Plaaslike reekse is vandeesmaand die hoogtepunte op Showmax

Tali’s Wedding Diary, wat in Desember vrygestel is, is tot dusver Showmax se mees suksesvolle program met die meeste persone wat dit op die eerste dag gekyk het – meer as enige vorige program. Om dit in perspektief te stel: vier keer meer mense het op die eerste dag Tali’s Wedding Diary gekyk, as die vrystelling van Game of Thrones se sewende seisoen.

Volgens Showmax is dit ʼn teken dat kykers uitgehonger is vir goeie plaaslike inhoud.

Daar is gelukkig ʼn groot hoeveelheid Suid-Afrikaanse inhoud en programme wat in Afrika afspeel wat in Januarie op Showmax vrygestel is.

Jungle Beat S1 & 2
Van ʼn kameelperd wat hoogtevrees het tot ʼn by wat vir stuifmeel allergies is, hierdie groepie diere is ʼn vreemde klomp! Sunrise Productions se kinder-tekenprent het al elf internasionale toekennings ingepalm en dit was ook ʼn treffer op YouTube, met meer as 37 miljoen persone wat dit gekyk het. Kyk dié reeks nou op Showmax.

Call the Midwife, Season 6 Christmas Special
Dié program is gebaseer op Jennifer Worth se topverkoper-gedenkskrifte en is verlede jaar aangewys as die Beste 21ste eeuse TV-drama by die BFI en Radio Times TV Festival. Dié Bafta-bekroonde televisiedrama handel oor ʼn groep vroedvroue in die 50’s en 60’s en die sesde seisoen, ʼn spesiale Kersfees-uitgawe, is in Suid-Afrika verfilm. Die Nonnatus House-familie reageer op ʼn noodroep van ʼn sendinghospitaal in die Oos-Kaap. Kyk die reeks nou op Showmax.

Point of Order
Dié reeks word geïnspireer deur die manewales in die Suid-Afrikaanse parlement. Point of Order is ʼn paneelgesprek-televisiereeks waar Suid-Afrika se topkomediante en spesiale bekende gaste oor die politiek gesels. Point of Order het die 2017 Safta-toekenning gekry vir beste speletjiesprogram en is ook genomineer vir die beste televisieaanbieder (Tumi Morake). Dit word vervaardig deur Both Worlds, bekend vir ZANews se Puppet Nation wat twee keer vir die internasionale Emmy-toekenning benoem is. Kyk die reeks nou op Showmax.

Umkhungo
ʼn Straatboef red ʼn weeskind in die stad en ontdek dan die seun het vreemde buitengewone magte. Umkhungo, met die regie behartig deur Matthew Jankes, het in 2013 die Safta-toekenning gewen vir die beste korfliek en is ook gekies as die Kortfliek van die week en was ook een van Vimeo-personeel se gunstelinge. Kyk die reeks nou op Showmax.

Jozi (beskikbaar vanaf 25 Januarie 2018)
James (Carl Beukes) is ʼn komediant in Johannesburg wat sy sin van humor verloor het. Die regie word behartig deur Craig Freimond (Material, Beyond the River) en Jozi is genomineer vir ses Safta-toekennings, met Lionel Newton wat die toekenning ontvang het vir beste byspeler. Kyk die reeks nou op Showmax.

Elders: Die Camino
Elders, die topverkoper Afrikaanse boek oor die Camino-pelgrimstog in Spanje deur skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, is die inspirasie agter dié reeks wat tans op kykNET uitgesaai word. Die episodes is die volgende dag beskikbaar op Showmax, met Engelse byskrifte. Kyk die reeks nou op Showmax.

Buurtwag S1
ʼn Groep bure vorm ʼn buurtwag ná ʼn reeks misdade hulle tot aksie gedwing het. Deon Lotz is in 2017 genomineer vir ʼn Safta-toekenning vir sy rol in Buurtwat – sy derde nominasie in daardie jaar. Kyk die reeks nou op Showmax.

Reekse wat in Afrika afspeel

Planet Earth S1
Dié reeks, wat oor vyf jaar verfilm is, was in daardie stadium die duurste natuurreeks wat ooit deur die BBC vervaardig is. Die bekende sir David Attenborough is die verteller en die reeks het vier Emmy-toekennings ontvang. Nóg natuurreekse op Showmax is African Safari en Enchanted Kingdom. Kyk die reekse nou op Showmax.

Shooting Dogs
ʼn Uitgeputte priester (Oscar-genomineerde John Hurt) en ʼn idealistiese onderwyser (Emmy-genomineerde Hugh Dancy) bevind hulself in die middel van die Rwandese volksmoord in 1994. Hulle moet besluit of hulle na veiligheid gaan vlug en of hulle by die duisende Tutsi’s gaan bly wat binnekort tydens ʼn bloedbad vermoor gaan word. Shooting Dogs is gebaseer op ʼn ware verhaal en is vir ʼn Bafta-toekenning genomineer. Dit het die eerste prys ontvang by die Heartland Film Festival. Kyk die fliek nou op Showmax.

Black Hawk Down
Dié fliek is die Amerikaanse perspektief van die rampspoedige Amerikaanse poging om ʼn “oorlogskrimineel” in Somalië aan te keer – wat tot die Slag van Mogadisjoe gelei het. Ridley Scott het die regie behartig met Ewan McGregor en Josh Hartnett in die hoofrolle. Kyk die fliek nou op Showmax.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.