‘Raymond’ se ma oorlede

Doris-Roberts

Doris Roberts. Foto: en.wikipedia.org

Die Amerikaanse aktrise Doris Roberts (90) is Sondagoggend in Los Angeles in die VSA dood. Volgens berigte is sy in haar slaap aan natuurlike oorsake dood.

Roberts was veral bekend vir haar rol in Everybody Loves Raymond, ʼn komiese televisiereeks wat in die VSA vervaardig is.

Roberts se karakter was veral geliefd omdat sy mense laat skater het met haar karakter, Marie Barone – ʼn ma wat haar kinders nie veel ruimte gelaat het nie. Dit was veral Raymond se vrou, Debra (vertolk deur Patricia Heaton), wat deurgeloop het en wat omtrent haar tong moes byt met dié skoonma van haar.

“Dis die einde van ʼn era. My wonderlike televisie-skoonma en vyand was absoluut professioneel en ek het só baie by haar geleer. Sy was snaaks én sterk en lief vir die lewe,” het Heaton op Twitter gesê.

Roberts het verskeie toekennings vir dié rol ontvang en sal volgens haar mede-akteurs gemis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ekwilibrium ·

Oi, julle vergeet haar fantastiese rol as Mildred in Remington Steele! Die boeretannies was in die ’80’s vasgenael voor die TV-skerm as Pierce Brosnan sy verskyning maak, my geliefde moeder ook…

Tiger ·

So jammer om dit te hoor!Ai hulle kan enigetyd Everybody Loves Raymond weer terug bring vir ‘n heruitsending!Ons het dit vreeslik geniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.