SA reeks nr. 1 op Netflix in VSA

Blood & Water

Die Suid-Afrikaanse televisiereeks Blood & Water het internasionaal naam gemaak toe dit verlede week die nr. 1-posisie op die stromingsdiens Netflix se top-10-reekse in die VSA ingeneem het.

Dit beteken meer mense kyk Blood & Water op Netflix as enige ander reeks in die VSA.

Blood & Water is ʼn tienerdrama wat afspeel by Parkhurst College, ʼn gesogte hoërskool in Kaapstad.

Dit vertel die storie van die 16-jarige Puleng Khumalo, vertolk deur Ama Qamata, wat na die skool oorgeplaas word sodat sy haar suster kan vind wat by geboorte ontvoer is.

Dit nadat sy Fikile Bhele (Khosi Ngame), wat ook daar skoolgaan, ontmoet het en vermoed het dat sy dalk haar verlore suster kan wees. Die drama ontvou soos Puleng se obsessie met Fikile toeneem en sy haarself in Fikile se lewe inwurm.

Blood & Water se regie en draaiboek is gedoen deur Nosiph Dumisa. Dit is die tweede keer dat ʼn oorspronklike Suid-Afrikaanse televisie reeks op Netflix verskyn. Die eerste een was die reeks Queen Sono.

Puleng Khumalo in Blood & Water

Dit is wel die eerste keer dat ʼn oorspronklike Suid-Afrikaanse reeks dit regkry om die nr. 1-posisie in die VSA in te neem.

Die Amerikaanse reekse Sweet Magnolias en White Lines het die top-3 afgerond en ander reekse soos Ozark, Peaky Blinders en The 100 was ook op Netflix se top-10 in die VSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.