Pasella-aanbieder gee die ja-woord

mishka patel2

Mishka Patel en haar verloofde, Donovan Loesch. (Foto: Facebook/Donovan Loesch)

Die gewilde aanbieder van die SABC 2-joernaalprogram Pasella, Mishka Patel, is verloof.

Patel, wat ook ʼn model is, het die nuus op sosiale media gedeel. “Ek het ja gesê,” het sy op Instagram geskryf. Sy het ʼn foto waar sy haar verloofde, Donovan Loesch, op die wang soen gedeel saam met die inskrywing. Haar verloofring is duidelik sigbaar.

Loesch het ook nie op hom laat wag om die verlowing aan te kondig nie. “Ses jaar later en vandag het sy ja gesê,” het hy op Facebook gekoer.

Patel (25), wat ook bekend is as motiveringspreker, het vroeër op Instagram gesê sy verkies om besonderhede oor haar verhouding privaat te hou. “Donovan is die man wat my al vir ses jaar ondersteun,” het sy gesê. “Wat my hand vashou deur die beste en die slegste van tye. Die liefde is diep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.