SA top-kortflieks eerste op ShowMax

ShowMax (Foto: Verskaf)

ShowMax (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Die room van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf word jaarliks ten toon gestel tydens die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad. Nou kan jy dié rolprente ook in die gemak van jou huis op ShowMax kyk.

Die 14 beste kortfilms van dié fees is van Desember af eksklusief op ShowMax beskikbaar.

Die flieks wat ingesluit word, is:

1. Koue voete (Cold Feet)

Moenie ʼn misdadiger op sy skoene takseer nie. Kyk die lokprent hier.

2. Die Bok (The Goat)

ʼn Verbitterde swanger vrou veg om haar roostuin te beskerm teen ʼn bok terwyl haar huwelik verbrokkel. Kyk die lokprent hier.

3. Onthou (Remember)
Wanneer ʼn jong, sorgelose hippie aansoek doen vir die pos van verpleër by ʼn streng en nukkerige bejaarde vrou , is daar reeds spanning vanaf die eerste woordewisseling. Tog ontwikkel hulle ʼn dieper vriendskapsverhouding en leer mekaar hoe om die ander een onvoorwaardelik te aanvaar. Ouderdom is net ʼn getal, maar hartsvriende bly deel van jou bestaan. Kyk die lokprent hier.

4. Arts (Vet)

Estelle red beseerde diere, maar haar verhouding met die plaaslike veearts neem ʼn donker draai wanneer haar ma begin inmeng. Kyk die lokprent hier.

5. Merk. Sny. Stoor.  (Mark. Cut. Save.)

Wanneer ʼn versteurde man se traumatiese verlede sy hede beïnvloed, word ʼn vreemdeling die slagoffer van sy eie trauma. Kyk die lokprent hier.

6. En die wiele van die bus gaan om en om… (And the wheels of the bus go round and round …)

Die busbestuurder, Freddie Venter, vervoer 10 pasiënte van een geestesgestremde inrigting na ʼn ander – en verloor sy vrag. Kyk die lokprent hier.

7. Kolskoot (Pot shot)

Fanus Niemand is toe iemand… Kyk die lokprent hier.

8. Spoor(loos) (Without a trace)

As ons maar net kon verdwyn. Kyk die lokprent hier.

9. Oom (Uncle)

Nadat oom Johan Booysens ʼn jong man langs die pad optel, besef hy hoe gevaarlik die pad kan wees as mens nie jou geselskap ken nie. Kyk die lokprent hier.

10. Hum

Dié sielkundige riller het talle pryse gewen. Dit gaan oor Thomas – die man wat ʼn “stem” hoor wat geen ander mense op aarde kan hoor nie. Kyk die lokprent hier.

11. Die Muse (The muse)

ʼn Naïewe jong verpleegster word as oppasser aangestel om na ʼn briljante, maar moeilike skrywer met Aspergersindroom om te sien. Maar as ʼn skrywer sukkel om leuens te vertel, hoe is hy veronderstel om stories op te maak? Kyk die lokprent hier.

12. Plankekoors (Stage fever)

Daar’s ʼn fyn lyn tussen opwinding en vrees. Dis net woorde. Jy’t ʼn keuse. Veg of Vlug? Kyk die lokprent hier.

13. Die Biker (The Biker)

ʼn Motorfietsryer kies die oop pad as ontvlugting. Het hy die regte afdraaipad gekies? Kyk die lokprent hier.

14. Beloofde Land (Promised Land)

Lodewyk Mouton is die naïewe heerser van die diktatorskap, Anskroepolis. Wanneer ʼn groep sosialistiese rebelle by sy herehuis opdaag en dreig om hom te onttroon, word Lood gekonfronteer met die realiteit van sy borrel-bestaan en die ellende van sy volk. Kyk die lokprent hier.

ShowMax kos R99 per maand in Suid-Afrika en $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ania ·

Hoekom kan ons nie die Joost fliek en Dis ek Anna op Showmax vind nie? Ons het spesiaal Showmax hierdie maand geaktiveer om dit te kyk (nadat hier op MM adverteer is). Teleurstellend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.