Rian vertel oor ‘Skelmpie’

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Die gewilde radioaanbieder en televisiepersoonlikheid Rian van Heerden is binnekort in ʼn splinternuwe kykNET-geselsprogram, genaamd Skelmpie, te sien.

Skelmpie gaan fokus op die “moeilikheid, komplikasies en hartseer” wat onstaan wanneer een party ʼn verhouding laat verbrokkel weens ontrouheid.

Van Heerden sê dié program gaan verder poog om ʼn slagoffer, of slagoffers, van ʼn gebroke verhouding die kans te gee om ʼn hoofstuk af te sluit.

“Daar was nog nie voorheen sulke gesprekke op televisie gehou nie,” verduidelik hy. “Daar is baie mense wie se verhoudings verbrokkel het weens ontrouheid. Ons wil met dié geselsprogram mense help om ʼn hoofstuk af te sluit – of dit nou is om as vriende voort te gaan of om mekaar nooit weer te sien nie.”

Van Heerden sê in die program gaan albei kante van elke verhouding wat verbrokkel het gestel word om sodoende uiteindelik op ʼn uitweg te besluit.

Hy sê dit is belangrik om dié gesprekke te voer. “Dit is belangrik vir mense om vrede te maak en om ʼn hoofstuk af te sluit. Daar is natuurlik altyd kritiek teen ʼn nuwe program, maar dit sal altyd daar wees. Wat ons met die geselsprogram poog, is om iets goed in die lewe van slagoffers van ʼn gebroke verhouding te weeg te bring.”

Luisteraars wat dié radioaanbieder van einde Junie as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program gaan mis wanneer hy die leisels aan Martin Bester en Tumi Morake oorgee, kan later vanjaar uitsien na “dieselfde ou Rian” in Skelmpie, vertel hy.

As jy deel wil wees van dié program, het jy tot 7 Julie om ʼn inskrywing na kykNET te stuur.

Vir meer inligting, besoek kykNET se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Erica Roos ·

Nee vrek dit klink te veel vir my of dit in ‘n afrikaanse weergawe van die Jerry Springer show gaan opeindig en ons kan nie bekostig dat die Afrikaner nog meer gestigmatiseer word as “commen” want dit is wat dit is commen om jou vuil wasgoed in die openbaar te gaan was, hoe kan jy afsluit as die hele land gaan sien waaroor jou huwelik/verhouding nie gewerk het nie, ek kan nie dink dat dit kan werk nie

Morne ·

Tipiese Rian program om weer aandag te lok en sensasie te soek. Uiters swaksmaak as dit is waarheen Afrikaans en Kyktnet gereduseer word.

Jakes Jacobs ·

Erica, kom ons gee Rian eers die geleentheid om ons te verras. Ek glo die vervaardigers het hulle huiswerk gedoen om te verhoed dat dit in so ń derderangse en oppervlakkige program sal ontaard. Rian, ek hoop nie julle gaan my my woorde laat sluk nie.

Sarie ·

Morne – Ek stem 100% saam met jou. Hy hou daarvan om onaangename situasies van mense uit te byt vir sy eie persoonlike gewin en sensasie. En soos Erica Roos ook sê – Suid Afrikaanse weergawe van Jerry Springer show. Ek hoop die mense met intergriteit sal nie hul probleme as gevolg van ‘n buite egtelike verhouding, vir hom gee om uit te blaker nie. Hier styg ons land se egskeiding syfer weer – wat huweliks beraders en maatskaplike werkers probeer red het, gaan hy nou weer op foeter.

Karin van Straaten ·

Afrikaanse weergawe van “Cheaters”?…. diep kommin.

Burger ·

Wonder hoekom sou enige iemand betrokke raak daar by om mense se vuil wasgoed uit te hang. Al wat ek kan dink is dat mense dit graag wil sien en daar is iemand wat dit aan bied inruil vir geld. Soos pornografie .

SwakSmaak ·

Wanneer dit Rian is….wel, gaan ek dit nie kyk nie. Stem saam met die meeste kommentaar. Swak skuif, alweer, KykNet. Jul raak al hoe meer sensasiegedrewe en swakker.

Ansa ·

Wanneer gaan ons ontslae wees van Rian van Heerden?
KYKNET gee die kykers waarde vir geld, nie hierdie bog nie.
Komaan Karen!

Agneewat ·

Hoop regtig dis ‘n baie laataand program wat nie tot vervelens toe in die dag herhaal word nie!

Eish ·

Klink ook na die verdommingsverskynsel wat volgens n rubriekskrywer se bronne wêreldwyd aan toeneem is. Née, ek dink dit sal baie interressanter wees om Oom Angus Buchan en Piet Croukamp in n ateljee te kry en oor godsdiens te laat gesels.

t ·

Laat Rian met sy gladde mond probeer om Spur se Van Tonder te verduidelik waaroor dit gaan. Dit sal beide besig hou en uit ons hare uit.

Andre ·

Wil van Heerden nie maar aftree en verdwyn nie? Beslis gaan hierdie nonsens wat hy en KykNet wil opdis die Afrikaner verder verkleineer en tipeer as “common” – maar daar sal mense van ons volk wees wat hierdie tipe snert vir soetkoek sal opeet – bv. hulle wie na Casper de Vries se belaglike vieslike bog kyk en luister. Daardie segment bestaan sonder twyfel.

Willem ·

Ek stem. Hy en sy mede “Afrikaans sangers en grap makers” is ewe kommin.

Hennie vd bome ·

Dit sal werk daar is behoefte vir so program .. Riaan is talentvol het deernis en sal n paar lewens red . vir julle wat gelukkig is in verhoudings gaan was skottelgoed .. Daar is baie ongelukkige verhoudings en mense wat suur rondloop .. Die program gaan hulle berading gee . viva riaan

vet pret ·

Nee los asb ek wil bitter graag die nuwe komedie sien op tv, Lanklaas komedie gesien wat goed is, #youmustnejoking3

#?? ·

Ons Afrikanervolkie is mos baie heilig. Waar gaan Rian deelnemers kry vir die program?

Tammy ·

Natuurlik sal mense, veral die klomp skuldiges teen die program skop!!!!! Ek ken bitter min gesinne waar nie of die man of die vrou n verneuker is nie. Is dit maar net dat ek ongelukkig n klomp slegte mense ken of is dit maar die norm vandag. As jy na enige funksie toe gaan, of sport byeenkoms dan is die klomp sleg goed daar , selfs by vergaderings van werk en kantoor aangeleenthede kom dit voor. Daar is net soveel sleg vroumense as mans. Natuurlik word die egotjies gestreel deur die nuwe aandag. Minderwaardige mense.

Sê-maar-net ·

Ten minste is luisteraars van Jacaranda van hom ontslae……

Susan ·

Ag toe nou geliefdes, ons almal weet Rian het klas,

moenie so negatief wees nie.

Elna ·

Wat van al die kinders van hierdie huwelike? Wat gaan die reaksie wees van ander kinders wat sien hoe hulle maats se ouers baklei?

Liefdeskind ·

Net nog ‘n program om die huwelik aan te val. Hy is buitendien ‘n antichrist. Watse raad vir die siel kan hy gee. Goeie move dat hy af is van Jakaranda. Dalk sal ek weer begin luister…..

Anna ·

Jy het die vermetelheid om iemand ‘n antichrist te noem en wonder dan watse raad hy vir die siel kan gee??? Dalk moet jy eers bietjie jou eie siel ondersoek… Die tema is iets wat elke dag gebeur, en ja selfs onder sogenaamde goeie christelike Afrikaners. Dit sal dalk ander wat in so situasie is kan help. Maar as die onderwerp jou so onstel kyk iets anders, so maklik soos dit.

Elizma ·

Yea!!!! Sien uit daarna. Rian is en sal altyd die beste bly. Gaan hom so baie mis op radio….gelukkig kan ons hom nou op tv dophou. Julle wat so moan…..ai, geen woorde vir julle nie.

Romes ·

Moet dit dan nie kyk as jy nie wil nie. Ek kyk nie Binnelanders nie want ek wil nie… So maklik soos val uit ‘n boom. Really?!

Simon ·

Julle moan voordat julle nog gekyk het. Elke Afrikaanse fliek maak Afrikaners kommin, en dom, self Suzelle DIY doen dit, maar dan is dit vrek snaak. Nee wat, go for it Rian, wys die skeinheiliges en dikbekke wat in jou steek. En ek is glad, glad nie n fan van Rian nie.

Jaco ·

Ek wonder of hy enige van sy vorige boyfriends op die program gaan hê?

Andre Traut ·

My kommentaar het niks met Rian te doen nie, ek hou van hom. Maar ek.wil weet wat gaan met kyknet aan dat hulle sulke swak gehalte programme maak? Die pop met die baba, Angelique, die bergh kind se familie, en genadiglik kan ek nie nou die res se name noem nie want ek onthou dit nie. En nee, ek kyk dit nie. Kyk kyknet na die goed voor hulle dit uitsaai? Dis werklik swak

Leo ·

Ek stem 100% saam jou, Kyknet se gehalte is swak! Daai Angelique, net toe ek dog ons is ontslae van haar, kom sy terug met so n simple vertraagde program.

Anoniem ·

Vuil wasgoed in die openbaar was. Regtig, is daar niks beter wat Rian met sy tyd kan doen nie?

Stella ·

Bietjie tyd vir opwinding. Daar is 20 kos programme en 20 programme oor trou. Bietjie tyd vir iets nuut.

Henda ·

Ag nee rerig, wie dink hierdie goed uit, platvloers verby en dan word dit nog so goed gepraat ook en ons moet daarvoor betaal, gelukkig kan ek oorskakel na ‘n ander program!

Zet ·

Klink na ‘n baie interessante program. Sien uit daarna om dit te kyk. Ek hou van Rian as ‘n tv-program aanbieder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.