nuwe avonture.
Datum van vrystelling: 2 November

Bob The Builder – Mega Machines
Spring City het ʼn nuwe dam nodig en Bob en die megamasjiene span saam om die grootste dam ooit te bou in dié fliekavontuur.
Datum van vrystelling: 2 November

Disney’s Hannah Montana S1-2
Miley is net ʼn gewone tiener met vriende, skool en familie. Maar baie min weet van haar ander identiteit: die popster Hannah Montana! Kan sy haar geheim bewaar?
Datum van vrystelling: 6 November

Disney’s The Suite Life On Deck S1
Zack en Cody het ʼn nuwe huis – die SS Tipton. Sluit by hulle aan en maak saam nuwe vriende, ontdek nuwe geheime en raak betrokke by allerhande kattekwaad!
Datum van vrystelling: 20 November

Nuwe nie-fiksie reekse

Tyson
Een van die wêreld se beste boksers, Mike Tyson, is ʼn omstrede figuur en hierdie dokumentêr onthul alles. Dit wys ook sy ander kant.
Datum van vrystelling: 2 November

The Real Vikings S1
Hulle was die verskrikking van die antieke wêreld, maar wat weet jy oor die Vikings? Hierdie dokumentêr volg die berugte krygers in hul poging om die Westerse wêreld te oorwin.
Datum van vrystelling: 6 November

 

The Truth About S1 – 9 (EP 73-80)
Waarom is suiker sleg vir jou? Hoeveel slaap het jy nodig? Is vleis gesond? Dit is maar net ʼn paar van die onderwerpe wat in dié wetenskapprogram bespreek word en feit word van fiksie geskei.
Datum van vrystelling: 9 November

Cobain: Montage of Heck
Die storie van Kurt Cobain was nog nooit só persoonlik en vol besonderhede nie. Leer ken die musikale genie van ʼn jong kind tot die musiekgroep wat die wêreld verander het.
Datum van vrystelling: 16 November

Ronaldo
Volg die wêreld se beste sokkerspeler tydens sy 2014/2015-seisoen in hierdie kykie na wat Ronaldo die mens, die vriend, die gesinsman en die kampioen maak.
Datum van vrystelling: 23 November

Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.