Ouer as 40? ‘Die Kliek’ bied ʼn spesiale seisoen vir jou aan!

Jack Parrow, die aanbieder van Die Kliek (Foto: Facebook)

Die gewilde Suid-Afrikaanse maatsoekprogram Die Kliek het onlangs ʼn nuwe seisoen bekendgestel wat nóú daarop sal fokus om vir mense in hul 40’s, 50’s en 60’s liefde te vind.

Dié program, wat voorheen op mans en vroue in hul 20’s en 30’s gemik was, slaan nou vir  ʼn spesiale seisoen ʼn nuwe blaadjie om wat vir mense wat “oud genoeg is om Sonkring en die dae voor Facebook te onthou, maar jonk genoeg is om iemand te ‘poke,’” die geleentheid bied om ʼn pasmaat te soek.

In ʼn video deur VIA-kanaal sê die aanbieder van Die Kliek, Jack Parrow: “As jy in jou vurige veertigs, verruklike vyftigs en stoute sestigs is, is dié seisoen vir jou.”

Die Kliek is ʼn maatsoekprogram waar die vroue in beheer is van die besluitneming, terwyl die mans verskeie take moet doen om hulle te beïndruk. Die mans en vroue word in verskillende vertrekke geplaas en een man word in elke episode gekies om in die kollig geplaas te word.

Die vrou wat deelneem gaan dan deur die mans se sosialemediaprofiele om te probeer uitvind watter tipe mense hulle is, voordat hulle hom ontmoet.

Die vroue kry ook stelselmatig geleentheid om “uit te kliek” wanneer hulle besef hulle stel nie in die man belang nie. Aan die einde van die episode, wanneer daar net ʼn paar vroue oor is, kan die man kies watter vrou hy op ʼn romantiese uitstappie wil neem

Om in te skryf vir dié spesiale seisoen, stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Die Kliek | Enkellopend en ouer as 40?

GROOT NUUS: Enkellopend en ouer as 40? Jack Parow wil jóú help om die liefde van jou lewe te vind met ’n splinternuwe, spesiale weergawe van #DieKliek. As jy in die vurige veertigs, verruklike vyftigs en stoute sestigs is, skryf dan in vir dié seisoen. ????❤️️ Stuur 'n e-pos aan diekliek@gmail.com vir meer inligting.

Posted by VIA TV on Monday, July 23, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leon ·

Drie dekades uit mekaar is bietjie baie, dalk sal dit beter wees om dit oor twee reekse te sprei. Baie manne in die ouderdomsgroep is aktief op sosiale media, miskien is n ander manier van mekaar leer ken beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.