‘Project Runway SA’ binnekort op die kassie

Aanbieder Lerato Kganyago mentor Gert-Johan Coetzee en beoordeelaars Noni Gasa en Rahim Rawiee, Project Runway SA (Foto: www.dstv.com)

Die soektog na Suid-Afrika se beste modeontwerper is hier.

Die bekende televisieprogram Project Runway kom Suid-Afrika toe en die eerste episode word op Donderdag 10 Julie op Mzanzi Magic, kanaal 161, uitgesaai.

Kreatiwiteit, spanning en drama kan verwag word in dié nuwe program terwyl aspirant- modeontwerpers teen mekaar meeding om die perfekte loopplank-kledingstukke bymekaar te sit, en dit met beperkte tyd, materiaal en ʼn tema.

Die bekende modeontwerper Gert-Johan Coetzee sal as mentor optree vir die deelnemers, terwyl die ontwerpe beoordeel sal word deur die plaaslike mode-ghoeroes Noni Gasa en Rahim Rawiee, tesame met een gasbeoordelaar elke episode. Ontwerpers word uitgestem tot een koning kraai en die groot prys wen.

Die wenner van die kompetisie sal die geleentheid kry om sy of haar ontwerpe ten toon te stel by ʼn “pop-up”-geleentheid vir die ELLE Africa-versamelings, waar die wenner sal wegstap met as prys ʼn reis na die Paryse modeweek vir die legendariese lente/somer vertoning in Februarie 2019.

Die wenner sal ook bykomende pryse ter waarde van R1 miljoen ontvang.

“Ons is opgewonde om die nuwe tuiste te wees vir Project Runway SA,” het M-Net se direkteur van plaaslike vermaak, Reneilwe Sema, gesê. “Die program sal ʼn bietjie variasie bring en ons hoop die kykers tuis gaan ons deelnemers se plaaslike siening oor wat die jongste modeneiging is, geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Kan nie wag nie. Eks absoluut verslaaf aan Project Runway.

E.K. die eerste ·

Hopelik nie so swak soos My Kitchen Rules SA en Survivor SA nie… ek het min hoop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.