Pendoring bekroon beste reklame én vier 21 jaar

Elvis Blue (Foto: Verskaf)

Elvis Blue (Foto: Verskaf)

Die keur van die Suid-Afrikaanse reklamebedryf word op 28 Oktober op die Pendoring-prysaand by Vodacom World in Midrand vereer. Pendoring se 21ste bestaansjaar word ook by dié geleentheid gevier.

Franette Klerck, Pendoring-hoofbestuurder, sê benewens talle ander mylpale is die organisasie veral trots daarop dat hy vanjaar talle inskrywings in Afrika-tale gelok het, met Zoeloe-inskrywings wat die septer swaai, gevolg deur Xhosa- en Sotho-inskrywings.

Sy het aangedui dat dié 21ste Pendoring-prysaand met swier gevier gaan word. “Geen moeite is vanjaar ontsien om die heuglikste bekroningsaand in Pendoring se geskiedenis aan te bied nie. Van die oorhandiging van die trofeë aan die land se top-reklameskeppers tot die vermaak, vyfster-ete, geborgde drank, geskenke, en laataand-makietie ná die verrigtinge is met die grootste sorg beplan,” het sy gesê.

Schalk Bezuidenhout en Rozanne McKenzie tree vanjaar as gasheer en -vrou op. Elvis Blue, Code Red Drum Corps én ʼn verrassingskunstenaar gaan sorg vir hope vermaak.

Kaartjies kos R900 per persoon en sluit ’n verwelkomingsdrankie, driegangmaaltyd, wyn, mineraalwater, vermaak, geskenke en ’n opskop ná die tyd in. Studente ontvang 25%-afslag op kaartjies.

Bespreek nou jou plek by Corrie le Roux deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of 011 880 520 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.