Hierdie resep sal vir ’n heerlike, warm bord kos sorg wanneer die winterkoue jou dalk baasraak.
Bestanddele
- Beesskof
- Sout na smaak
- Peper na smaak
- Knoffelvlokkies na smaak
- 2 koppies Americano-koffie
- Kapokaartappels
- Room
- Botter
Metode
Vir die beesskof
- Die geheim is dat jy die skof lank en rustig gaar maak in die oond. Voorverhit die oond by 160 ˚C.
- Vryf al die speserye en knoffel oor die skof, plaas die stert in jou pot en voeg die koffie by.
- Na gelang van hoe groot die skof is, plaas in die oond vir 6 uur.
Vir die kapokaartappels
- Sodra jou aartappels gaar is, druk dit fyn.
- Voeg dan jou botter en room by soos wat jy van die tekstuur en smaak hou.
- Die resep is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED
Ek is blond, en ek verstaan rerig nie julle resep nie, maak jy nou beesskof of beesstert. Of is ek nou net dom, maar hierdie is rerig ñ snaakse resep.
Ek wil presies dieselfde weet. Die lys bestandele sê Beesstert, maar die metode sê skof.
MM wat is dit nou eintlik?
Die resep is ietwat verwarrend. Daar word verwys na skof en beesstert, maar geen verwysing na die skof in die bestanddele lys nie.
Ek kan nie skof of stert uitmaak nie.
Ek ook nie!
Baie skerp, Bart- Man!
Slegs deesdae se medies wetenskaplike verklaings sal die resep verstaan.
Dis maklik Bart-Man, die skof is een kant en die stert anderkant. Die resep is vir iets daar êrens.
Dagsê
Dankie vir almal se navrae oor die resep.
Ons vra om verskoning vir die verwarring oor die resep en het bevestig dat die resep wel na beesskof moet verwys.
Die resep is nou gewysig.
Groetnis
Esté Meyer Jansen
Namens Maroela Media
Volgens die foto is dit die skof en nie bees stert nie. Nietemin klink dit na ‘n lekker ete.