SA kry dokkiereeks oor ware misdade

Henri van Breda tydens die hofsaak (Foto: Courtney Africa/ANA)

ʼn Nuwe dokkiereeks wat ware Suid-Afrikaanse misdade ontleed en analiseer begin vandeesmaand op M-Net.

Dié reeks, Strangers You Know, stel onder meer ondersoek in na die saak van die moordenaar Henri van Breda wat in 2018 sy gesin met ʼn byl aangeval het en tot die dood van sy ma, pa en broer gelei het. Die dokkiereeks ontleed ook die storie van Palesa Madiba, ʼn student aan die Universiteit van Johannesburg, wat vermoor is en in ʼn vlak graf in haar vriend se agtertuin in Soweto gevind is.

Strangers You Know begin in Junie op M-Net en sal die detail oor van Suid-Afrika se mees ondenkbare moorde uiteensit,” lui ʼn verklaring van M-Net.

Strangers You Know begin Sondag 27 Junie om 20:00 (Foto: M-Net)

Deur middel van hartroerende onderhoude met familie en vriende en die ontleding van die hoofondersoeker, forensiese patoloë en aanklaers wat in die onderskeie sake betrokke was, sal hierdie ware misdaad- reeks kykers insae bied in die belangrikste oomblikke om te ontdek hoe die niksvermoedende slagoffers wreedaardig vermoor is deur iemand wat hulle geken het, lui die verklaring.

Jan du Plessis, direkteur van M-Net-kanale, sê hulle wil met hierdie reeks ook die fokus plaas op geslagsgebaseerde geweld en hoop dat hulle mense daaroor kan inlig en moed gee om hulp te kry as hulle dalk self in so situasie is voor dit te laat is.

Strangers You Know bestaan uit agt episodes wat uitgesaai word in twee dele van vier episodes elk. Meeste van hierdie episodes sal verband hou met geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord.

“Terwyl baie van die sake bekend is vir die breër publiek, delf elke episode in die fyn detail van elke komplekse narratief in wat die grense van ras, status en inkomste oorskry. Strangers You Know bring hulde aan die slagoffers, hul families en die mense wat onvermoeid gewerk het om elke saak op te los om seker te maak geregtigheid seëvier,” sê Wynand Grobler, uitvoerende vervaardiger van Combines Artistic Productions, wat dié reeks vervaardig.

Strangers You Know begin Sondag 27 Junie om 20:00 op M-Net-kanaal 101.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Maar ons het al klaar ‘n soortgelyke program. Huisgenoot Ware Lewensdramas. Dit is ‘n fantastiese reeks.

JohanR ·

THREE LIFE TERMS

Judge Desai sentenced Henri to three life terms in prison for the murder of his mother, father and brother. 04 Jun 2019. Dink nie die ou gaan weer die see sien nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.