Rox-Zee antwoord aanhangers se vrae

Rox-Zee. (Foto: kykNET)

Rox-Zee. (Foto: kykNET)

Tydens die jongste reeks van Boer soek ʼn vrou het boer Réan (27), ʼn wingerd-en-pekanneutboer op Groblershoop in die Noord-Kaap, sommer gou een van die gewildste boere van die 11de seisoen geword met sy skerp tong en sin vir humor.

Hy het kykers laat skater toe hy van die meisie wat sy oë laat blink het tydens die eerste vyfminute-afspraak in die Kaap, die blouoog-blondekop Rox-Zee (27), gesê het: “Sy is mooi, maar sy is Engels.” Rox-Zee is ʼn skoonheidsterapeut en ywerige perderuiter van Durban.

Nadat Réan vir Michelle en Minette afgesê het, was Rox-Zee baie opgewonde om op die plaas agter te bly en kon sy en Réan ook nie hul hande van mekaar af hou tydens die boere se skivakansie by Afriski in Lesotho nie. Dit blyk namate dié twee se verhouding op die kassie groei dat Rox-Zee se gewildheid onder aanhangers in die sosiale media ook toeneem.

Rox-Zee by een van haar geliefde perde. (Foto: Facebook)

Rox-Zee by een van haar geliefde perde. (Foto: Facebook)

Hoewel aanhangers op Instagram, waar Rox-Zee sowat 10 200 volgelinge het, in kommentare probeer uitvis of sy en Réan nog ʼn paartjie is en sy nie ʼn direkte antwoord gee nie, het sy tog persoonlike foto’s en video’s van haar en Réan in Lesotho gedeel. Op dié foto’s blyk dit die paartjie het net soveel pret agter die skerms as voor die kameras gehad.

Rox-Zee het ook Sondag haar aanhangers die geleentheid gegee om persoonlike vrae aan haar te rig wat sy beantwoord het, maar sy het steeds nie veel oor haar en Réan se verhouding verklap nie.

Op die vraag of sy verloof is, het sy “nee” geantwoord. Sy het ook gesê sy sal graag getroud wil wees voor sy 30 jaar oud is en dat haar grootste toekomsdroom is om kinders te hê. Sy het verder bygevoeg sy sal graag eendag ʼn troue met ʼn Engelse platteland-tema wil hê.

Of sy Boer soek ʼn vrou vir ander mense sal aanbeveel, het sy onomwonde geantwoord: “Definitief.” “Kan jy jouself sien as mev. Clasen?” het een aanhanger gevra, waarop sy geantwoord het: “Die van is oulik, so miskien.”

Sy verklap ook dat sy besluit het om deel te neem aan Boer soek ʼn vrou aangesien sy vir Réan wou skryf omdat “ek wou sien of hy regtig so snaaks is”.

Die tonge klap in die sosiale media oor of die twee se verhouding gaan hou en talle kykers sit nou op die punte van hul stoele om te sien of Rox-Zee en Réan in die laaste episode, wat vandeesweek uitgesaai word, saam by die reünie gaan opdaag.

Skakel Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Poppie ·

Julle 2 pas vir my so mooi bymekaar. Ek het Rean se sêgoed so gelove….

Ronel ·

Ek hoop regtig hulle twee se verhouding werk uit. Ek dink altwee is besonderse mense en indien dit nie sou uitwerk nie, dat hulle spoedig hul sielsgenoot sal kry.

Ellisras ·

As ek so na die voorskou kyk lyk dit nie of sy dit gemaak het nie. Tog is die liefde ‘n wonderlike ding. Daar is hoop vir van die ander paartjies.

SjN ·

Hy het klaar die vraag geantwoord in die eerste 5 minute, sy is mooi maar sy is engels, afrikaanse humor word baie keer verkeerd verstaan, hoop hulle bewys my verkeerd.

Blaarman ·

Vergeet van ander mense se verwagtinge en TV en en en… dit maak nie saak nie.

Vat julle tyd om mekaar te leer ken en besluit versigtig oor die persoon wat jy die res van jou lewe mee wil saam spandeer.

Maak julle besluite op julle eie besluite en volgens julle eie behoeftes.

Philip ·

Glo nie hulle gaan op eindig by die afskeid nie. Hy is te oorweldigend en die kultuur verdkil. Hy is “infatuated ” met haar. Veskoon engels maar dit sê dkt net lekker. Ook Duncan gaan alleen kom. Oulike vroutjie maar ek dink nie hul pas bymekaar nie. Die enigste paartjie vir ‘n moontlikheid is Cassie en sy meisie. My voorspelling met Adriaan en Helené was in die kol. So Donderdag is D-dag

Linda ·

Rox-Zee en Rean is oulike mense, hul pas bymekaar. Ja ek dink dit kan werk, Rean se mos jy hoef nie in n ander taal te vry nie ! Die twee behoort n groot sukses in die lewe saam te wees.

Lee ·

Die twee is oulik maar sien Duncan en Kelly wil dit stadig vat…daar het nog niks gebeur nie. Tree terug gee..en stadig vat? ai dis hoekom hy nog alleen is op sy ouderdom?

Lee ·

Die twee is oulik maar sien Duncan en Kelly wil dit stadig vat…daar het nog niks gebeur nie. Tree terug gee..en stadig vat? ai dis hoekom hy nog alleen is op sy ouderdom?

Foxi ·

Of hulle bymekaar pas of nie en of dit gaan uitwerk tussen hulle is n ander vraag.
Maar my sieninge is dat hulle altwee nog soos tieners optree en baie onervare is. Die werklikheid van n egte verhouding het nog nie ingeskop nie. Maar sterkte vir hulle twee.

Se maar net ·

Daar was fotos van hom en n meisie… Wat nie vir my na haar lyk nie… Op n wynkelder se facebook

lion ·

Rox-zee en Rean behoort bymekaar..
vat dit stadig jul lyk baie goed bymekaar!!

Alida ·

Die woorde “vat dit stadig” is n mooi manier om te se “ek stel nie belang nie”. ‘n Mens weet baie vinnig of mens se hart “chocolates” klop vir die ander persoon. Rox-zee en Rean….ek weet nie…hoop maar die spark hou as al die lekker vakansie oor is en die kameras ophou rol.

Gerda ·

Hierdie tien mense was vir my die oulikste groep ooit! Ek is net jammer Madelé was nie by die vakansie nie, sy was vir baie oulik gewees

Kiki Burger ·

Depressie die stil sluiper moordenaar.
Omdat jy geen uiterlike letsels het aanvaar mense jy is reg. Ruk jouself reg terwyl die diep donker gat jou stuk v stuk verteer.
Samelewing kom by skrik wakker depressie ia n werklikheid. Help ons gee om wees daar v ons.

Rox-zee 'fan' ·

Ek is GAANDE oor Rean en Rox-zee. Twee uitsonderlike mense en ek dink hulle pas 100% bymekaar. Sy is pragtig!! twee mense met hul voete op die grond; g’n aansitterigheid nie. Ek kan nie wag vir Boer-soek-n-vrou uitsendings nie.!! as ek darem ‘n man was, het ek vir Rox-zee by Rean afgevry!

Derick ·

Jammer daar is net een Rox-Zee. As daar n 1,000 van haar was, was daar 1,000 gelukkige mans. Lol

Marlize ·

Hul is freaken oulik bymekaar. Twee mense wat so mooi pas bymekaar. Ek kan nie wag vir die laaste episode.

Kallie ·

Hulle is pragtig bymekaar,maar sal Rean altyd so snaaks bly? Die huwelik en veral een op ‘n plaas vra toewyding en harde werk,ek sou sê die jonge dame moet nie halsoorkop optree nie.dis heerlik om verlief te wees,maar die liefde kom met die tyd en vra baie van beide mense. Jy is pragtig…..dink mooi.

jakes ·

Rean en Rox-Zee het ten minste die program n bietjie opgekikker. Ek sal verbaas wees as hulle nog saam is. Die ou wat die meeste briewe gekry het was sonder n meisie op verlede week se program. Wonder wat die rede was?Dit blyk dat die 5 boere wat gewoonlik op TV verskyn minder suksesvol is om n verhouding volhoubaar te maak as die ander 5 boere wat minder briewe gekry het.

JK ·

Ek verkies die oorspronklike program, wat werklik oorspronklik is, en nie letterlik elke dingetjie gena-aap het nie.

Louis ·

My voorspelling is dat hulle met die laaste program nie meer sal saam wees nie. Die lewe is nie altyd net vol grappies en snaaksegeit nie, daar kom ‘n tyd om ernstig oor belangrike sake te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.