Soorte resepte:

Resep: ‘Tiaan Proe’ se visvingerpizza, aartappel­geregte en macaroni-en-kaas

Pizza met gevulde visvingerkorsie. (Foto: verskaf)

Tiaan Langenegger is terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, Tiaan Proe. Kry die nuutste episode se resepte hier.

Pizza met gevulde visvingerkorsie

Bestanddele

Pizza-deeg

  • 1 pakkie kitsgis
  • 700 ml louwarm water
  • 5 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 1 kg koekmeel met ʼn meulsteen gemaal
  • 50 ml olyfolie

Vulsel

  • 12 visvingers, gaargemaak in ʼn lugbraaier
  • 5 eetlepels basiliekruidpesto
  • 100 g mozzarellakaas, gerasper

Sous

  • 50 ml olyfolie
  • 1 klein ui, gekap
  • 1 klien blikkie tamaties, gekap
  • 1 klein pakkie tamatiepasta
  • 1 e suiker
  • sout en peper na smaak

Pizza

  • 100 g mozzarella, in stukke gesny
  • vars basiliekruid vir garnering

Pizza met gevulde visvingerkorsie. (Foto: verskaf)

Metode

Pizza-deeg

  1. Meng die water, sout suiker en gis baie goed saam.
  2. Gebruik ’n deeghaak en meng die meel in die deeg en verwerk tot die deeg wegtrek van die kant van die menger.
  3. Gooi die olie in ʼn groot bak en keer die deeg uit op die olie. Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel in volume of selfs oornag in die yskas.
  4. Keer die deeg uit op ʼn meel bedekte oppervlak en deel in 4 balle. Sny ’n stuk bakpapier en vorm ’n sirkel met die deeg deur die deeg met jou hande uit te druk.
  5. Voorverhit die oond tot 260 °C (of so warm soos dit kan gaan) met ’n bakplaat in die oond.

Vulsel

  1. Pak nou die visvingers om die rand van die deeg, maar los genoeg deeg sodat dit oor die vingers kan vou.
  2. Strooi die kaas bo-oor die vingers en drup lepels vol van die pesto oor die kaas. Vou nou die deeg oor die vulsel en druk liggies vas met jou vingers.

Sous

  1. Verhit ʼn potjie met die olie en braai die uie tot deurskynend.
  2. Voeg nou die tamatie en tamatiepasta by en roer goed. Geur met sout, peper en suiker.

Pizza

  1. Smeer lepels vol van die sous oor die basis van die pizza en pak kaas oor die sous.
  2. Haal die voorverhitte bakplaat uit die oond en skuif die pizza daarop.
  3. Sit dit dadelik terug in die oond en bak tot die kaas borrel en die deeg mooi goudbruin is. Verwyder van die oond en laat die pizza rus.
  4. Plaas nou stukkies basiliekruidblare op die pizza en bedien.

Beste aartappelgebak in die wêreld met kaas en botter. (Foto: verskaf)

Beste aartappelgebak in die wêreld met kaas en botter

Hierdie gebak bêre baie goed en kan maklik verhit word. Oorskietgebak kan maklik in ’n lekker gereg omskep word.

Bestanddele

  • 2 kg aartappels, speel rond met verskillende soorte aartappels vir tekstuur
  • 500 ml vars room
  • 3 huisies knoffel
  • sout en peper na smaak
  • 100 g botter
  • 100 g Ladismitter‑ bereide botter

Metode

  1. Was die aartappels en sny dit in baie dun skywe met ’n skerp mes of op ʼn mandolien. Dit is nie nodig om die aartappels te skil nie.
  2. Gooi die room in ’n groot bak en rasper die knoffel daarin, geur met sout en peper.
  3. Roer goed en gooi nou die aartappels daarin. Meng weer baie goed en maak seker dat al die aartappels baie goed bedek is met die roommengsel.
  4. Smeer ʼn oondvaste bak goed met botter en gooi die mengsel met al die room daarin.
  5. Bedek met foelie en bak in ’n voorverhitte oond van 180 °C vir sowat 30 minute.
  6. Verwyder die foelie en gebruik ’n eierspaan om die aartappels in die bak vas te druk. Strooi die kaas bo oor en bak vir ’n verdere 15 minute tot ligbruin.

Aartappel-en-skelvis-fillorol. (Foto: verskaf)

Aartappel-en-skelvis-fillorol

Bestanddele

  • 6 velle fillodeeg
  • 100 g botter, gesmelt
  • 2 filette skelvis (haddock), in melk geposjeer
  • Oorskietaartappelgebak
  • gerasperde kaas, verouderde cheddar

Metode

  1. Plaas 1 fillodeegvel voor jou op ’n skoon oppervlak. Smeer met die botter, en sit nog ʼn vel bo op neer.
  2. Plaas stukke van die oorskietaartappelgebak aan die onderkant van die vel.
  3. Plaas die skelvis bo-op en sprinkel gerasperde kaas bo op.
  4. Rol botter aan die buitekant die vulsel toe in die fillodeeg en maak seker daar is genoeg deeg sodat die vulsel nie uitloop nie.
  5. Verf weer met botter en plaas op ’n bakplaat. Bak in voorverhitte oond van 180 °C tot ligbruin en bros.

Macaroni-en-kaas 2.0 (Foto: verskaf)

Macaroni-en-kaas 2.0

Bestanddele

  • 5 e botter
  • 5 e meel
  • 5 koppies melk
  • 1 pakkie sampioene, gekerf
  • 1 ui, gekap
  • 3 huisies knoffel, gerasper
  • sout en peper na smaak
  • hand vol gekapte pietersielie
  • 2 koppies gerasperde kaas van jou keuse
  • Bloukaas, edam en wit cheddar
  • 6 krummelrige visfilette

Metode

  1. Maak ʼn groot pot vol water en genoeg sout. Gooi die pasta in die water en roer goed.
  2. Smelt die botter in ’n pot en braai die uie en die sampioene, voeg die knoffel by en roer vinnig, strooi nou die meel oor die uiemengsel.
  3. Gooi die melk by en gebruik ʼn klitser om te roer en hou aan roer tot die sous verdik en kook. Wees versigtig dat die sous nie brand nie.
  4. Haal die sous van die hitte af en voeg die kaas by en roer vinnig tot die kaas in die sous smelt.
  5. Gooi die water van die pasta af en meng in by die sous. Pak die visfilette bo op en bak in ’n voorverhitte oond van 180 °C tot die vis bruin en bros is bo op.
  6. Strooi die pietersielie oor en bedien!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VannieBaai ·

Baie dankie vir al die resepte. Dit lyk almal verskriklik lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.