Rasgeweld in sepie skok

Sechaba Moloi-Matabane vertolk deur Motlatse Mafatshe (Foto: Facebook)

Aanhangers van die gewilde SABC 3-sepie Isidingo is hewig ontsteld nadat dié sepie die afgelope week ʼn episode uitgesaai het waarin twee wit Afrikaanse mans ʼn swart man aanval en lewend begrawe.

In ʼn episode wat verlede Woensdag uitgesaai is, het dié twee mans die karakter Sechaba Moloi-Matabane ʼn “bobbejaan” genoem nadat hy hul eiendom betree het.

Sechaba (gespeel deur Motlatse Mafatshe) se karakter besoek sy pa se graf voor hy deur die wit mans op hul eiendom betrap word.

Hulle noem hom dan ʼn “bobbejaan”, slaan hom en begrawe hom lewend.

Meer as 1 000 aanhangers het hul stem by dié debat oor rassisme op Facebook gevoeg. Aanhangers se reaksie oor die kwessie was gemeng, met sommige wat die sepie prys omdat hy nie wegskram van “regte kwessies” nie, en ander wat die skrywers en vervaardigers veroordeel vir dié besluit.

Volgens Sumaya Petersen Mogola, woordvoerder van die sepie, was dit egter vir die skrywers belangrik om “belangrike kwessies waarmee ons daagliks in Suid-Afrika te doen het” aan te pak.

“Dit is iets waaroor ons moet praat, omdat ons rassisme elke dag in die gesig staar,” verduidelik Petersen Mogola. “Dit maak nie saak of jy wit of swart is nie, almal word steeds deur rassisme geraak en dit help nie ons skram weg van die kwessie nie.

Die mans wat Sechaba Moloi-Matabane aangeval en begrawe het (Foto: Facebook)

“In die verlede kon ons al suksesvol daarin slaag om ander kwessies te takel soos verkragting en geweld, maar dit was dié keer belangrik om rassisme ook te bespreek – en dan ook om ʼn storielyn te skryf soortgelyk aan ʼn voorval wat al in Suid-Afrika plaasgevind het.”

Petersen Mogola verwys na Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk en hom lewend wou begrawe. Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla en sal van 26 tot 29 Junie verhoor word.

Dié fiktiewe storielyn sal later op ʼn meer gematigde wyse hervat word. “Die karakter Matlala moet besluit of hy wraak wil neem op die mense wat Sechaba seergemaak het. Niks soortgelyks gaan gebeur nie, maar die kwessie gaan verder bespreek word.”

Petersen Mogola sê die vervaardigers en skrywers is tot dusver gelukkig oor die “gemengde reaksie” wat hulle ontvang het ná die episode uitgesaai is.

Sy kon nie bevestig of sommige kykers Isidingo by die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) verkla het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Onbekend ·

Ek hoop Isidingo wys ook n paar plaasmoorde sodat die ander kant van die lewe wat soveel meer is gesien kan word!!

Gavin ·

Ek wou dit ook nou net noem. Bulle like ons wilttes as skurke te veroordeel

Hester ·

Ja asb plaas aanvalle en verminking van lewende vee soos op Parys die naweek. Dit is ook mos realiteit wat in die land plaasvind. Die skrywer gaan seker sê dit is te wreed dit kan nie uitgesaai word nie.

Belkie ·

Onbekend – ek stem 100% saam met jou. Die oomblik wanneer EEN swartman leed aangedoen word, word die hele ding uit verband uitgeruk. Ja, waarom het die regisseur van Isidingo nie ‘n PLAASMOORD gebruik as voorbeeld nie. Slu regisseur hy het hiermee bereik wat hy wou.

Annelize ·

Wou ek ook se. Hoop daar is binnekort ‘n storielyn met swart op wit rassisme en ‘n plaasmoord word ook so “mooi” uitgebeeld. Dis NET SO ‘n “regte kwessie” en hoop nie die skrywers en vervaardigers van Isidingo sal daarvan wegskram nie.

Loeis ·

Presies! ‘n Woordvoerder, ene Mogola, noem bg ‘n uitbeelding van “…kwessies waarmee ons daagliks in Suid-Afrika te doen het”.

Soos enigiemand met ‘n IK bo 40 kan sien, het Mogola duidelik ‘n taamlike realisteitscheck nodig! Maar, helaas, die media sal nie so polities verkeerd wees om blanke boere as die slagoffer uit te beeld nie. Wil iemand stry?

Pieter ·

Ja asb, wys ons hoe n 6 jarige wit dogtertjie doodgeskiet word, hoe n wit tannie van 70 verkrag word en saam haar man in n vrieskas geprop word, wys ons, wys ons asb!!! Ja right, asof dit ooit sal gebeur. Isidingo en die gespuis wat die sepie bestuur se apartheids onderok hang tot oor hulle skoene uit!

Dis pateties ·

Die punt is hy is nie geslaan en lewend begrawe nie so julle soek nou vir nonsens! Wat van as Binnelanders elke aand wys hoe swartes wit boere martel en vermoor, want hoekom moet ons van die realiteit wegskram??. Terwyl julle nou so op realiteite wil konsentreer, wys asb die swart op wit aanvalle dan ook in julle sepies!! Sommer ook die wit dokter wat die naweek deur swartes deur altwee sy bene geskiet is .. Pateties!!

Randie Tribelhorn ·

TOTAAL ONAANVAARBAAR. Redes gegee vir die vefilming en uitsaai van die snert is belaglik. Dis BLATANTE RASSISTIESE OPSWEPING in sy suiwerste vorm. Waar is dan episodes van die gruwel plaasmoorde of swart op swart bende gruwels.

Julia ·

Ek dink dit blaas rassehaat asn en weereens word wittes as geweldenaars uitgewys. Maar ja, plaasmoorde op bejaardes en blankes al nooit in sepies aangeraak word nie.

Gavin ·

Almal is siek en sat vir die manier wat hulle ons wittes uitbuit as skurke. Maar as n mens na zuma luister verbaas dit my nie. Plaas dat hulle help om almal rustig te maak por hulle rasse geweld aan. Die skrywers is pateties. Hulle verloor die plot heeltemal. Nes op 7de laan.

Anti-Rassis ·

Hoop hulle gaan ook die kriminele optogte in hulle draaiboek inskryf. Veral hoe groot mense kinders uit skole gaan haal om te protesteer en hulle baie mooi leer om alles om hulle te verwoes, vernietig en steel. Alles onder ‘n dekmantel, met al die leuens en bedrog wat daarmee saamgaan.

koos ·

Hoekom krap julle waar dit nie juk nie?
Jylle weet wat die reaksie was van die geval wat in die werklikheid so n voorval was
Hier is genoeg van die tipe goed wat petrol op die vuur gooi
Julle is met een woord pateties en kan bly wees as daar nie reperkussies van hierdie onsmaaklike ding gaan kom nie Sies vir julle dis vlak!!!!

Trudie ·

Ek het nie woorde vir dit wat nou met ons wit mense gebeur nie.. ek kry nie die woorde nie

Suzette ·

Kom ons blaas rassehaat nog verder aan! Watse nonsens is dit? Dog ons probeer vrede en harmo ie skep! Ek is skoon opgewerk oor die kortsigtigheid vd skrywers. Wat van ‘n plaasmoord of twee….. net om balans te skep? Dik vir mense wat die rassekaart speel. En dit gebruik en misbruik om mense se emosies op te sweep. Regtig waar!!!!

Lettie ·

Ek is teleurgesteld en weier om Isidingo verder te kyk. Gooi verder olie op die vuur, asof daar nie genoeg rassehaat is nie. Ou mense word vermoor, plaasmoorde is aan die orde van die dag, en so kan ons aangaan. Gaan die storielyne ook uitgesaai word? Seker nie. Die blankes word mos altyd uitgebeeld as die skuldiges. Sies man!! Die storielyn is ongevraagd. Dit wakker haat aan teenoor ons as blankes.

Willie ·

Ek wil asb my klagte hier byvoeg oor die betrokke episode:
Die indruk word geskep dat sulke optrede van boere teenoor swart mense die REEL is en nie die UITSONDERING is nie. Dis eenvoudig net om rasse haat in SA aan te blaas. Die aanbieders en vervaardigers van Isidingo behoort van rassisme aangekla en vervolg te word. Adv Gerrie Nel & Afriforum – roer hulle asb tot in die hoogste hof.

Verder vra ek ook die vraag: Hoekom word NOOIT gewys hoe blankes geroof, besteel en wreed op plase gemartel en vermoor nie?? SA samelewing word mislei deur die liberale media wat altyd net uitwys wanneer wit teenoor swart optree. Nooit objektief nie!

Cathy Du Plessis ·

Dis waar Willie. Dan wys hulle ook ie wat die REDE is waarom die wit boere die swartes in n kis druk nie. Hulle wys nie en se nie dat die boere hulle op heterdaad betrap oortree nie en moeg is omdat die polisie niks aan die kriminele dade op plase doen nie. Daarom tree boere op teen misdadigers wat hulle op heter daad betrap. Noem dit ook sommer in die volgende episode.

Marcia ·

Seker gebasseer op die werklike gebeure so tyd gelede… die nonsens van filmmakers moet stop.. ek voel dit blaas rassehaat aan.. as dit dan moet.. publiseer sommer die plaasmoorde en die geweld daaraan betrokke!!!!

Annatjie Kruger ·

Moet sê my eerste gedagte was ook, maar wat van al die plaasmoorde. Daar was beslis meer plaasmoorde waar swart mense, boere en plaaswerkers vermoor, as wat daar voorvalle soos hierdie was. Maar natuurlik sal dit geignoreer word, want dan moet hulle erken dat swart op wit aanvalle meer gereeld voorkom.

VERITAS ·

Ek het regtig nie gedink daar is iemand wat na dié gemors kyk nie. Weereens verkeerd bewys deur sommige van die ‘kommin-tare’ hier.

JC ·

Opstokery!! Veral as jy in ag neem wie is oorwegend hulle kykers… alledaagse voorvalle se voet…

Maureen ·

Sit ‘n ou tannie van oor die 70 in ‘n toneel, dan vat julle ‘n paar plaasaanvallers (nie wittes nie) dan gee julle vir hulle ‘n boor en beeld die toneel uit waar hulle haar martel en met ‘n boor in haar kop in boor!!!!! Kom ons kyk hoeveel reaksie kry julle DAN uit julle snert sepie! Ek is keelvol vir die rassisme wat teenoor die wittes elke dekselse dag afgedwing word! Ek pak ook sommer my goed en gaan oorsee. 1.7 miljoen wittes en swartes het saam gaan bid by “Its Time” nou kom krap julle WEER waar dit nie juk nie. Ongeag of daai man dalk ‘n moordenaar was wat op daai plaas in ‘n kus gedreig was. . . . hulle het hom nie vermoor nie, hulle het hom nie gemartel nie. Julle maak die Boere keelvol en dis hkm hulle reg in eie hande begin neem!

Vicky ·

Nooit ooit weer kyk ek Isidingo. Dit was SO skokkend. Hoekom dit nou in ñ storie inbring???? Sulke dinge maak dat rassisme altyd deel van ons lewe sal wees. Sechaba was vir my ñ oulike karakter, ja ek is blank, maar dit was so onnodig wat SABC3 uitgesaai het. Uiters swak. Ek betaal ook nie verder TV lisensie vir sulke gemors.

foxi ·

Blatante aansporing om witte meer in n swak lig te stel. Baie mense het niks tussen die ore nie en gaan dit verkeerd verstaan. Hemel tog…mens sal sweer die wittes is die wreedste nasie in die wereld soos dit nou aangaan. Hierdie snert gee nog net n meer bitter smaak in die mond.
Dit sal aanhou en aanhou totdat die pot oorkook. Baie mense se tande is al afgekners deur hierdie onregverdigheid wat in hierdie land nou aangaan. Dit is logies dat dit nou n sielkundige probleem veroorsaak tussen mense………

katryn ·

wat my pla is die feit dat daar wit akteurs was wat ingestem het om die werk te doen. Hulle is of BAIE betaal of hulle is BAIE stupid. Blanke akteurs moet darem bietjie verder dink en nie deel wees van die aanhitsing en verdeling nie.

foxi ·

Katryn…geld is n euwel! Daar is nie werk nie en mense sal net vat wat hulle kan kry, of dit nou in n slegte lig is of nie. Om te oorleef het n tragiese siekte geword! Hoe beplan n gewone man in die straat n toekoms vir sy kinders as daar nie werk is nie. As jy nie vir jou oudag voorbereidings gedoen het nie en nie voorsiening vir jou kinders gemaak het nie, is jy in n doodloopstraat. Nie almal is met goue lepels in die mond gebore nie. Ek is seker daarvan dat baie wittes saam met die swartes sal saamwerk as hulle net n kans gegun word. So, werk is werk!

Genoeg ·

Waar is Afriforum? Dis absoluut onaanvaarbaar dat enige sepie sulke haat aan hits. Hulle behoort van beter te weet. Petersen en die vervaardigers is nie bewus van enige klagtes wat aangemeld is by die uitsaai kommissie nie? Raai wat ek sit vandag my klagte in

Pierre ·

Julle moet aangaan om die Wittes van alles te beskuldig, eendag is eendag wat ons genoeg gehad het en dan gaan die 5tr0nt behoorlik spat…. gaan net aan!!!

wielie ·

Al gesien op TV, advertensies of Afrikaanse fliek, is die inbreeker of booswig n wit man met n bellaklawa ……. let bietjie op.

Francis ·

Ja hoeveel mense word ni Elke dag vermoor ni als word toegesmeer maar gebeur iets met een van hul Dan is dit nag dalk moet ons soos hul begin optree as daar n plaasmoord was

Surita ·

Snaaks hoe vinnig beeld hulle rassisme uit as die witman se probleem, wanneer gaan hulle n plaasmoord , of n kaping of n oumens wat verkrag word deur swart mans inskryf aangesien hulle se hulle beeld die realiteit uit van waarmee obs te doen het daagliks, nie net 1 uitsonderlike geval waarby witmans betrokke is nie. So blaas hulle rasisme en rassehaat net aan. Dit is blatante rassisme om die witman in n swak lig te stel. Snaaks dat net witmense rassisteviscalhoewel die teendeel daagliks bewys word dat die grootste moordenaars en rassiste se velle nie wit is nie.

Sharon ·

Wat van Plaasmoorde? is dit nie ook ‘n kwessie waarmee ons elke dag mee moet saamleef in hierdie land nie? Wrede, Geweldadige, bloeddige aanvalle op plaasboere en die lyding wat hulle moet verduur? Belaglik!!!

OUMA ·

Wie skryf die draaiboek? Daardie persoon behoort vervolg te word. Ons het nie sulke stories nodig om gevoelens nog verder op te sweep nie. Dit blaas absoluut rassehaat aan!

Cathy Du Plessis ·

Aangesien Isidingo dink dit is nodig om rassisme en die gebeure rondom dit in die storie te skryf, verwag ons om in die volgende paar episodes ook van die ware rassisme te sien soos bv. die moorde van boere en hul gesinne, die verkragtings op wit vroue en kinders gedurende die plundering, klein WIt kindertjies van 2 wat lewend gebrand word of verkrag word, die wrede maniere waarop al die bogenoemde plaasvind en oor klein kindertjies wat bo op hul ouers se verminkte lywe neergesit word en die 92 jarige WIT ou tannies wat so verkrag, geslaan en vermoor word. Ons verwag om dit oor die vilgende paar weke ook op Isidingo te sien want DIT is die waarheid oor rassisme en DIT moet wereldwyd versprei word. So komaan Isidingo, julle wil so graag die waarheid versprei. Nou hierdie bogenoemde is die waarheiden ons verwag om dit op Isidingo te sien die volgende paar weke, omdat een episode heeltemal te min is om alle bogenoemde op te wys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.