Pad na jou hart-sanger in sepie te sien

Joe Foster en Desiré Gardner op die stel van Binnelanders. Foto: verskaf

Joe Foster en Desiré Gardner op die stel van Binnelanders. Foto: verskaf

Die sanger Joe Foster sal eersdaags gesig wys op die gewilde sepie Binneland. Foster wat eens deel was van die musiekgroep ADAM en deesdae ’n solo-loopbaan volg, gaan as homself in die sepie verskyn waar hy sy eerste enkelsnit Pad na jou hart vir partyjiegangers in Nagskof sal sing.

Die enkelsnit maak ook deel uit van die klankbaan vir die rolprent Pad na jou hart (klik hier om ‘n video van die première van Pad na jou hart te sien waarin Joe en ADAM ook vinnig op die grootskerm te sien is.

Foster sê hoewel dit ʼn wonderlike geleentheid was om op die stel van dié sepie te wees, was hy ietwat op sy senuwees. “ʼn Mens kry baie respek vir akteurs. Dit is glad nie maklik om jouself te speel nie, “ sê Foster.

Al noem hy homself nie ʼn akteur nie, sê Foster dat hy nie ʼn geleentheid om toneel te speel van die hand sal wys nie.

Aanhangers kan vanaf Vrydag 14 Februarie Foster se verskyning in Binneland te wagte wees. Binneland is op kykNET te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.