Paul C. Venter se Vlug na Egipte op die kassie te sien

Rolanda Marais is te sien in die nuwe televisiereeks Vlug na Egipte. Foto: Verskaf

Rolanda Marais is te sien in die nuwe televisiereeks Vlug na Egipte. Foto: Verskaf

Paul C. Venter, bekend vir immergewilde televisiereekse soos Konings, Torings en Arende, se splinternuwe dramareeks Vlug na Egipte begin vanaand op kykNET.

Dié storie speel af op ʼn tipiese Karoo-dorpie genaamd Breipaal en vertel die storie van die Haasbroek-gesin van Pretoria – die nuwe intrekkers (“Inkommers”) in die dorp. Hulle het aanvanklik net een doel voor oë: Om weg te kom uit Pretoria, weg van die nasleep van ʼn hewig-traumatiese ervaring. Getrou aan die hedendaagse neiging glo hulle dis op die platteland waar hulle rus vir hulle siel sal kry. Hulle vlug uit die stad se geroesemoes byna soos Josef, Maria en die Kind van chaos af weggevlug het Egipte toe. Dit word as ‘t ware die Haasbroeke se Vlug na Egipte, ook na analogie van Rembrandt se gelyknamige skildery (wat ʼn eksentrieke inwoner met verf en kwas maar taamlik vrotterig probeer nadoen).

Marcel Schoeman, Leandie du Randt, Rolanda Marais, Marion Holm, Louis van Niekerk, Eric Nobs en Richard van der Westhuizen is slegs ʼn paar van die akteurs wat in die reeks van 13 episodes te sien is.

Vlug na Egipte is vanaf 13 Januarie om 20:30 op kykNET (kanaal 144 op DStv) te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Illa ·

Het gisteraand die eerste episode gekyk en my nuuskierigheid is geprikkel. Nes ‘n wafferse karooliet sien ek uit daarna om die skinderstories oor almal se verledes te hoor! Ek bekommer my al klaar oor wat die donkie-taxi eienaar en klinieksuster in die mou voer. Ek het saam met Rooikappie ‘n traan weggepik en ai man, ek weet sommer – hierdie gaan ‘n lekker storie wees! Dankie Paul C Venter, ek sien uit na my weeklikse ontmoeting met die mense op die Paal.

mauritz ·

Hoe kan ek volledige snitte van veral die koor musiek wat aan di einde van elke episode gespeel word, bekom asb…
Bel my by 0721521224

Frikkie Erasmus ·

Ek sou graag die naam van die liedjie aan die einde van die episode van 10 Mei wou kry asook wie dit sing . Sou dit moontlik wees om dit op te spoor op Youtube ? Puik ontspannings reeks . Dankie ek geniet dit BAIE .

Elize ·

Soek “Les Javan” op YouTube vir daardie musiek. Al die liedjies wat die episodes afgesluit het, is daar. Pragtig!

PERCY STEVENS ·

Is die musiek al beskikbaar van veral die Hanover Gemeensskaps koor

careen rossouw ·

Mienka kon jy al die musiek opspoor? Ek is ook op soek daarna

careen rossouw ·

Is CD al beskikbaar (Hanover Gemeenskapskoor) “……die Here het kom kuier maar daars niemand by die huis ” en ander temamusiek

Gerrie van Wyk ·

Ek sien dat daar reeds ‘n CD met die lidjies beskikbaar is. Kan iemand my asb inlig by watter winkels dit beskikbaar is. Ek is mal oor onder andere “Die Here het kom kuier….”

Chantelle ·

Op die einde van Episode 9 sing n koor n baie snaakse liedjie van “die Here kom maar daar is niemand by die huis” waar kan ek hom kry?

Denise ·

Die temalied van Vlug na Egipte en die Hannover gemeenskap koor is FANTASTIES!!!!!!!
Waar kan ek hierdie musiek kry??

Marietjie ·

Die beste dramareeks wat nog op Kyknet uitgesaai is! Die manuskrip, die akteurs se weergawe van elke emosie en situasie is uitstekend lewensgetrou weergegee. Elke akteur pas perfek in die rol wat hy vertolk. Dis opreg, aards op die man af, en die taalgebruik oorspronklike en uniek. Dit bevat lewensgetroue waarhede – lag met n traan. Absoluut PUIK!
Sien uit na n opvolg, en nog meer sulke publikasies.

Lizette ·

Ek het d reeks ongelukkig nie van die begin af gekyk nie. Kan iemand my sê wat die verbintenis is tussen Tony Fifaz en Roulien

Paul Gerber ·

In 30+ jaar het ek nog geen tv reeks, afrikaans/engels/plaaslik of internationaal gesien waar al die rolspelers sterre op hul eie is, waar rou emosies so eerlik in die gesigte gesien kan word soos in hierdie reeks nie. GELUK, mag dit so voortgaan. Paul.

Willem ·

Stringe mense wat vra waar hulle die koor se musiek kan kry maar nerens ‘n antwoord daarop nie. Kan IEMAND asb. vir ons se waar kry ons die musiek en of daar wel ‘n CD gemaak is. Is daar nie iets soos ‘n toerisme-kantoor of Munisipale woordvoerder op Hanover nie? Wat van die vervaardigers van die reeks? Asb. Enige iemand. Antwoord asb die baie vrae oor waar kan ons die musiek kry. Dit kan mos nie soooo moeilik wees nie. Ek wil dit nie verniet he nie maar wil graag die CD koop – as daar een gemaak is!

Colleen van Vuuren ·

Ek sal ook graag wil weet wat die verbintenis tussen Tony Fivaz en Roelien is asseblief en hoe sy vigs opgedoen het.
Baie dankie,
Colleen

Sune van Heerden ·

Dagsê

Baie dankie vir al julle kommentaar! Maroela Media het met die vervaardigers van die reeks gesels, maar daar is ongelukkig nog nie ‘n klankbaan beskikbaar nie. Ons het hulle laat weet dat die aanvraag baie groot is daarna. Ons sal julle laat weet sodra ‘n klankbaan uitgereik word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Japie Smit ·

Ek soek ook die koor se musiek. Groot asseblief iemand help!!!!!

Tessa Smit ·

Puik TV reeks en beste akteurs! Klankbaan en Hanover gemeenskap koor uitmuntend laat weet as dit vrygestel word

anlerie truter ·

Soek ook asb die musiek, veral van die Here het kom kuier, maar daar’s niemand by die huis. Laat weet asb wanneer beskikbaar is

ingrid liebenberg ·

I echo every single comment posted. This is THE best local series ever. I too would like to buy a CD of all the music at the end of the episodes. Some of the proceeds could go back into the community. Hanover gemeenskapskoor could also benefit from publicity.
Thank you maroela media. Please we need more of this. Top quality actors, music, production and PROUDLY SOUTH AFRICAN

Ronel Boshoff ·

Dis die bes afrikaans sprekende Tv verhaal wat ek nog beleef het in my tyd, die taal, die saamekoms van mense op so afgelee dorpie is so op die kop…. ek kan nie wag vir die volgende uitsending nie. Dis so oe en aa vir mense om op TV te hoor en sien maar dis hoe dit is, en dis hoe dit werk…. op die paal. Mr Venter veras ons asb met nog so stukkie liefde in die toekoms. BRAVO vir vlug en terug na Egipte

Ampie van Vuuren ·

Ons sal baie graag die liedjies wat deur die Hanover Gemeenskapskoor gesing word in die drama Vlug en Terug na Egipte wil bekom. Waar is dit beskikbaar of bekombaar.

Marna Britz ·

Het julle al die klankbaan uitgereik van die Hanover Gemeenskapskoor wat sing op Terug na Egipte Baie Dankie

Marna britz ·

Aaassssbbb. Maroela Media kan julle asb die Musiek beskikbaar stel op cd van a Terug na Egipte dis die mooiste woorde en word aangrypend mooi gesing deur die
Hanover Gemeenskapskoor asb kyk of julle nie kan iets bewimpel baie Dankie

Mattewis ·

Is Vlug na Egipte / Terug na Egipte al in boekvorm beskikbaar? Ek sal voor in die ry staan om een te gaan koop, die verhaal is so fantasties!

johann van emmenis ·

soek musiek cd van Hanover Gemeenskapskoor, waar kry ek dit?

Ina Hamman ·

Ek is ook opsoek na die klankbaan van Vlug na Egipte sowel as Terug na Egipte. Dis werklik aangrypend! Hanover Gemeenskapskoor julle het in my hart geklim.

Ina Hamman ·

Ek is ook opsoek na die musiek van Vlug na Egipte sowel as Terug na Egipte. Dis werklik aangrypend! Hanover Gemeenskapskoor julle het in my hart geklim.

Carlien Grobbelaar ·

Ja asseblief-wanneer word die klankbaan uitgereik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.