‘Ouboet en Wors’ maak plek vir ‘Huis Lelieveld’

Willie Esterhuizen, skrywer en akteur van 'Ouboet en Wors' en 'Huis Lelieveld'. (Foto: Verskaf)

Willie Esterhuizen, skrywer en akteur van ‘Ouboet en Wors’ en ‘Huis Lelieveld’. (Foto: Verskaf)

Al is die einde in sig vir die gewilde Willie Esterhuizen-reeks Ouboet en Wors op kykNET, kan kykers eersdaags voor die kassie inskuif vir ʼn nuwe komedie getiteld Huis Lelieveld. Dié reeks is ook uit Esterhuizen se komediepen.

Ouboet, Yollie, Hendrikkie, Boeboe, Molly en Wors, het die afgelope paar jaar diep in Ouboet en Wors-kykers se harte gekruip. Dié karakters, wat voorheen in reekse soos Orkney snork nie, Vetkoekpaleis en Molly en Wors te sien was, het kykers weekliks vermaak met hul pittige sêgoed en die penaries waarin hulle hulself bevind het. Nuwe karakters soos Gielie en Elvis het ook sommer vinnig ʼn tuiste in kykers se binnekamers gevind.

Die laaste episode van Ouboet en Wors is op 1 April uitgesaai en in hierdie episode het Molly baie slegte nuus gekry en is sy gedwing om nuwe werk te soek. Sy gaan vir ʼn werksonderhoud by Huis Lelieveld en só word sy die nuwe matrone van dié aftreeoord.

Aanhangers van Ouboet en Wors kan dus gerus wees dat hulle nié die laaste van hul gunsteling-karakters gesien het nie, want Huis Lelieveld is kykNET se splinternuwe komedie wat later vanjaar op die kanaal uitgesaai word.

Van die akteurs wat in die rolverdeling te sien sal wees, sluit in Willie Esterhuizen (Wors), Lizz Meiring (Molly), Wynand van Vollenstee (Gielie), Matt Stern en Hèléne Truter.

Hou gerus kykNET, DStv-kanaal 144, se sosiale media platforms dop vir meer nuus oor Huis Lelieveld.

Lizz Meiring en Willie Esterhuizen. Meiring is eersdaags te sien as Molly in 'Huis Lelieveld'. (Foto: Verskaf)

Lizz Meiring en Willie Esterhuizen. Meiring is eersdaags te sien as Molly in ‘Huis Lelieveld’. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wurmpie ·

En waar is Gielie. Mens kan nie sonder hom daarin kyk nie

Opgewonde... ·

Gielie gaan dalk nie meer daar wees nie (of is hy?) maar die akteur (Wynand van Vollenstee) gaan wel daar wees (dus reken ek die “Gielie-karakter” gaan bly.

Asb… moet net nie vir Kaz McFadden uithaal nie!!!

Cheryl ·

Baie opgewonde, Gielie my gunsteling maar mal oor al die ander ook

Nadia ·

ek kan nie daai ouboet en wors kyk nie dis nie vir my so goed nie, ek hoop die een is darm beter! En ek lewe vir afrikaanse sepies/stories maar ouboet en wors doen dit nie vir my nie! Hulle kan gerus Hotel elke dag op die kassie sit :-)

Elana ·

Wys jou hoe smask verskil. NIEMAND in ons kantoor kyk Hotel nie. Almal van ons dink daar is absoluut geen, niks, zero humor daaraan verbonde.

JJ ·

Net as jy van Brannas skoon hou en jou vrou slaan vind jy dié snaaks.

Jackie ·

BAIE, BAIE DANKIE KYKNET & WILLIE en kie!!!!!
EK KAN NIE WAG NIE…

Heksie ·

Molly en Wors laat ons jare al skater van die lag, ja, selfs doerie jare met Vetkoekpaleis, Hester en Ester Bester ens.
Ek geniet julle terdeë!

Catherine ·

Ons sien heel week uit na Ouboet en Wors. So so so jammer dit is nou klaar maar sien uit na volgende Esterhuizen produksie. Don’t stop producing please!!!

Jessie van Niekerk ·

Ek is baie bly geniet dit om te lag. Die wereld is suur en bitter genoeg. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.