Paul C Venter se nuwe TV-reeks: Knapsekêrels

Paul C. Venter se reekse (onder andere Arende, Torings, Konings, Vlug na Egipte) is met rede gunstelinge onder Suid-Afrikaners, en sy jongste reeks, Knapsekêrels, beloof net soveel intrige en opwinding soos vorige stories uit sy pen.

Dié kykNET-reeks speel in Johannesburg af en handel oor vier uiteenlopende families: die Bekkers, Zimmermans, Davidse en Fortuins leer mekaar noodgedwonge beter ken wanneer ’n lid van elke gesin betrokke raak by ’n jaagtog om oorlewing en bestaansreg in die groot stad.

Skalkie Fortuin en Mynie Bekker werk saam by Interactive Security, en Skalkie kry die geleentheid van ’n leeftyd wanneer hy aangestel word om die welgestelde sakeman Hans Zimmerman se dogter Addie op te pas. Die opdrag is egter nie naastenby so eenvoudig soos dit klink nie.

Bekendes soos Dawid Minnaar, Christia Visser, Armand Aucamp, André Odendaal, Sandi Schulz en Terrence Bridgett is in die uurlange episodes te sien. Maak seker jy mis nie ’n oomblik van die aksie nie: daar is weekliks ’n nuwe episode op Showmax.

Knapsekêrels is vanaf 10 Januarie beskikbaar op Showmax met nuwe episodes elke Woensdag.

 

Oor Showmax
Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.